Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

'n Ver plek vir Zilla

Margaret Bakkes

Zilla Fourie, ’n plaasmeisie, gaan studeer skilderkuns op universiteit. Sy ontmoet die vurige Piero Basson, ’n senior student in beeldhou, en hulle is gou smoorverlief. Toe Piero se pa sterf, besluit hy en sy Italiaanse ma om na Florence te verhuis. Piero dring daarop aan dat Zilla by hulle aansluit en in Italië verder studeer. Sy besluit om die somervakansie aan die einde van haar eerste jaar in Florence deur te bring, maar daarna terug te keer na Suid-Afrika. In Italië ontdek sy dat Piero se ma ’n ander meisie, die beeldskone Giulia, genooi het om terselfdertyd by hulle te kuier.

Reën oor die Serengeti

Connie Luyt

John Barklin wil ’n nuwe begin vir hom en die plaaslike Maasai maak met sy safarikamp by Ngaro Sero. Hy loop egter met ’n woede in hom rond oor die pa wat hom grootgemaak het maar nooit hulle bloedband erken het nie. En daar is diégene wat sy bewaringsplanne as ’n bedreiging sien. Gretchen Schmidt, ’n fotograaf uit Oos-Duitsland, kom na Ngaro Sero om die man te sien wat indirek haar dogter se dood veroorsaak het. Maar sy vlug ook van haar nagmerrie-verlede in Oos-Berlyn.

Tryna du Toit-omnibus 4

Tryna du Toit

Wolwehoek: Charlotte erf onverwags die ou familieplaas en besluit om haar oupa se voorwaardes te aanvaar: Sy moet self boer en haar oupa se aangenome seun moet as haar voog moet optree.Die vennootskap: Dr. Burger vra Marie om met hom te trou, maar dit klink meer na ’n sake-ooreenkoms: Marie moet ’n ma wees vir sy dogtertjie Rykie. Na ses maande kan sy besluit of sy volwaardig sy vrou wil word.Towerwater: Paul Theron leef soos ’n kluisenaar sedert sy vrou se verdrinking en sy sieklike suster, Mona, is verbitterd en agterdogtig. Wanneer Ria op Towerwater aankom, bring sy die belofte van ’n nuwe begin.

Marico se mambas

Piet Swanepoel

Piet Swanepoel neem die leser terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings; liegstories en spookstories. Mens is hier op die terrein van vertellers soos Jan Spies en Elias P. Nel. Die skryfstyl is nugter en leesbaar, die humor ongeforseerd en oorspronklik. In “Dem Foel” het ’n Afrikaanse boer met goeie bedoelings sonde met sy Engelse buurman. In “Marico se mambas” moet ’n boer sy danspassies ken om slang se kind te ontwyk. In “Pagel se sirkus” boesem miesies Pagel se skerp tong vrees in mens en dier in.

Die laat lente

Linda Joubert

Toe Lina Op ’t Hoff op Schoonaanzicht, die erfplaas van die Van Brakels, aanland, word haar tot dusver eentonige bestaan ingrypend verander. As goewernante van die gebreklike Fleurette bevind sy haar midde in die drama wat rondom haar afspeel. Heel gou besef sy dat alles nie pluis is nie. Daar is die glibberige Josephine wat Fleurette moet oppas, en wat agterdogtig deur die huis sluip. Daar is die betekenisvolle blikke, ontwykings en beledigende insinuasies omtrent die dood van die wonderskone mevrou Van Brakel ses maande tevore. Watter rol het die geheimsinnige baas van die plaas, Johannes van Brakel, in die gebeure gespeel?

Christine le Roux Omnibus 2

Christine le Roux

In Liewe Onskuld lyk die jong rabbedoe Olivia Joubert aanvanklik na ’n onwaarskynlike kinderoppaster, maar sy laat geen teenspraak toe nie. In Om lief te hê aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool, maar die plaaseienaar is uit die staanspoor openlik vyandig teenoor haar. In ’n Veilige hawe trou Madeleine met die doodgoeie Johan, al maak sy dit duidelik dat sy nie verlief is op hom nie.

Helene De Kock Omnibus 10

Helene de Kock

Twee vroeë romans deur een van ons gewildste skrywers. In albei verhale is die milieu die Vrystaatse Riemland-omgewing. Ver vlug na môre vertel van Eugene Basson wat na Europa reis om te gaan vasstel wat geword het van sy gevoelens vir die mooi blonde Elsje. In Met vandag se brood is Renier, die jong dominee op Petrusdal, vasgevang tussen sy verstand en sy hart.

Talia vat grond

Melissa Scharneck

Ná amper 10 jaar se wegsteek en regpraat is genoeg genoeg, besluit Talia. Die man moet gaan. Maar binne ’n jaar besef sy dit is makliker om te skei as om klaar te kry. Sente tel, ’n vuil kombuis en eensame staptogte in die plattelandse stof is die belonings vir haar egskeiding. Om nie te praat van haar lus vir die lewe wat êrens langs die pad in die stof gebyt het nie. Maar net toe Talia besluit dat boedel oorgee en asemhaal genoeg is, slaan een van haar skoliere se storie haar wind uit. Tussenin onbetaalde rekeninge, haar laslapgesin se streke en ’n Griekse god wat haar vuil gedagtes gee, moet Talia help vasplak wat gebreek is agter die meisie se ribbes. As dit nie vir ’n handjie vol goeie mense, wortelkoek en groot glase rooiwyn was nie . . . Daar’s dalk nie tyd vir skottelgoed was nie, maar tyd vir grondvat, dit máák ’n mens.

Maal

Nicole Strauss

Opwindende kortverhale wat die verplasing en gemoedstoestand van karakters in verskillende stede in Europa en Afrika onder die vergrootglas plaas. Hulle ervaar kos en maaltye dikwels as metafoor vir angs, eensaamheid of vertroosting. Die ritueel van maaltye word belig, en kos word ook as ʼn vormende teenwoordigheid in die karakters se menswees uitgebeeld – dikwels op paradoksale wyse.Die titel Maal dui op die manier waarop karakters verslinger word deur lewenservaringe soos migrasie, ongesteldheid, familie-intriges en dood. Maal sinspeel ook op die woord “mal”, ʼn term wat in die bundel op figuurlike wyse na een of meer van die karaktertrekke van die individue verwys – en na die lewe self.’n Besonder sterk debuut.

Second Time Lucky

Malihanelo Molapo

There are only two things in her life of which Criselda Moyo is sure – her love for her twin boys and her job as Senior Program Analyst at Baikopanyi Technologies in Midrand. But when her biggest client’s system gets hacked, Criselda’s job is on the line. She must find a fail-safe plan to save Baikopanyi’s reputation, and her own. Then the suave Justice Dlangamandla, with his personalised handkerchiefs and chiselled good looks, is brought in to help with the investigation. And very soon the thirty-three-year-old divorcée finds it impossible to concentrate on the task at hand.