Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Beenaf bokkie

Dirna Ackermann

Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat dat mense onskuldige bokkies met gewere jag, en haar kwasterige ouma te help versorg.Candy arriveer op die plaas met 'n verstuite enkel, midde-in die familietwis, en vind gou haar stadsmaniertjies en rykmansdogtergeite staan haar “oom” glad nie aan nie. Fouché is arrogant, baas-spelerig, en wat haar betref nie juis modelmateriaal nie. Hy is boonop allesbehalwe oud en mansmens genoeg om enige vrou die vlaktes in te jaag van frustrasie.

Anderkant die volmaan

Ettie Bierman

Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op ’n stormsee vasgekeer: daar het ’n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .’n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met ’n hart groter as Tafelberg?

Heildronk op 'n gypsyromp

Nadia de Kock

Desperate times call for desperate measures. Mieke le Roux se uitgewery, Vianne Boeke, is in die knyp. Met net ’n handvol skrywers op haar boeke kan sy nie bekostig om skrywers aan Vollenhoven en Verwey af te staan nie. Ook nie om foute met kontrakte te maak, verkeerde ISBN nommers te gebruik en e-posse te vergeet nie. En dit is maar net die begin van Mieke se probleme! Want daar is ook ’n pers fluweel bank, Katolieke priester en Markus, die mooi prokureur wat druk op haar sit om hulle verhouding bed toe te vat.Gelukkig dra haar vriende Margarita’s en indrukwekkende besigheidsboeke aan. En as dinge regtig donker lyk, bel Mieke haar vriend, Billy. En dan prop sy laatnag haar iPod se oorfone in, trek haar gypsyromp aan en dáns!

Toe dit nog vroeg was

Mari Grobler

Hoe het hulle geleef, en wat het hulle gevoel – daardie oermense wat langs ons Suidkus geleef het, wie se nasate ons die San en die Khoi noem?Wie kan saampraat met hulle, die “eerste mense” van wie ons net oorblyfsels van groot mites, tergende rotsprente en enigmatiese artefakte het?Eintlik is dit net die digkuns wat dit kan waag om in hulle stiltes in te beweeg.

Kus vir die Kluisenaars

Esta Steyn

Dorkasbaai is ‘n bar en afgesonderde strandplaas aan die Weskus. Ook die mense wat daar woon het bar geword van afsondering, veral Eli van Egeren en sy seuns, Joac en Benjamin. Waarom wil Fransie van Zyl dan haar gemaklike stadsbestaan laat vaar om juis Dorkasbaai toe te gaan? Die antwoord lê verskuil in die blou bladsye van die briewe wat Melissa von Meelis, haar stiefmoeder, nagelaat het. Dáár gaan soek Fransie die sleutel tot haar onverstaanbare dood. En so raak haar lewe verweef met Joac, wie se huwelik met die onstabiele Alexa ‘n marteling geword het; met Benjamin, die liefdevolle hemelkind wat sku in sy eie wêreld leef; met Liza, Eli se tweede vrou, wat haar eie kronkelpad deur senusiekte en ineenstorting moes vind. Op onnaspeurlike manier bring Fransie se tussenkoms verandering in hul lewens, totdat die geheime van die ongelukkige seeplaas een vir een wyk.

Pluimprinse

Malene Breytenbach

Wanneer Olivia Bailey in haar Muizenbergse huis aangeval en byna verkrag word, besluit sy “om afstand te probeer verkry” – nie net van haar werk as joernalis nie, maar ook van die Kaap. Die enigste plek waaraan sy kan dink om heen te gaan, om weer “heel te word”, is haar ouma se huis op Oudtshoorn. Daar is net een probleem: Olivia het haar ouma nog nooit ontmoet nie. Want dié Joodse familie in hulle pluimpaleis is trotse mense. Toe Olivia se ma met die verkeerde man weggeloop het, het hulle haar onterf en nooit weer gekontak nie. . . Op Oudtshoorn kry Olivia ’n veel hartliker ontvangs as wat sy verwag het. Sy leer nie net haar ouma ken nie, maar kry ook ’n ander blik op haar ma en haar eie geskiedenis. In die proses word sy oorrompel deur die vergete wêreld van Boer en Jood, swier en vertoon, oordaad en rykdom – die tyd van die pluimprinse op Oudtshoorn. En soos die geskiedenis vir Olivia lewend word, begin haar eie helingsproses.

Donatello en Volksie

Marion Erskine

Op Oukersaand sit Zoë Zietsman stoksielalleen voor haar rekenaar. Sy het niemand nie – selfs nie eers ‘n hond met wie sy kan cuddle nie. En cuddle is volgens Zoë ‘n “verdomde basic human right”. Vanaand is die aand, besluit sy terwyl sy as “Volksie” op www.matchmate inteken… En só ontmoet sy vir Donatello, die advokaat wat sy klerekas colour code en net suiwer Afrikaans praat. Zoë, daarenteen, mix haar taal, ry nog met haar Vespa en leef vir joga. Wanneer Donatello en Volksie (oftewel Anton en Zoë) mekaar uiteindelik in die vlees ontmoet, is die gevolge sowel katastrofies as skreeusnaaks.

Geheim van die Erongoberge

Magdaleen Viviers

Simoné van der Walt is vasbeslote om uit te kom by die Erongoberge in Namibië waar haar broer in ’n vliegtuigongeluk was. Daarom dat sy en haar verloofde, Tertius, ’n “safarivlug” saam met Wim Beukes onderneem. Maar gou kom hulle agter dat daar meer onder die oppervlak skuil as wat voorgegee word. Want Wim is safarileier op versoek van Charl Taljaard. En Charl is nét so vasbeslote om by die Erongoberge uit te kom.Simoné besef gou dat Wim, wat haar so terg en treiter, haar hartsnare roer. En toe die blondekop Ilse eers by hulle aansluit, besef Simoné sy’s in die moeilikheid. Want Ilse ontstel haar, en sy wat Simoné is, is veronderstel om op trou te staan!Boonop bewaar die Erongoberge ’n geheim wat hulle almal se lewens onherroeplik sal verander…

Hart van die son

Elza Rademeyer

Ná uiters traumatiese gebeure in Nadia Pretorius se lewe wat haar in die hof laat beland het, word sy vrygespreek danksy Dewald Duvenage se knap regsvaardighede. Hy kry ook vir haar werk by sy pa se prokureursfirma, waar die streng oubaas Duvenage haar persoonlik onder sy vlerk neem. Toe hy ná vyf maande van mening is dat sy te vasgevang in die verlede bly, dwing hy haar so te sê om met vakansie te gaan. Sy besluit uiteindelik om tog te vertrek – vir ’n herbesoek aan haar grootwordplek, daar waar alles begin het, waar sy Dimitri ontmoet het…

Bruid uit die koue

Ettie Bierman

Die mooie Clio Gericke met haar goue hare en viooltjie-oë was vir Jurg verbode: Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ’n man vat nie sy broer se goed nie. Dit was elf jaar gelede. Nou het Clio teruggekom uit Kanada om by Arnold te kuier, hulle jeugliefde te verseël. Die noodlot gryp egter in toe Arnold van sy perd af val en in ’n koma in die hospitaal beland.Tussen Jurg en Clio smeul genoeg hartstog om ’n veldbrand te veroorsaak. Maar wat van hul lojaliteit teenoor Arnold, wat dalk nie gaan bykom nie of sy lewe in ’n rolstoel sal moet slyt? Vir Clio is daar slegs een uitweg, al sal haar hart in duisend stukkies breek.