Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Читать онлайн.
Название Sêgoed met slaankrag
Автор произведения George Claassen
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780624063193



Скачать книгу

kan vitaal bly alleen solank hy die draer van ons volle noodlot, van ons wete-na-albei-kante-toe bly; solank hy konkreet en abstrak bly dink; solank as Europa en Afrika in hom lewe; Afrika wél, maar tog ook altyd Europa.

      N.P. VAN WYK LOUW, Vernuwing in die prosa, 1961

      hy’t nog nie ons volk vertrou, net soos dit is, nie:

      swak, met sterkte daardeur gevleg,

      onwys, met wysheid net hier en daar soos goudstof in die slik:

      ’n gewone volk op onmerkwaardige aarde.

      N.P. VAN WYK LOUW, Die pluimsaad waai ver, 1972 (geskryf 1964)

      Die wêreldgewete is ’n hoer. Dit kan gekoop word.

      N.P. VAN WYK LOUW, ibid.

      die vrouens moet die tafels dek vir môre vroeg;

      die mans gaan slaap, vermoeid van al die rus.

      INA ROUSSEAU, digter, “Sondag op Stellenbosch”, Die verlate tuin, 1954

      My volk het hom

      verbeel en – toe die skrif gesien.

      SHEILA CUSSONS, digter, “Afrikaner”, Die somerjood, 1980

      Afrikaners . . . ordentlike mense wat mislei is deur hul leiers.

      NELSON MANDELA,

      eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner

      Die uitdaging van die Nuwe Patriotisme is nie een van ’n keuse tussen Afrikanerdom en Suid-Afrikanerskap nie. Inteendeel, dit is juis oor die genesende versoening van Afrikaners met volle Suid-Afrikanerskap.

      NELSON MANDELA

      Maar net so seker as wat die Afrikanervolk ’n volk van bevryding is, so seker is hy ook ’n volk van onderdrukking.

      JOHAN DEGENAAR, filosoof en akademikus,Voortbestaan in geregtigheid, 1980

      Dis eienaardig . . . Ek kry nooit die geleentheid om Afrikaans te praat nie omdat die Boere na Engels oorskakel vinniger as wat jy Freek Robinson kan sê. Hulle het ’n spesiale infrarooi verklikker wat aan hul breinkabels gekoppel is en wat Engelssprekendes uitsnuffel.

      DENIS BECKETT, joernalis en redakteur van Frontline, The Star, 20 Januarie 1994

      Die Afrikaner as politieke begrip is ’n teoretiese uitvinding, ’n mite wat oor dekades heen opgebou is. En die Alternatiewe Afrikaner is ’n wilde groei­sel aan dieselfde loot . . . As ’n mens die Afrikaanse volkskenners vandag lees, kom jy gou agter wat die woord ‘Afrikaner’ onder andere is: ’n groot ideologiese konstruksie wat as regverdiging gedien het vir onderdrukking en uitbuiting.

      GERRIT OLIVIER, akademikus en literêre kritikus, Vrye Weekblad, 3 Februarie 1989

      Daar is waarskynlik geen ander openbare saak in die lewe van Suid-Afrika wat soveel kaf, leuens, pretensie en vermorste emosie gaande maak as die toekoms van Afrikaans nie.

      MAX DU PREEZ, koerantredakteur, skrywer en politieke ontleder

      Afrikaans-wees is meer as kerkbasaars, geloftedagvieringe, sustersvereni­gings, Broederbond en Rapportryers, Bles Bridges, die dominee en die skoolhoof. Jy kan Boheems in Afrikaans wees, jy kan ’n punk of ’n hippie of ’n anargis of ’n vryheidsvegter wees, jy kan ’n wêreldburger of ’n kommunis of ’n sosialis of ’n Katoliek of ’n Hare Krishna wees – jy kan wees net wat jy wil en nog Afrikaans wees. En jy kan baie beslis ’n demokraat en Afrikaans wees.

      MAX DU PREEZ, oor Vrye Weekblad se boodskap aan Afrikaanssprekendes tydens die laaste jare van apartheid, Oranje Blanje Blues – ’n nostalgiese trip, 2005

      Die meeste van my intelligente lewe was ek bewus van my stereotipering as ’n Afrikaner. Daar is nie veel wat ek daaraan kon, of kan, doen nie. Soos Jean-Paul Sartre eens gesê het, ‘Jy is ’n Jood omdat ek na jou kyk.’ Selfs al het ek al die stereotipes van wat ’n Afrikaner is, beledig, bly ek ’n ‘afge­dwaalde, rebel, a-tipiese Afrikaner’. Dan moet dit maar so wees. Ander moet met my vrede maak. Ek het vrede. Terselfdertyd voel ek baie sterk oor die handhawing en bevordering van Afrikaans as spreektaal.

      FREDERIK VAN ZYL SLABBERT, akademikus en politikus (1974–1986)

      Ons Christelike aggressie is te dikwels opvallende moralisme wat met reëls en regulasies die sedelikheid wil red.

      WILLEM DE KLERK, teoloog, koerantredakteur en akademikus, Maselspoort, 1978

      Die Afrikaner het ’n neiging om simboolblind te wees.

      En ’n voorliefde om die verlede voort te sit.

      WILLEM DE KLERK, Maselspoort, 1978

      Afrikaners (is) vandag kroes, kras en kordaat . . . Afrikanerwees is die laaste paar jaar kroes. Letterlik inmekaargekrul, siek, olik. Afrikaners is aan die rond­maal soos ’n klomp vasgekeerde skape . . . Dan is daar die hink-en-pink Afrikaners wat etikette om hulself hang: die ontnugterdes; die rigtingloses; die sinici; die magteloses; die bedruktes; die beswaardes; die afwagtendes wat wag op ’n kaptein wat weer hekke sal oopmaak . . . Afrikaners het kroes geword. Ander klein volkies is in hulle kroesheid uiteindelik uitgewis.

      WILLEM DE KLERK, Afrikaners: kroes, kras, kordaat, 2000

      Die formule vir die Afrikaanse gemeenskap is saam te vat in drie begrippe: eiebestaan, naasbestaan en saambestaan.

      WILLEM DE KLERK, ibid.

      Ons het ’n afstootlike eksklusiwiteit vertroetel wat in apartheid sy hoog­tepunt bereik het. Hoewel daar ‘versagtende omstandighede’ was, het dié eksklusiwiteit ontaard in ’n gees van toe-eiening waaraan ons godsdienstige