Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Читать онлайн.
Название Sêgoed met slaankrag
Автор произведения George Claassen
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780624063193



Скачать книгу

ons wat nooit ’n volk was nie

      maar slegs volk

      sjebienfilosowe, bergkaffers, wolkdeskundiges,

      motorkarsangers, opregte oneerlike aanjaers

      BREYTEN BREYTENBACH (onder Jan Blom), “die lydingsberig”, Oorblyfsels: ’n roudig, 1997

      Enige aantasting of belemmering van die volle gebruik van jou moedertaal is ’n skending van daardie mensereg wat verseker dat jy ’n volwaardige en nuttige burger mag wees, selfs en veral in ’n meertalige gemeenskap.

      BREYTEN BREYTENBACH by die ATKV se herfsskryfskool te Potchefstroom, 1999

      Daar is vier groeperinge in Suid-Afrika wat Afrikaans doodwurg. Die wit opportuniste – die Skelm-bosse slimgat-, gatkruipende spesie; sommige bruin intellektuele, vir wie enige moedertaal maar net ’n eendagsvliegie is; onse Stalinistiese heersende party wat mentally colonised is en kultureel so inheems is soos ’n Malema; en al die ‘laat-Gods-water-oor-Gods-akker-loop’-sjaam-lopers, sjeim, want solank die taal in die kroeg en om die braaivuur gepraat word, is sy mos nie dood nie.

      Dis veral die gekoloniseerde wit Afrikaners wat hulle neuse gedienstig draai na die agterstewe van mag. Die ape met die goue ringe. Dit is so dat die taal amptelik beveg word deur stommerike wat in ’n totale geestelike en politieke verwarring leef, ahistories dink, en skynbaar glo jy het iewers gekom as jy op die maan in die water kan loop met Engelse sokkies gemaak in China. Maar eintlik gaan dit dood aan onverskilligheid en verwaarlosing en minagting.

      BREYTEN BREYTENBACH, in ’n onderhoud met MARLENE MALAN in Rapport,

      met verwysing na die Universiteit Stellenbosch se besluit om ’n taalbeleid van parallelle onderrig in Afrikaans en Engels te volg, 28 Maart 2010

      As die Kubane ’n heersende invloed kon hê op die bevryding van Suid-­Afrika, sou die meeste van Skellumbos se slim akademici vandag hoog en laag in Spaans gekweel het. Die ‘motiewe’ vir die gebukkend staan met ’n lang tong is ’n minderwaardigheidskompleks, ’n gebrek aan integriteit en historiese begrip, dom-onnoselheid, opportunisme en politieke gedienstig­heid, wit arrogansie, ’n brandende behoefte to keep up with the Joneses, ’n ewe sterk behoefte om oor te loop na wie ook al die kitaar slaan, geeste­like kolonisering. Ook gjelt.

      BREYTEN BREYTENBACH, Rapport, 28 Maart 2010

      Die Britte, Amerikaners, Nigeriërs en Indiërs behoort ’n interna­sio­nale verbod te plaas op die opgemixte en cliché-besoedelde Engels wat te lande gepleeg word. Daar het ons pragmatiste dit nou: ’n Bevolking en veral ’n politieke establishment vir wie Engels ’n tweede of derde of vierde taal is, en almal dink nou hulle kan sing soos Maria Callas.

      BREYTEN BREYTENBACH, Rapport, 28 Maart 2010

      Afrikaners is hier nie weg te wens nie, en hoe meer daar taalmatig oor hulle gerol word, hoe stywer gaan hul rug word. Die korrekte benadering is tog sekerlik dat hulle ingenooi word om hul kundigheid tot die beskikking te stel van ons demokrasie, ook ter wille van die land se kommersiële ophou.

      TON VOSLOO, koerantredakteur en mediahoof, tydens die verkennende gesprek oor ’n saambindende Afrikaanse organisasie, Stellenbosch, 30 November 1996

      Ons wil ook as minderheidsgroep, wat opnuut die les van nederigheid moet leer, sê dat ons Afrikaanse saak ook die saak is van ander minderhede.

      TON VOSLOO, Stellenbosch, 30 November 1996

      Dit is verskriklik belangrik dat ons altyd daardie reg voorbehou dat ons van mekaar moet, mag en kan verskil. Ons is nie hier om eensgesind te wees nie. Dit is stimulerend en dit is die dinge wat Afrikaans sal laat oorleef, as ons kan leer om te ontleer die ou kodes dat jy nie eintlik jou mond of jou bek te veel mag oopmaak nie.

      TON VOSLOO, Stellenbosch, 30 November 1996

      Wat ons, die Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika, nou ervaar, is ’n vorm van borrelsiekte. As jy skielik van onder af, waar jy lekker vasgesit het in die stelsel, uittop bokant die water, dan begin jou bloed borrel. Ons het nou borrelsiekte in daardie sin, en ons wonder wat gaan met ons aan.

      JANNIE GAGIANO, politieke wetenskaplike, Stellenbosch, 30 November 1996

      Ons moet ’n beleid volg en ’n praktyk uitwerk wat die gemeenskaplike in ons samelewing bevorder en beskerm, en terselfdertyd dit wat waardevol is in ons diversiteit eerbiedig . . . ’n ‘Gariep’-nasie dus, waar die systrome in die hoofstroom saamvloei sonder dat dit ooit deur ’n kommunistiese oorstroming van een of ander stroom oorspoel en uitgewis word . . . As ons nie in Suid-Afrika ’n kultuur sonder grense kan bevorder nie, dan gaan ons eenvoudig die loopgrawe van toekomstige etniese oorloë verdiep.

      NEVILLE ALEXANDER, linguïs en onderwyskundige, Stellenbosch, 30 November 1996

      Mense glo daar’s ’n hemel omdat dit vir hulle sleg is op Aarde. Dit is waar­skynlik die harde, onsekere pionierslewe van Afrikaners wat gemaak het dat hulle so heftig godsdienstig was. Toe hulle eindelik aan bewind kom, was dit hul vrees vir die meerderheid wat gemaak het dat hulle juis ’n intoleran­sie uit die Bybel en óók uit die wetenskap moes formuleer. Vandag het Afri­­kaners gevlug na die Engelse charismatiese kerke en my vermoede is dat dit gedeeltelik pogings is om weg te kom van die swaar verantwoordelikhede en apartheidskuld wat met die drie gereformeerde Afrikaanse kerke geasso­sieer word.

      ANTJIE KROG, digter en skrywer, God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles, George Claassen en Frits Gaum (reds.), oor mense se geloof in ’n skepper-god, 2012

      Hy wil baas wees op sy eie plaas. Hy wil regeer, al moet dit dan in ’n volkstaat wees. En hy soek, al is dit ’n sambreel of ’n speldekop, maar êrens gaan hy ’n baas wees. Sy taal wou hy nie deel met bruin nie; sy huis en toilet wou hy nie deel met swart nie.

      ANTJIE KROG, Stellenbosch, 30 November 1996

      Afrikaners het ’n spesifieke kultuur, een waarvan die essensie vir dekades en langer een van onverdraagsaamheid was, en hoofsaaklik nog steeds is. Of ’n Afrikaner in die pac of in die awb is, hy is basies onverdraagsaam. Die onverdraagsaamheid dra verskeie klede. Dit word veral toegedek met eufe­mismes soos ‘vryheidsdrang’, ‘liefde vir grond’, ‘selfregering’, en, sedert die nuwe bedeling, ‘’n verset teen Kommunisme’. Wat dit in werklikheid is, is dat die Afrikaner nie iets met iemand wil deel nie.

      ANTJIE KROG, Stellenbosch, 30 November 1996