Wilmari Jooste

Список книг автора Wilmari Jooste



    Melodie Omnibus 2

    Wilmari Jooste

    Volbloedvrou vir ’n vaalseun: Fransien de Swardt woon haar skoolreünie om slegs twee redes by: ná tien jaar wil sy die spoke van die verlede besweer en haar metamorfose van armlastige spoorwegkind na suksesvolle sakevrou onder ’n paar mense se neus vryf. Spesifiek mense soos Tessa de Villiers en Chris de Wet. Maar as Fransien vooraf geweet het sy gaan betrek word by ’n intrige van moord en ou geheime, sou sy twee maal gedink het voor sy die pad na haar tuisdorp aangepak het. Om alles te kroon moet sy ook nog rekening hou met kaptein Jans Jansen, die hoofondersoekbeampte in die moordsaak. Want onverwags en onverklaarbaar bevind Fransien haar in die posisie van hoofverdagte . . . Dis mooiweer en liefde: Nadat Menantheau le Clerque se verhouding met dokter Kobus Kruger op die rotse geloop het, bepaal sy haar net by haar werk as bibliotekaresse. Haar lewe word egter onverwags in ’n heel nuwe rigting gestuur die aand toe sy Nick Bender ontmoet. Dié groot man met sy onwrikbare trots oorrompel haar totaal, en dit wil voorkom asof hulle verhouding blom. Maar toe Nick in ’n ernstige motorongeluk betrokke is, vind Menantheau tot haar skok dat Kobus sy dokter is – en dis duidelik dat hy haar nog glad nie vergeet het nie. By hom ervaar sy die rustigheid wat Nick haar nooit kon gee nie. Maar Kobus is nie bereid om altyd in Nick se skaduwee te staan nie . . . My liefling is ’n wolkeman: Kwaai Sias de Wet van Petrusburg in die Vrystaat het ses dogters, maar die een wat hom die grootste kopsere gee, is die pragtige blonde Anke. Sy is net sewentien en diep gekys met Braam Venter, nege jaar ouer as sy en ’n lugvaarttegnikus in Dublin, Ierland. Toe Braam ’n vliegtuigkaartjie stuur sodat Anke kan kom kuier, moet Isabella, die verantwoordelike oudste suster, saamgaan as chaperone. Isabella, so reken Sias, stel tog net belang in haar musiekstudie. Maar toe Isabella die Ier Adrian Mimnagh ontmoet, is haar voete heel onder haar uit. Hulle naweekkuier by Adrian se gesin in Omagh lewer ’n hele paar verrassings op – soos sy gewese meisie, Aibhilin. En dié, kom Isabella agter, wil Adrian tot elke prys terughê.

    Satyn Omnibus 5

    Wilmari Jooste

    In Bruid uit die koue wou Jurg die mooie Clio Gericke soveel kere in sy arms neem en haar parmantige mond stil soen. Maar Clio met haar goue hare en viooltjieblou oë was vir hom verbode. Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ʼn man vat nie sy broer se goed nie. Nou, elf jaar later, het Clio teruggekom uit Kanada om by Arnold te kuier, hulle jeugliefde te verseël. Maar die noodlot gryp in, sodat Arnold bewusteloos in die hospitaal lê terwyl Clio by Jurg op Vuurfontein moet bly. Hy kom gou agter dat sy hom steeds as ʼn boef, ʼn rokjagter en ʼn katmoordenaar beskou. Sy kan egter nie die hartstog ontken wat tussen hulle smeul nie . . . In Vinkel en Koljander het Michael en Mikeila albei ʼn liefdesteleurstelling beleef en besluit dan om met mekaar te trou. Michael, omdat sy ouma se testament dit vereis voor hy sy erfporsie kan kry, en Mikeila omdat sy klaar is met mans en nooit weer wil seerkry nie. Hulle ken mekaar immers al jare, wat kan verkeerd gaan as hulle ʼn huis sou deel? Dit sal ʼn huwelik slegs in naam wees, en indien hulle dit later verkies, ontbind hulle dit net. Maar toe Cora Schumacher by haar man begin aanlê, begin Mikeila die vreemdste gevoelens van jaloesie ervaar . . . Hoekom voel sy skielik lus om dié blonde skoonheid met haar lae hals en bloedrooi naels aan te vat en goed op haar plek te sit? In Maalstroom kom Wiehan Rautenbach se ongelukkige huwelik tot ʼn einde die dag toe sy vrou, Laura, haar goed vat en hom alleen los met hulle siek dogtertjie. Laura gaan Switserland toe en soek ʼn heenkome by Mieke, haar suster, ʼn mediese dokter soos haar man, Ferdinand Bredenkamp. Maar Mieke is glad nie bly om haar jonger suster te sien nie, want Laura het ʼn reputasie as ʼn opperste verleidster. En kort voor lank word Mieke se vrese bewaarheid toe Laura vir Ferdinand afrokkel. Mieke keer gebroke terug na Suid-Afrika, maar word vining vasgevang in ʼn maalstroom van emosies: hoe kan sy ná alles wat gebeur het verlief wees op haar suster se man? En wat gebeur as Laura die dag terugkeer?

    Dis mooiweer en liefde

    Wilmari Jooste

    Menantheau le Clerque se stil en kalm lewe word onverwags in ’n heel nuwe rigting gestuur die aand toe sy vir Nick Bender ontmoet. Nick oorrompel haar totaal en dit wil voorkom asof hulle verhouding blom – ten spyte van Nick se trots. Wanneer Nick in ’n ernstige motorongeluk betrokke is, leer Menantheau langs sy hospitaalbed ook vir dokter Kobus Kruger ken. By Kobus ervaar sy die rustigheid wat Nick haar nooit kon gee nie. Maar Kobus is nie bereid om altyd in Nick se skaduwee te leef nie. En Esta, die mooi verpleegster, is ook besig om haar belangstelling duidelik te maak. Menantheau sal ’n keuse moet maak voordat dit te laat is. . .