Malene Breytenbach

Список книг автора Malene Breytenbach


    In my drome

    Malene Breytenbach

    Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard. Dit blyk dat hy so min as moontlik met dié rykmanskind en haar gesin te doen wil hê. Jare later is Stella ’n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die donkerkop narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Asof hy iets het om aan die wêreld – en mense soos Stella se gesin – te bewys. Stella wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Swift-miljoene funksioneer. Ongelukkig tref die een na die ander terugslag dan haar gesin. Haar jarelange vriend, Tiaan Rademeyer, glo dat hy en Stella bymekaar hoort. Boonop is daar ’n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend gevestig het. Het die noodlot net besluit die twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk in mekaar se arms vind?

    Sophia se beskermengel

    Malene Breytenbach

    Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo-Boereoorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Dié samaritaan is wel ’n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed. Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë ’n treurigheid wat nie wyk nie. Dié man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op ’n tweede liefde? Daar heers onheilspellende spanning tussen die Jouberts en die inwoners van die buurplaas. Boonop wonder Sophia of Geoffrey werklik sy lewe met slegs een vrou kan deel, want sy is beslis nie die enigste een wat in hom belangstel nie.

    Hartklop Omnibus 4

    Malene Breytenbach

    In Dokter van ver ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi tydens sy besoek aan Suid-Afrika. Sy en haar ouers word dan ook sommer na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi. Tydens hul besoek ontmoet sy Giulio se sjarmante broer, asook die pragtige jong rykmanserfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. In Yskoue, vuurwarm liefde vertrek Sandra Botes as skeepsdokter na Antarktika om weg te kom van iemand se onwelkome aandag. Sy ontmoet vir Brandon, die ekspedisieleier, en leer ken ook die aantreklike blondekop Konrad Malan. Nou wonder sy: Watter man laat nou eintlik haar hart vinniger klop? In Dokter Draak kruis Livia Naudé se pad ná vier jaar weer dié van die broeiende Anton Duvel in die trauma-eenheid van ’n Pretoriase hospitaal. Hy het egter in die ongenaakbare Dokter Draak verander. Boonop stry Livia steeds teen die roepstem van die liefde in haar hart.

    Vlug na Santorini

    Malene Breytenbach

    Na ’n traumatiese voorval met haar eks, verlang Erika na ’n ver plek waar mense haar veilig sal laat voel. Sy besluit om rus vir haar siel te gaan soek by haar familie in Santorini. Sy’t skaars haar voete op die eiland gesit toe sy hom sien: ’n Griekse god met ’n lenige lyf, breë skouers en donker oë. Hy is die mooiste man wat sy nog in lewende lywe gesien het, en hy straal manlikheid uit. Paul Michelakis is die kroonprins van die Atlantis-fortuin. Dit gaan egter meer as geld en die vooruitsig op ’n volmaakte toekoms verg om Erika se liefde en vertroue te wen, want sy is nou half bang vir mans. Boonop gaan Cristina Vassiliou en dié se ryk familie ook nie sommer terugstaan vir ’n onbekende blondine nie.

    Geliefde heler

    Malene Breytenbach

    Geert Bouwman kom vir ’n paar maande op Stellenbosch locum. Die Nederlander is nie ’n maklike mens nie en teatersuster Naomi Roux is nie op haar mond geval nie. Dis nie haar verantwoordelikheid om na hom om te sien terwyl hy in sy tante se huis woon nie. Sy huur tog net die woonstel en ateljee by tant Merel. Hý’t gekies om sy ouers en moeilike verloofde saam bring. Boonop het ondervinding haar allergies gemaak vir sulke gevaarlik aantreklike mans soos Geert Bouwman. Die charismatiese kunstenaar David Schonfeld gooi behoorlik sy flikkers vir Naomi en Geert se verloofde, Daphne, is gevaarlik jaloers en besitlik. Maar Geert en Naomi is gedurig in mekaar se geselskap en hulle werk goed saam. Hoe kan sy onbetrokke staan teenoor ’n man soos dokter Bouwman?

    Hartklop Omnibus 3

    Malene Breytenbach

    Heler van skade: Lucinda O’Neill word ’n pos as pediater by die Wynland-kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied en dit bring ’n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber, ’n siviele ingenieur, wie se seun tydens ’n werkskontrak in Afrika ’n tropiese siekte opgedoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit ’n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die resiesjaer Edwin van Reenen, wat haar ken sedert hulle kinderdae in die weeshuis, aanspraak op haar vriendskap en liefde. Lucinda het haar nog altyd van liefdesverbintenisse weerhou; haar werk was haar erns. Maar in die Wynland-kliniek word sy verplig om keuses te maak – en meteens lyk haar pad vorentoe baie gekompliseerd. Die dokter se geheime passie: Janli Filmalter, ’n toegewyde mediese student in haar vyfde jaar, en dokter Christiaan Lombard ken mekaar al vandat sy ses en hy nege jaar oud was. Hulle ken ook mekaar se families goed – dalk té goed. Waarom haat Christiaan haar skatryk pa so? Sal hy Gé, haar losbol-broer, kan vergewe vir wat hy aan sy onskuldige kleinsus gedoen het? Maar die belangrikste: probeer Christiaan op die Filmaters wraak neem deur Janli te verlei? Ontmoet my in Patong: Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar voor dit wil sy eers terug Thailand toe vir ’n kort vakansie om deur die herinneringe van die tsoenami en haar tyd daar te werk. In Thailand ontmoet sy toevallig weer die Engelse sakeman, Francis, wie se lewe sy destyds gered het. Die aantrekkingskrag tussen hulle skryf Laura toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop . . .

    Van sorg na liefde

    Malene Breytenbach

    Ná ’n liefdesteleurstelling wil Mia de Villiers vir ’n ruk uit Suid-Afrika wegkom en sy gaan werk as ’n versorger op die eiland van Jersey. Sy kom dadelik met haar werkgewer, die weduwee Sarah de Lisle, oor die weg, maar met haar seun, Jean de Lisle, sit sy vas. Uit die staanspoor is Jean laat om haar by die lughawe op te laai en hy gee te kenne dat Mia sy kosbare tyd as eienaar van ’n makelaarsmaatskappy mors. Boonop insinueer hy dat sy na die belastingparadys Jersey gekom het om vir haar ’n ryk man te vang. Mia vererg haar vir die arrogante vent met sy spoggerige Ferrari – hy moenie dink sy is soos sy trofeemeisies wat deur sy rykdom beïndruk word nie. Hy is nou wel die aantreklikste man wat sy al ooit teëgekom het, maar ná sy deur haar eks-verloofde verkul is, gaan sy beslis nie voor ’n rokjagter soos Jean swig nie. Al blyk dit ook gaandeweg dat dié alfaman ’n sorgsame, sagter kant het wat hy nie sommer vir enigeen wys nie . . .

    Grenslose liefde

    Malene Breytenbach

    Vyf jaar nadat Carly O’Neill in diens van Dokters Sonder Grense vir dokter Colin Mackenzie met sy priemende blou oë, breë skouers en Skotse aksent ontmoet het, kruis hulle paaie weer. Colin het intussen die titel van Hertog van Seaforth geërf en daarmee saam die Strahan-kasteel in Ross-shire, Skotland. Maar hy het nie sy roeping laat vaar nie en het die kasteel in ’n psigiatriese kliniek omskep. Al is sy ’n Suid-Afrikaner, kry Carly die werk as verpleegster by dié eksklusiewe kliniek, aangesien sy ook kliniese sielkunde studeer het. Of is dit dalk omdat Colin haar graag weer wil sien? Ná al die jare rumoer Carly se hart nog net so hewig wanneer sy naby die aantreklike dokter is. Maar met sy nuwe titel is hy tog nou ver verhewe bo ’n gewone vrou soos sy. En boonop blyk dit dat hy en sy vennoot, Margaret Fraser, op trou staan. Carly en Colin mag niks meer as werknemer en werkgewer wees nie, maar haar hart weier om na haar verstand te luister . . .

    Hartklop Omnibus 2

    Malene Breytenbach

    In Droomdokter moet vroedvrou Mila Mouton haar Aktiewe Geboorte-eenheid se deure sluit, en dit blyk dat haar aantreklike buurman by dié besluit betrokke is. In In jou hande lê Michelle Judson ná ’n motorongeluk hulpeloos in ’n hospitaal. Al ligpunt is die deernisvolle ortopediese chirurg Douw Hefer. In Liefde op Jannasbaai word dokter Elmo Kasselman se lewe omvergegooi toe ’n onbekende meisie wat haar sig én geheue weens ’n ongeluk verloor het in sy kliniek beland.

    Geheime liefde

    Malene Breytenbach

    ’n Ou joernaal wat die sleutel tot die geheim van ’n verbode liefde kan bied, word in die biblioteek op Stellenbosch ontdek en Diana Malan kan nie wag om dit te bestudeer nie. Sy doen navorsing oor die geheimsinnige vrou na wie die digter AA Sutherland in sy gedigte verwys en hoop om antwoorde in sy ou dagboek te vind. Dis net wat sy nodig het om haar PhD-tesis te voltooi en ’n pos by die universiteit los te slaan voordat Beryl Mankin haar kan voorspring. Maar daar is ’n probleem: die joernaal is baie broos en sal eers gerestoureer moet word. En boonop daag AA Sutherland se agterkleinseun, Alex Erskine, daar op en dring aan om ook die joernaal te sien sodat hy dit vir sy biografie van Sutherland kan gebruik. Terwyl Diana en Alex sy aan sy aan die joernaal werk, trek dié sterk, aantreklike Skot haar soos ’n magneet aan. Maar Beryl tree tussenbeide en dan is daar ook Diana se jaloerse eks, haar promotor Terry Swales, wat sake vir haar moeilik maak . . .