Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Volbloedvrou vir 'n vaalseun

Kobie Smit

Fransien woon haar skoolreünie weens twee redes by: om die spoke uit haar verlede te besweer en haar metamorfose van armlastige skooldogter na suksesvolle sakevrou onder ‘n paar mense se neus te vryf. Mense soos Tessa de Villiers en Chris de Wet. Maar as Fransien maar vooraf geweet het dat sy betrek gaan word in ‘n intrige van moord en ou geheime, sou sy dalk twee maal gedink het voor sy pad na haar ou tuisdorp aangepak het – selfs nie eers vir die vaal Jans Jansen, man van haar drome, nie. Want Jans is hoofondersoekbeampte in die moordondersoek en Fransien bevind haar onverwags en onverklaarbaar in die posisie van hoofverdagte in dieselfde saak. . .

Hartstog in Malawi

Lizet Engelbrecht

Rochelle Fourie word deur haar baas op ‘n onvergeetlike missie gestuur: om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, nee te jag, voordat haar mededingers, die publiek óf die pers snuf in die neus kry dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan egter. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik. Die ongenaakbare man met sy seeblou oë verwar haar, laat ongekende drange in haar los en laat haar magteloos na woorde snak. Maar Rochelle is ‘n astrante, ambisieuse werknemer en níks sal in haar pad na bevordering staan nie – veral nie kaptein Costa nie.

Die paradysman

Ettie Bierman

Met sterre in haar oë en romantiese drome in haar hart het Tinka van der Bijl drie jaar gelede na Parys vertrek. Nou is sy terug in Pretoria, ontnugter, sonder blyplek en met slegs die droom van haar eie boekwinkel om haar aan die gang te hou. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome – haar paradysman – se hart gebreek. Tinka se voete word letterlik onder haar uitgeslaan toe Rheeder Vermooten, haar donkerkopheld, die deur oopmaak van die eerste tuinwoonstel waarna sy gaan kyk. Rheeder is glad nie ingenome om haar te sien nie. Maar een belangrike les het Tinka van der Bijl egter geleer: die hart is nie bloot ‘n biologiese orgaan wat bloed pomp nie. Die hart praat ook ‘n taal wat ‘n vrou nie altyd verstaan nie. . .

Tot die dood ons skei

Malene Breytenbach

Wanneer haar buurvrou, Monique Bauman, vermoor word, is die jong professor Kira Trollip se hele lewe onderstebo. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Monique Bauman was nou wel geen engeltjie nie, maar was dit genoeg rede om haar te vermoor? Skielik is almal agterdogtig en selfs Kira begin wonder of Reinhard onskuldig is. Hoe kan sy verkeerd wees oor die man van haar drome? En verdink hy háár ook – soos soveel ander? Wanneer die volgende moord gepleeg word, besef Kira dat die liefde ‘n baie sterk motivering kan wees – ook wat moord betref . . .

Seisoen van ons liefde

Elize Mitchell

Toe vryskutjoernalis Tanya van Heerden na die Richtersveld op ʼn werksprojek gestuur word, het sy nooit kon droom hoe ingrypend haar hele lewe sou verander nie. In die Richtersveld verloor sy haar hart aan ‘n blonde, bruingebrande “veewagter”, en terug in die stad kom sy tot haar ontsteltenis agter dat sy swanger is. Stadig maar seker bou sy vir haarself ʼn nuwe lewe, bêre sy haar Richtersveld-man diep in haar hart. Maar dan verskyn die aantreklike ekoloog professor Jean-Pierre de Ville een aand op die toneel en keer haar nuutgevonde lewe vierkantig op sy kop. Want Pierre is allesbehalwe veewagter, maar die einste een aan wie sy haar hart verloor het! Nou is hy egter verloof aan die beeldskone Alexa en Tanya moet fyn trap om haar geheim – en haar hart – te bewaar.

Voorskrif vir die hart

Kristel Loots

Dokter Zoely du Toit kan nie wág om op die platteland te gaan locum nie; sy wil gaan wegkruip totdat die stof rondom haar gaan lê het. Ná die Foucom-skandaal is haar gesig maar net té bekend in Johannesburg se sosiale kringe. Op Arendsnes, so hoop sy, sal haar verlede haar nie inhaal nie. In elk geval nie dádelik nie. Maar dis moeilik om ’n lae profiel te handhaaf as jy saam met die arrogante en dodelik aantreklike dokter Vito Vincenzo moet werk – en boonop ’n huis met hom moet deel. Dokter Vito Vincenzo soek juis die kollig op, hy streef na beroemdheid en hy sleep ’n baie onwillige Zoely agter hom aan. Dokter Vito Vincenzo met al sy aardse skatte is presies die tipe man wat Zoely nooit weer naby haar wil toelaat nie. . .

Onthou jy nog die liefde?

Marlee Tesselaar

Anika Summers se lewe het haar al ver paaie van die Paarl laat loop. Wanneer haar pa, vir wie sy getrou elke maand geskryf het sonder dat sy ooit ‘n antwoord terug ontvang het, siek word, dwing die lewe haar om terug te keer. Sy is immers verpleegster en dit is haar plig om na haar pa om te sien. Maar dit dwing haar ook om weer vir Nelis de Villiers te sien, die wynmaker en man van haar jeug met die sagte blou oë. Die man wat haar hart in die holte van sy hande gehou het, maar iemand anders bo haar gekies het. Anika is gewoond aan vlug, maar hierdie keer dwing Henk Zimmerman, die mooi sielkundige, haar om haar verlede in die oë te kyk. Of het hy ook ‘n verskuilde agenda? Sal sy hierdie keer liefde vind en vrede kan maak met die verlede?

Wilna Adriaanse-omnibus 1

Wilna Adriaanse

In ’n Ongewone belegging besluit Georgina Walters om kinderoppasser te speel vir ’n baie welgestelde man se drie spruite. Net jammer die man – donker, met rookgrys oë wat haar laat stotter – dink nie sy’s opgewasse vir die taak nie. Of speel hy doelbewus kat en muis met haar? In Alleenvlug dink Francis Malan om jouself lewenslank aan iemand te verbind is te veel gevra. Veral as dié iemand Michael Alheit is, die man wat meisies soos posseëls versamel.En in Die reuk van verlange sien dr. Josslyn Neethling reeds drie jaar lank vrou-alleen om na ’n sendinghospitaal op die Keniaanse platteland. Maar dan daag haar eerste – en enigste – liefde, dr. Adam Berkowitz, daar op, en onverwags brand daar in haar ’n oerverlange na hom.

Ena Murray Omnibus 23

Ena Murray

In Die ryper jare kan Amanda, mannekyn by ’n bekende modehuis, nie verstaan hoekom haar ma skielik so ánders optree nie. En so ook haar baas, die man wat haar hart verower het.In En die verlange bly trou Wouda met ’n man wat sy geglo het haar geluk kon bied, selfs liefde . . . tot dáárdie nag, hul huweliksnag . . .En in Die man met die geel oë gee die geheime agent majoor Brand Bröm se nuwe werkgewers hom ’n opdrag: om saam met ’n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en homself dan doelbewus skandelik gedra, sodat hy sy oneervolle ontslag uit die weermag sal ontvang – hy kies Weza de Groote, die mooi regstudent wat ná dié nag vir ewig uit sy lewe sal moet verdwyn . . .

Ena Murray Omnibus 22

Ena Murray

Die hoofkarakter van ’n Vrou soos Salome is die liefling-ster van die sangverhoog. Maar die joernalis Jaco Retief sien ’n weerloosheid in dié Salome Truter. Impulsief nooi hy haar vir ete, en ontdek dan dat daar agter die openbare beeld ’n oneindige hartseer skuil.In Twee paaie na Khuana kan Anel Bredenkamp nie verstaan waarom twéé mans skielik so gretig is om haar Bosveldplasie te koop nie. Eindelik staan sy alleen in hierdie onheilspellende boswêreld waarin nie net die twee geheimsinnige mans nie maar ook verwoede buffels, gewetenlose wilddiewe en ’n “vroulike duiwel” ’n sinistere rol speel.In Verwonde jare spat Daniël Pohl se wêreld aan skerwe met die verskyning van ’n skokkende nuusberig: ’n middeljarige man in ’n silwergrys Mercedes het op straat ’n onwelvoeglike voorstel aan ’n vrou gedoen. Toe sy weier, het hy haar baba in sy stootwaentjie doodgery en weggejaag. Daniël het presies só ’n motor, en hy’s dieselfde middag opgemerk in die omgewing waar die voorval plaasgevind het…