Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Staan in die algemeen nader aan vensters

Loftus Marais

In hierdie debuutbundel word die vier aparte leefruimtes van ’n sprekerstem poëties ontgin. Die studentedorp, die voorstad, die stad en ook die platteland word op soms speelse, soms intieme wyses ondersoek, en die verweefdheid van ruimte en identiteit word stadig aan die leser uitgelê. In al hierdie ruimtes is die grootste bindende faktor die alomteenwoordigheid van kuns, en dan spesifiek die blik van die digter. Maar dit is nie ’n eenheidsbundel in die tradisionele sin van die woord nie. Hier word juis teen die poëtiese tradisie gerebelleer, terwyl daar tegelykertyd ’n waardering van klassieke invloede is.

Vlinder teen die ruit

Ettie Bierman

Surita Kellerman het haar voorgeneem om alle mans uit haar lewe en uit haar hart te verban. Maar nou is haar emosies en hormone besig om woer-woer te speel met haar. Hoe kan sy op Hendro, haar swaer, verlief wees? Is dit bloot onbewustelike simpatie oor die groot tragedie wat sy lewe – en op ‘n manier ook haar eie – onverwags oorval het? Gelukkig is Hendro se hoof by Suidkus-radio, Douw van der Linde, die man met die “sjokolade-stem”, byderhand om Hendro te ondersteun en te sorg dat hy, beeldhouer en vrye gees wat kort-kort neig om weer die ver paaie aan te durf, opnuut sy lewe in ‘n vaste baan kry. Maar is Douw nie dalk ook juis die mens wat Surita se lewe in ‘n nuwe rigting gaan dwing nie? En die dierbare klein Jorie, vol onskuld en onbewus van die onderstrominge in die lewens van die mense om haar . . . gaan sy dalk iewers ‘n slagoffer word?

Vlam van verlange

Schalkie van Wyk

Carli van Eeden is op twee-en-twintig die enigste erfgenaam van die Van Eeden-miljoene. Sy is nou wel alleen, maar haar lewe is uitsorteer; sy weet immers van kindsdag af sy gaan trou met Vincent, die buurseun, alhoewel sy ma haar nie kan verdra nie. Maar die aantreklike Meyer Feldtmann daag soos ’n boemelaar in ’n ou geroeste bakkie voor haar glaspaleis op en gooi haar wêreld deurmekaar. Sy ontdek sy het ’n tant Emma, huisdokter op Henningshoogte, én hoe dit voel om werklik verlief te wees. Die vlam van verlange na ware liefde brand hoog terwyl sy gekonfronteer word met geheime en jaloesie. Moet sy met Vincent trou of sal sy by Meyer, ’n eenvoudige motorwerktuigkundige, haar sprokiesliefde vind? Tot haar ontsteltenis vind Carli uit Meyer het sy eie geheim . . .

Susanna M Lingua-keur 10

Susanna M. Lingua

Staan op, my beminde: Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen verdere oorsese reise vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk.Jy is my droommeisie: Op die klein plattelandse dorpie Denneheuwel voel Liza Steenberg dat die lewe by haar verbygaan. Johannesburg met sy polsende stadslewe wink vir haar, en kort voor lank bekom sy ’n betrekking by ‘n vooruitstrewende sakeonderneming. Rademeyer-beleggings se direkteur, Thys Rademeyer, is lank, blond en onweerstaanbaar aantreklik. Hy soek lankal na sy droommeisie, sy feeprinsessie, maar hoe moet hy kies tussen die mooie Liza en sy bekwame, beeldskone sekretaresse wat haar vangnet al jare lank fyn span? Lied van die reënvoël: Renet Rademeyer is radeloos verlief op die sjarmante en skatryk Oswald Strassheim. En ook Oswald het sy hart aan haar verloor ’n gelukkig toekoms vir die twee van hulle gesien. Maar nie een het rekening gehou met sy ma, die snobistiese en hovaardige Marion Strassheim, wat wil hê dat hy met Celesta Hauser moet trou nie.

Sabina's

Nadia de Wet

Lexi het ‘n hele paar probleme teen die tyd dat sy Johannesburg verruil om eetplek Sabina’s op Simonsrivier te begin. Daar is die regsgeding teen haar gewese vennoot, haar peperduur prokureur met die blink kantoor in die hartjie van Sandton en háár Eric wat twee jaar gelede die pad gevat het, ‘n maand later sy trouvrou ontmoet het en Lexi met ‘n groot Eric-vormige gat in haar hart gelaat het. Boonop het sy twee selibate jare agter die rug – en dít kan nogal impak hê op ‘n vrou se positiewe lewensuitkyk. Plotseling het sy te kampe met: ‘n ding vir ‘n kunstenaar met sondige heupe, sielkundige probleme én ‘n meisie; ‘n kok met ‘n wilde kyk in sy oë; ‘n bankrekening wat al verder in die rooi terugsak en Sabina’s se mediabekendstelling wat soos ‘n hoëspoed Japannese trein nadersnel.

Romanse agter die skerms

Helena Hugo

Colette kyk elke maand in haar gunsteling-tydskrif wie hierdie keer die held van die maand is. In ‘n kompetisie wat net so gewild soos Idols is, wen een gelukkige meisie ‘n naweek saam met daardie maand se held op ‘n romantiese gasteplaas. Colette glo nie juis so ‘n afpaar vir ‘n naweek – boonop met die media konstant naby – kan baie romanties wees nie. In ‘n konkelary, skryf haar vriende by die tydskrif vir Colette in en sorg dat sy ‘n week wen saam met die Desemberheld: Emile. Maar Emile is juis die een man saam met wie Colette nié wil wees nie. Want hy hét al haar hart gebreek. En sy kan hom nie verdra nie. Sal hierdie naweek hulle weer bymekaar bring? Of is dit die aantreklike Antoine de La Roche wat Colette se hart sal verower? Romanse agter die skerms is weer ‘n lekker verhaal uit Helena Hugo se pen – hierdie keer met ‘n spook of twee wat lesers lank sal vermaak.

Rabbedoe se temmer

Elza Rademeyer

Rykmansdogter Vicky Webster het nog nooit ’n steek werk in haar lewe gewerk nie en weet nie eens hoe om ’n eier te kook nie. Na haar pa se dood, kom sy met ’n skok agter dat hy hulle bankrot geboer het met sy uitspattige leefstyl en skielik het sy ’n sent in die bank nie. Wat nou? Gelukkig kruis haar pad met die aantreklike Wouter Hoyt wat haar voete onder haar uitslaan en sommer ook vir haar werk in hul huishouding aanbied. Maar die hoof van die huis, Pierre, is egter glad nie beïndruk nie en het boonop ’n baie jaloerse meisie. Dit kos Vicky fyntrap en baie wolhaarstories om haar werk te behou, maar haar rabbedoe-streke steek kort-kort kop uit. Sal een van die mans hierdie rabbedoe kan tem?

Ontmoet my in Patong

Madeleine Malherbe

Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar eers wil sy terug Thailand toe, vir ’n kort vakansie en om te werk om deur die herinneringe aan die tsoenami en haar tyd daar. In Thailand ontmoet sy toevallig weer vir Francis, die Engelse sakeman wie se lewe sy destyds gered het. Laura skryf die aantrekkingskrag tussen hulle toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop . . .

Narkose vir die hart

Helena Hugo

Narkotiseur Saranie du Plessis is al goed aan die verkeerde kant van dertig en steeds enkellopend. Van kleins af was haar broers erg besitlik en het geen vryer rondom haar geduld nie. Saranie is trots daarop dat sy uiters professioneel is en haar werk eerste stel. Maar wanneer sy een aand per ongeluk drie ampules morfien in haar doktersjas se sak ontdek en amper by ’n padblokkade vasgetrek word, is sy in die knyp. Doodbang om dit terug te neem, kom die stil en afsydige sjirurg Franz Strauss onverwags tot haar redding. Met dié geheim tussen hulle ontwikkel ’n vriendskap wat gou-gou deur die res van die hospitaalpersoneel raakgesien word – veral deur hospitaaldokter Corné Vermaak, wat lankal ’n ogie op Saranie het. Ook by die kil, geskeide Glenda Olckers gaan hierdie ontluikende vriendskap nie ongesiens verby nie.