Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Читать онлайн.
Название Sêgoed met slaankrag
Автор произведения George Claassen
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780624063193



Скачать книгу

te bemagtig, het dié eksklu­siwiteit ons stap vir stap ontmagtig.

      WILLEM DE KLERK, ibid.

      My geslag is mos grootgemaak om ons emosies te beteuel, om ons nie oor te gee aan enige werklike vorm van koestering nie – nie liefde nie, en ook nie haat nie. Ons is geleer om gesien en nie gehoor te word nie, om opdragte uit te voer sonder teëspraak, om respek vir die oueres te toon. Om, op die keper, bereid te wees om ons lewe op te offer vir ons land en vir die Groter Saak. Ek praat nou van wit Afrikanermans van so tussen dertig en vyftig – dié ouens wat met verpligte diensplig gebrandmerk is . . . Ek onthou u van die dae toe u nog redakteur van Die Transvaler was. U sal my waarskynlik nie onthou nie. Ek was die outjie vir wie u in die gang gegroet het met: ‘Dag, Boetman.’ Tóé was ek ‘Boetman’; twintig jaar later is ek ’n middeljarige blanke Afrikanerman. My geslag is in die wieg gelê om te speel met woorde; woorde het selde die betekenis gedra waarmee hulle deur ver­klarende woordeboeke belas was. Dink maar aan begrippe soos ‘demokrasie’, ’nasionalisme’, ‘selfregering’, ‘onafhanklike state’, selfs die eienaam waarvoor van my vriende grens toe gestuur is en sommige selfs witbene gemaak het: ‘Suid-Afrika’. Die ‘Suid-Afrika’ van u geskrifte, die ‘Suid-Afrika’ waaraan u lojaliteit bely het, was tog iets heel anders, iets veel blankers, as die Suid-­Afrika wat ons – dis nou wit en swart – vandag saam in ons pynlike nuwe volkslied besing . . . Boetman is die bliksem in . . . Ek is die bliksem in, die bliksem in vir die arrogansie, die selfregverdiging, die rasionalisasie, die ont­kennings, en vir die leuens. As ons al jou raad volg, kan ons oorleef, ja. Maar as ons jou raad nou volg, staan ons presies waar ons sou gewees het as jou geslag ons nie met apartheid bedrieg het nie; en dan was ons boonop sonder die skuldlas. Soos altyd, sit ons weer aan die voete van die wysgere. Maar ons word teen die ore geklap. Want die nuwe geslag alwetendes is ’n geslag wat ons verwerp het, saam met die patriargie wat ons vir hulle ver­sinnebeeld. In ’n enkele leeftyd is ons getransformeer van ‘bly stil, staan op aandag, doen wat die oom vir jou sê’ tot ‘middeljarige wit Afrikanermans wat ly aan ’n magsverliessindroom’. Die gevolg is een en dieselfde: hou jou bek, jy’t niks te sê nie.

      CHRIS LOUW, joernalis, in ’n ope brief aan en repliek op WILLEM DE KLERK se boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat, Beeld, 5 Mei 2000

      Dit het ons natuurlik van u geslag geleer, dié slag met woorde. U geslag het die begrippe uitgedink; ons, my geslag, het dit uitgeleef. Want ons is afgerig om nie openlik in opstand te kom nie: ‘Ja, Pa, nee, Pa, reg, Pa, goed so, Pa.’ U geslag was die eerste, en moontlik die laaste, in die Afrikanergeskiedenis wat nooit self ’n oorlog gevoer het nie: te laat gebore vir die Tweede Vryheidstryd; te jonk vir die Eerste Wêreldoorlog; te Duits-neutraal vir die Tweede Wêreldoorlog; te hard aan die dink en wonder en staatsbestelle en ander konstellasies beplan en regverdiging soek vir die Grensoorlog. Julle was die eerste geslag Afrikaners wat jul kinders afgevaardig het om vir julle te gaan sterf. Dié wat nie jul gek drome wou verdedig met die wapens wat julle aan ons uitgereik het nie, is tronkstraf opgelê; of, erger: mal verklaar. Tóé het hulle al gesê die stelsel is te gek vir woorde – dié wat destyds al begryp het, is ‘skisofrenies en ongeskik vir militêre diens’ verklaar.

      CHRIS LOUW, Beeld, 5 Mei 2000

      Twee jaar gelede was Boetman die bliksem in. Met sy ope brief van emosionele ontlading teen die vorige generasie Afrikaner-leiers het hy die snare geroer. Die reaksie was onverwags, en in sommige gevalle selfs skouspelagtig. Boeke het uit die daaropvolgende openbare debat voortgespruit en ’n verhoogstuk is gebore. Daardie debat het intussen bedaar en almal voel som­mer beter – terapie vir die siel. Nou is dit Kerkman en Kerkvrou wat in beroering is. Sommige is selfs die bliksem in, maar binne kerkverband sou dit onvanpas wees om sulke sterk taal te gebruik. Sê maar liewer hulle is ontstig. Onseker, sou in die meeste gevalle ’n beter beskrywing wees. Maar daar is ook ernstige gevalle van verwardheid. En hierdie keer raak dit die diepste wese van die Afrikaner se lewensbeskouing. Dit krap aan sy/haar godsdienstige oortuigings, geloof, kerk en opvoeding. In baie gevalle kalwe dit weg aan die laaste anker van vastigheid. Ná die traumatiese prysgawe van sy politieke magsbasis, werksekerheid, eie skole en sy taal (se voorkeurstatus) lê die Afrikaner nou in die laaste loopgraaf – godsdiens.

      ARRIE ROSSOUW, koerantredakteur, rubriek in Die Burger oor die godsdiens-evolusiedebat in die koerant se briewekolomme, 18 Mei 2002

      En waar was die Angel-Saksers? Ek het altyd gedink dit was ’n baie treffende faktor in ons geskiedenis.

      NADINE GORDIMER, skrywer en Nobelpryswenner, in kommentaar op die feit dat van die twee wit mense wat lewenslange vonnisse ontvang het omdat hulle teen apartheid opgestaan het, een Afrikaans was (BRAM FISCHER) en een Joods (DENIS GOLDBERG), Cutting through the mountain: Interviews with South African Jewish Activists, Immanuel Suttner, 1997

      Plant vir my ’n Namibsroos

      Verafgeleë Welwitschia

      Hervestig hom in Hillbrow

      En doop hom Khayelitsha . . .

      KOOS KOMBUIS (ANDRÉ LETOIT), skrywer, digter en sanger-komponis,

      “Swart September”, 1980’s

      En is jy wit

      Of swart

      Kak almal in die symste taal

      KOOS KOMBUIS, ibid.

      Afrikaans is ’n kanker wat vernietig moet word.

      MALEGAPURU MAKGOBA, rektor van die Universiteit van KwaZulu-Natal, na aanleiding van voorstelle dat Afrikaans aan die UKZN geskrap word as vak, Beeld, 24 Oktober 2013

      Dit is ’n besonder kortsigtige manier van kyk na die saak. Dit is soos om Duits, die taal van Goethe en Schiller, nek om te draai net omdat daar ook ’n Adolf Hitler was wat dit gebruik het.

      DIONÉ PRINSLOO, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in reaksie op UKZN se voorneme, Beeld, 24 Oktober 2013

      . . . ongelukkig het Afrikaans sekere historiese konnotasies gekry wat gelei het tot ’n verwerping deur die swart man, en dié is politieke konnotasies.

      STEVE BIKO, Swart Bewussynsleier en anti-apartheidsaktivis

      Dis waarom eksklusief Afrikaanse of selfs Afrikaans dominante wit skole en universiteite ’n ernstige bedreiging vir rasseverhoudings in Suid-Afrika inhou. Jy kan eenvoudig nie jong mense voorberei om die littekens van ons gewelddadige verlede te hanteer sonder om in die opvoedkundige om­gewing optimale geleenthede van gesamentlike leef en leer te skep nie . . . Wat beteken dit vir Engels? Doodeenvoudig is dit Engels en nie Afrikaans nie wat die taal van versoening kan wees, omdat dit die fondament vir ’n gemeenskaplike taal lê wat dan kan lei tot ontmoetings in Afrikaans en ons ander inheemse tale.

      JONATHAN JANSEN, akademikus