Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Love's courage

Mokopi Shale

Twenty-nine-year-old Lesego Khumoetsile has no intention of getting into a serious relationship. She has big plans of creating a cultural retreat where the young and trendy can take a break from the bustling pace of Jozi to learn about their heritage. Bumping into Kenneth Tumaole won’t distract her from her goals, not even when they start a steamy romance that leaves them both gasping for breath. When Lesego applies for funding for her project, Kenneth is assigned as her head financier, but their attraction is too strong for them to stay away from each other, despite the potential conflict of interest. Then a media scandal erupts which drives them apart. Will Lesego have the courage to put aside her pride and accept Kenneth’s love? A steaming hot romance for the modern woman.

The Bridesmaid's Lover

Tsire Mushoma

Zandi Zungu lives in Fourways, Johannesburg. An economist by day and a mother to her teenage brother by night, this feisty woman’s feet stay firmly planted on the ground. But sometimes her confidence can fail her – Zandi has not been on a real date since Jeffrey dumped her. However, with her best friend’s wedding fast approaching, things need to change. She’s found the perfect bridesmaid’s dress, and bought a suit for the partner she hopes to bag before it’s too late. Then along comes Rhulani Mhinga – the tall, dark and muscular business strategist who sends her heart beating to a multitude of drums.

Cherry Marbles

Shukie Nkosana

'Langa Buthelezi owns her own events company and lives in a fabulous New York-style flat in Quinn Street, Johannesburg. She is engaged to Richard, a cameraman for the SABC. One Sunday afternoon, on her way home from church, she has an embarrassing encounter with a handsome stranger – to whom she is very rude. During a major event proposal, Langa comes face to face with the very same handsome stranger – Regile Mabhena, owner of Mabhena Oil Limited, who will decide if she gets the contract. It’s while organising the event that Langa finds herself working intimately with Regile, realising at last what true love is . . .

Kwaito Love

Lauri Kubuitsile

With an over-protective brother, a part-time job and a project deadline fast approaching, Mpho certainly has no space for romance. She dreams of ditching her oil-stained aprons for designer fabrics and will not let anything jeopardise her chances of success – until Thabang, a record-label owner and her brother’s nemesis, makes an appearance.

Bambi en die boef

Anita du Preez

Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie – nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin ’n guns probeer doen!Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie ’n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus – ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man! En wat nou eintlik daarvan as sy uitvind hy’t twee paspoorte en versteekte foto’s van haar saam met Louis? Dis mos sý saak.Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só ’n gladde karakter enigsins vertrou?

Meerminliefde

Lizet Engelbrecht

René is ’n vrou met ’n humeur. Veral as iemand ’n dier wil skade aandoen, vlam sy goed op, nes haar vlamrooi hare. Haar nuwe buurman laat haar ook met die eerste oogopslag oorkook – en nié van vreugde nie. Wanneer sy boonop uitvind dat dierewelsyn nie boaan sy agenda staan nie, is die hel los. Kobus maak allerlei nare herinnerings by haar wakker en sy wil niks van hom weet nie – nogal moeilik, aangesien hy die hoofhuis langs haar kothuis huur . . . En dan’s daar haar vriendin Mandie, heeltemal te nuuskierig en kupido-agtig – om nie van haar verlore kat en uitdagende omgewingsbewaringwerk te praat nie.Gaan René en Kobus mekaar vir ewig aangluur oor die meermin-spuitfontein in hul gedeelde oprit? Of kan haar wulpse invloed ’n ander soort vlam tussen die twee aansteek?

Eiland van vervulling

Elize Mitchell

Karina het haar wêreldreisiger-tante Katriena skaars geken. Nou moet sy hoor dat sy nie net ’n nalatenskap kry ná haar tante se dood nie, maar sommer etlike eiendomme – insluitend verblyfreg op ’n paradys van ’n tropiese eiland!Daar aangekom saam met haar vriendin Liesl wil Karina net salig die natuurskoon geniet en uitvind of sy op die eiland sou kon aard. Maar daar’s ’n vlieg in die salf: ’n half onbeskofte Westerling-man wat haar tante kwansuis daar versorg het deur ’n siekte. Hy ontstig die twee vriendinne, bring onmin tussen hulle, maak alles deurmekaar . . .En dan is daar nog die inheemse stam op die eiland, en al Katriena se projekte saam met hulle – hoe gaan Karina ooit haar skoene vol staan? Wanneer sy die kis wat Katriena vir haar agtergelaat het, oopmaak en uitpak, raak alles nóg meer gekompliseerd. Om nie te praat van die onheilspellende geslaan van tromme deur die eilandbewoners nie . . .

Beminde vreemdeling

Schalkie van Wyk

Wiandri Rosseau is twee-en-twintig en pas gekwalifiseer as hospitaalsuster. Sy keer terug na haar geliefde plattelandse Huis Groeneweide, waar haar bejaarde tant Lerina en dié se geliefde huishoudster, tant Grietjie, haar gretig inwag. Nou kan sy haar tante versorg en die swierige huis van haar kleintyd geniet. Maar daar aangekom moet Wiandri leer ’n vreemdeling bly nou ook op Groeneweide – die stroewe, dommerige nutsman Floors, van wie sy dadelik net mooi niks hou nie . . . maar tog ook só vreeslik baie!Wanneer Wiandri verder agterkom dat haar peetma, matrone Christelle, uiters wantrouig staan teenoor Floors, is haar verlangde vakansie by die tannies glad nie meer ’n rustige tydjie nie. Waarom dink Christelle Floors is so gevaarlik? En wie ís hy nou eintlik?

Dokter van ver

Malene Breytenbach

By ’n gedenkdiens vir Italiaanse krygsgevangenes in Suid-Afrika ontmoet dokter Rafaella Continari die oorrompelende dokter Giulio di Mareneschi. Hy is op besoek in die land en ná ’n kort kennismaking moet hy terug Italië toe. Maar nie voordat Rafaella en haar ouers na sy familielandgoed op die Italiaanse platteland genooi is nie . . .Later gaan Rafaella en haar ouers Italië toe sodat haar ma op die Di Mareneschi’s se landgoed, waar daar ’n nuwe rusoord is, kan gaan rus ná borskanker-behandeling. Hier ontmoet Rafaella die sjarmante maar opdringerige operaster Luigi, Giulio se broer, asook die pragtige jong erfgenaam wat dink Giulio behoort aan háár. Luigi en Giulio het ’n geskiedenis van wedywer om ’n vrou. Sal Rafaella en Luigi se verhouding vlamvat, soos die arrogante Luigi glo, of is Giulio die regte dokter vir Rafaella se hart?

Droomdokter

Amelia Strydom

Haar Aktiewe Geboorte-eenheid is vroedvrou Mila Mouton se hele hart en siel. Sy’s darem nog liewer vir haar kleintjie, Melissa, maar sy stort elke bietjie energie wat ma-wees vir haar oorlaat, in haar kraamkamer en haar dienste as bemagtigende vroedvrou. Vir mans het sy nie juis tyd nie ná sy deur haar eks met ’n kleine babatjie gelos is, maar haar nuwe buurman, Derek . . . sjoe, hy’s net onweerstaanbaar! En hy hou van kinders . . .Wanneer die hospitaal waar sy haar geboorte-eenheid se perseel huur, besluit dat haar deure moet sluit ter wille van iets meer winsgewends, moet Mila egter agterkom dat haar buurman betrokke is by dié plan. Gaan haar geboorte-eenheid oorleef? En wat van haar verhouding met die aanloklike maar verraderlike buurman?