Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Susanna M Lingua-keur 11

Susanna M. Lingua

In Die blinde baron bevind Lizelia haar in ’n penarie – alleen en platsak in ’n vreemde land, en dít saam met ’n moeder wat ’n peperduur operasie moet ondergaan. Maar ’n toevallige ontmoeting met die blinde baron Edoardo de Mashatini bied onverwags ’n moontlike uitkomkans – ’n baie eienaardige een . . .In Lokstem van die vreemde raak die aantreklike Rina bevriend met ’n Italiaanse krygsgevangene, Pedro Sardinni, wat haar reeds uitgesoek het as net die vrou vir sy ouer broer Toni, gevierde chirurg. Sommer met die eerste oogopslag wil Toni haar as ’t ware in ’n huwelik indwing. Sy ontsnap net betyds, ontmoet ’n mede-Suid-Afrikaner, Riaan Jonker, en verloor haar hart. Tog dwing iets haar om nog ’n rukkie in Italië te vertoef…In Die graaf van Santa Maria volg Tessa se lewe ’n rustige gang totdat haar vader, ’n teringlyer, haar dringend na Italië ontbied. Hier ontmoet sy die graaf van Santa Maria, en geluk lê in die palm van haar hande . . . maar dan begin dit haar te ontglip.

Schalkie van Wyk Keur 6

Schalkie van Wyk

In Die kroonprins van Kaiserburg loop Gretha Wolmarans op Blumenstrauss ’n aantreklike vreemdling raak, en sy raak op hom verlief. Maar Friedrich Falkenstein is nog nie gereed om sy hart vir liefde oop te maak nie, want hoe kan hy ’n meisie sy liefde bied as hy steeds ’n “optelkind” is wat nie weet wie sy ouers is nie? Aan die einde van die reënboog vertel die opwindende verhaal van Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, wat die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer te probeer opspoor. Sy raak betrokke by ’n “Engelse offisier” . . . maar is hy wie hy voorgee om te wees? In Kammaland van liefde begin Leonie van Breda ’n nuwe lewe op Heidedal, in tant Heidi se imposante woning. Sy probeer van haar verlede ontsnap, maar hier ontmoet sy drie mense wat haar toekoms in die holtes van hul hande hou.

Ena Murray Omnibus 21

Ena Murray

In die lekkerleesverhaal Señor die seerower wen verpleegster Andrea Smit ’n allemintige bedrag in ’n blokraaiselwedstryd – haar lewe verander ingrypend, en op ’n tropiese eiland kruis haar pad met dié van ’n aantreklike Spanjaard.In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ’n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ’n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.In Kaalvoet Katryntjie verloor die hoofkarakter haar hart aan haar voog, Festus Dumas, wat vas oortuig is dat sy nog ’n giggelende tiener van om en by sestien is. En dan moet sy, gekwalifiseerde verpleegster van twintig, toekyk hoe die listige Shirley Rossouw vir Festus probeer verlei.

Soete verleiding

Helena Hugo

Koeksisters en kolwyntjies, melktert en pampoendol, rosynebrood, suikerbolletjies, lallimala, tameletjies, alles afgesluk met plaaslike wyne of Turkse koffie – dít is wat Sharise van Harte se teekamer jou bied. Want Sharise het met kos grootgeword. Na die dood van haar man was sy verplig om uit te spring en iets te doen. Daarom dat sy die teekamer op die rivierwal net buite Worcester gekoop het.Dat haar jeugliefde Jacques du Plessis na jare se verblyf in Frankryk weer sou terugkeer, kon Sharise nie voorsien nie. Hulle het destyds aan mekaar trou beloof, maar nou, jare later, lyk dinge heel anders. Sy is seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – al kom hy gereeld in die teekamer. Want sy was immers getroud. En hy het ’n verhouding met die model-mooi Suzette.

Glimlag van die sekelmaan

Elize Mitchell

Die nag toe Nina Immelman se man in ʼn motorongeluk sterf, kom nie net haar veelbewoë huwelik tot ʼn einde nie, maar vind sy ook uit dat die boedel bankrot is en sy alles verloor het – ook haar huis. Toe sy dus die kans gebied word om op ʼn luukse landgoed aan die Mosambiekse kus die huishouding waar te neem, gryp sy dit met albei hande aan.Maar op dié idilliese, sub-tropiese landgoed waar die soel, romantiese aande swaar belaai is met die geur van rose en frangipani, spat die vonke uit die staanspoor tussen Nina en haar werkgewer, Charl Beaumont. Sy buurman gooi ook sy flikkers vir Nina en boonop probeer Charl se seun ook haar guns wen. Toe Nina net mooi genoeg gehad het en besluit om Charl en sy plaas vaarwel te roep, gryp die noodlot in en dryf alles op die spits . . .

Dokter sonder grense

Malene Breytenbach

Joernalis Clare Rutland wil haar enigste broer, dokter Nick Rutland, in Sierra Leone gaan soek waar hy vir die humanitêre organisasie Dokters sonder Grense werk. Sierra Leone is in ’n bloedige burgeroorlog gewikkel en Clare het ‘n jaar laas van Nick gehoor. Clare weet dat Nick se enigmatiese vriend, die Franse dokter Louis du Plessis, wat hom oortuig het om by Dokters sonder Grense aan te sluit, ook in Sierra Leone is. Heimilik wil sy ook vir Louis gaan soek – ten spyte, of eerder as gevolg van hulle geskiedenis. Daarom dat sy vir Spies Lategan, geharde voormalige lid van die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte, kry om haar te help om die dokters te probeer kontak. Maar Spies is’n ladies man en moeilik om mee saam te werk. Te midde van die chaos en gruwels van oorlog, en die gevaar waarin sy dikwels verkeer, moet Clare boonop deur emosionele storms worstel.

Dis mooiweer en liefde

Wilmari Jooste

Menantheau le Clerque se stil en kalm lewe word onverwags in ’n heel nuwe rigting gestuur die aand toe sy vir Nick Bender ontmoet. Nick oorrompel haar totaal en dit wil voorkom asof hulle verhouding blom – ten spyte van Nick se trots. Wanneer Nick in ’n ernstige motorongeluk betrokke is, leer Menantheau langs sy hospitaalbed ook vir dokter Kobus Kruger ken. By Kobus ervaar sy die rustigheid wat Nick haar nooit kon gee nie. Maar Kobus is nie bereid om altyd in Nick se skaduwee te leef nie. En Esta, die mooi verpleegster, is ook besig om haar belangstelling duidelik te maak. Menantheau sal ’n keuse moet maak voordat dit te laat is. . .

Ena Murray Omnibus 26

Ena Murray

In Skaduwees van gister beleef matrone Anmar Cloete ’n krisis wanneer die nuwe superintendent maatreëls instel wat haar pos letterlik oornag oorbodig maak. Boonop word daar ’n nuwe dokter – Clive Coertze, haar gewese verloofde! – aangestel.In Die geleende bruid gaan Charmain na die indrukwekkende landgoed van haar verdwene man, Arnold, net om daar gekonfronteer te word met die feit dat hy pas aan sy jeugvriendin verloof geraak het! En boonop stel Arnold se broer vir Charmaine aan gaste voor as sy vrou, terwyl Arnold self maak of hy haar glad nie ken nie!En in Bruid van die Heerengracht verskyn daar aan die Kaap twee here wat albei daarop aanspraak maak om die enigste ergenaam van die skatryk gestorwe graaf De Brecy te wees. Anne Mie Tredoux verloor haar hart aan Egmont, die man wat volgens alle aanduidings die indringer is…

Dorian Gray

John Garavaglia

Trust fund baby. Playboy. High school student. Now Dorian Gray can add monster hunter to the list. The burden of taking up the family business is a daunting task, with the only silver lining is Dorian’s budding new romance with rising ballet star Sybil Vane. But when an old enemy of the Gray family resurfaces, Dorian must steel his nerves and turn to an unlikely ally in order to protect the ones he loves.

Dorian Gray

John Garavaglia

High school junior Dorian Gray lives a life of total excess. But when he receives his great-grandfather’s portrait and journal, Dorian finds himself in the middle of the ultimate battle of good vs. evil. Now Dorian must put all his fears aside and figure out whom he can really trust.