Название | Sêgoed met slaankrag |
---|---|
Автор произведения | George Claassen |
Жанр | Руководства |
Серия | |
Издательство | Руководства |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780624063193 |
MORKEL VAN TONDER, radio-omroeper en skrywer, Kantaantekeninge, 1980
daar blyk geen stilte
te wees
in ’n bottel barbiturate
of ’n flesvol as
JOAN HAMBIDGE, digter en akademikus, “Repos ailleurs”, Bitterlemoene, 1986
Ek leef met my oog
op die ewigheid – gedagvaar deur die dood.
JOAN HAMBIDGE, “Solstitium”, Geslote baan, 1988
… ons almal word op ’n dag in die lykdig van ’n swart stasiewa ingeskuif. Dis ons swanesang. Die laaste rit is ’n motorrit.
ETIENNE VAN HEERDEN,
skrywer en akademikus, “Die motor”, Die stilte ná die boek, 2004
kleef aan jou bed
die hemel is hol
en koud en ver verset
jou teen die dood wurmpropvol
T.T. CLOETE, digter en akademikus, “Lê en roer”, Allotroop, 1985
Niks bly
soos dit is nie. Soos snoei
is ook aanplant sny,
en uitroei.
Alle snye groei.
T.T. CLOETE, “Allofonie”, ibid.
Ek dink mense wat hul kinders verloor, is die dápperste mense op aarde. Jy verloor jousélf. Jy verloor jou toekoms. Jy verloor jou ideale. Jy verloor al jou drome.
LIZETTE RABE, joernalis en akademikus, in gesprek met Murray La Vita, Die Burger, 6 September 2011
. . . die Aarde, die universum in al sy skoonheid en chaos is vir my genoeg. Ek is bevoorreg om dit te kan sien, ruik, proe, hoor, voel. Ek wil ná my dood wees waar ek voor my geboorte was. Ek wil begrawe word in grond en daarin tot niet gaan. Dis vir my ’n wonderlike en salige gedagte dat ek bestaan uit sterrestof en dat ekself verantwoordelik is om my lewe tot sy volste intensiteit te lei binne sy totale verbondenheid aan alles en ander.
ANTJIE KROG, digter en skrywer, God?, Claassen en Gaum, 2012
Ek wil net ’n eenvoudige steen hê waarop staan, ‘Mandela’.
NELSON MANDELA,
eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999) en Nobelpryswenner
As ek vir my ’n grafskrif kan kies, sal dit lui: ‘Onklassifiseerbaar’.
JONATHAN JANSEN, onderwyskundige,
oor rassekategorisering in Suid-Afrika, Briewe aan my kinders, 2012
Ek was amper dood, ek was amper dood, maar ek was nie. Die flieks het dit heeltemal verkeerd, hulle probeer altyd die naderende dood wys met visuele beelde, met die visuele wêreld wat eerste padgee en die laaste om terug te keer, en wat ek beleef het, was ’n inkomende en wykende gehoor- en emosionele heelal, ’n klein en onsekure punt van waarneming in my kop, ’n flikkerende fragment van ego, en ’n vaste bewuswees van sensasielose massa.
ALBIE SACHS, ANC-struggle-veteraan en regter, oor sy gewaarwording nadat die apartheidsregering hom in 1988 byna gedood het met ’n bom in Mosambiek
Krisjan, dit is raak.
KOOS DE LA REY, Boeregeneraal, aan GENL. C.F. BEYERS, kort nadat ’n opslagkoeël hom by ’n padversperring getref het, Langlaagte, 15 September 1914
Vra my vriende om vol te hou . . .
J.H. HOFMEYR, politikus,
in ’n fluisterstem aan sy broer, A.B. HOFMEYR, 3 Desember 1948
Neem uit die verlede alles wat goed en edel is,
en bou daarop die toekoms.
PAUL KRUGER, president van die Z.A.R.,
in sy laaste boodskap aan sy volk, Clarens, Switserland, 1904
. . . het zou beteken dat de onwettige drankhandel, welke tot enige grote steden nu beperkt is, over het ganse land zou verspreid raken, en in plaats van enigen daardoor rijk te maken, zouden velen ervan rijk worden.
M.T. STEYN, president van die Oranje-Vrystaat, kort voor hy ineengestort het by die Vrouemonument, Bloemfontein, 28 November 1916
Nou’s dit klaar . . . en so ook ek.
ROBERT BROOM, dokter en paleontoloog, 6 April 1951
Manto suip haar moer toe.
INGO CAPRARO, koerantredakteur, op plakkaat van Sondag, ná die dood van DR. MANTO TSHABALALA-MSIMANG, minister van gesondheid, wat ondanks ’n leweroorplanting steeds alkohol in oormaat bly gebruik het, Desember 2009
As ons staan op die einde van die lang pad langs die spoor daars net donkerte daar voor ek staan en bewe dit raak swarter en daar is net stilte wat ek hoor hou my hand styf vas langs jou sy is jy nog lief vir my? sal jy my by die hemel poorte kry?
JACK PAROW, kletsrymsanger, “Tussen stasies”
Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry die hartseer is verby op die ou end is al wat ek wil hoor rol oor jou tong: jy wil by my bly Sal jy my by die Hemel poorte kry?
JACK PAROW, “Tussen stasies”