Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Ettie Bierman Keur 8

Ettie Bierman

"Bitter bloeisels: Rothea Beukes is gewikkel in ’n stryd teen die groot Duitser Dieter Richter – die prys is voogdyskap van die jong Albie Richter, wie se ouers in ’n botsing gesterf het. En dan volg daar ewe skielik aanslae op Albie se lewe . . . Daar kom ’n tyd: Wanneer haar man in ’n motorongeluk sterf, is Marinda ontredderd en alleen. Sy vra hulp by haar oorlede man se broer, Hugo, maar dié man glo sy is ’n blote fortuinsoeker. Kaptein Casanova: Kaptein De Villiers van Jakaranda-lugdiens het ’n oog vir ‘n mooi nooi, tot die onsteltenis van sy verloofde, die hoofwaardin Janine; hy maak haar lewe vir haar regtig moeilik. Maar ál die passasiers op vlug 013 se lewens word onherroeplik verander wanneer dit blyk dat ’n teddiebeer op ’n ou oom se skoot meer as net ’n speelding is!"

Ruisdal se nuwe chirurg

Serena Steyn

"Op universiteit was Magdali verlief op verkeerde-kant-van-die-spoor Dolf. Nou is albei dokters – sy ’n internis en hy ’n ortopediese chirurg. Magdali het ook ’n mislukte huwelik in haar verlede. Dit was haar pa wat die verhouding met Hanro sterk aangemoedig het, maar nou het haar kortstondige huwelik ten einde geloop. En Magdali se pa sit met ’n problematiese jong tweede vrou wie se gedrag hom tot geldverduistering dryf. Wanneer Dolf hoor dat Magdali geskei is, keer hy terug na Suid-Afrika van Switserland en koop ’n aandeel in die ortopediese praktyk by Ruisdal Hospitaal. Hy gebruik haar pa se misdryf om Magdali te forseer om ’n jaar lank met hom in ’n skynhuwelik te tree, in die hoop om só van lastige meisies te ontsnap. Magdali besef gou dat sy steeds smoorverlief is op Dolf en dat hy ook baie sterk aangetrokke is tot haar. ’n Nag van passie lei tot ’n skokkende ontdekking vir Magdali, terwyl dit juis toe lyk asof Dolf Switserland en een van sy ander meisies gekies het. Sal hulle twee se ou-ou liefde en respek vir mekaar oorwin? "

Lydia en die loodgieter

Anita du Preez

"Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter?
Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter?
Kunsdosent Lydia woon heerlik in haar eie huisie in Observatory, waar sy haar bed met niemand hoef te deel nie. Veral nie met haar eksman nie – die dodelik aantreklike maar neurotiese professor Bernard le Fleur. Totdat die loodgieter haar wasbak kom regmaak. Joshua Ferreira is ’n fees van ’n man. Sy donkerblou oë kyk tot diep binne-in Lydia en sy sterk hande skud dinge in haar wakker wat sy lankal afgeskryf het. Nou is alles anders. Bernard begin egter medikasie neem vir sy obsessief-kompulsiewe gedrag en hy wil Lydia terughê. Een van haar skilderye word gekies vir ’n uitstalling by ’n eksklusiewe galery in Parys, en daar, in die pragtige, romantiese stad van die liefde, vorder sake vir Lydia tot by ’n kruispad. Wie moet sy vertrou? Haar mooi, slim professor, of die sterk, sexy loodgieter? "

Êrens is daar liefde

Schalkie van Wyk

Die dag toe Lara Wiese haar werkgewer, oom Ryno, saam met die verleidelike Monette Wiegand in sy kantoor betrap en hy kort daarna in ’n ongeluk sterf, word dié geheim ’n ontsettende las in haar lewe. Want hoe moet sy oom Ryno se vrou se beskuldigings weerlê dat sy wat Lara is vir sy dood verantwoordelik was, sonder om die waarheid oor sy ontrou te verklap? Haar enigste getuie is die enigmatiese Wiehahn wat saam met haar by oom Ryno se kantoor aangekom het. Met sy silwerblou oë vind sy hom onweerstaanbaar aantreklik, maar wie is Wiehahn werklik? En wat is sy verbintenis met die pragtige Monette? Uiteindelik, moet Lara leer, ken slegs die hart die ware antwoorde.

Sê groete vir pappa

Ena Murray

Nadat Reino Vos se vrou, Chrisma, hom so onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat het, bedank hy as predikant; word hy doodgewoon meneer Vos – hoof van die Sonopkinderhuis. Dit is in dié hoedanigheid dat hy weer kontak maak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie sy Chrisma weggeloop het. Hoewel aanvanklik bitter teensinnig, willig Rita weldra in om as huismoeder in die kinderhuis op te tree en begin ’n innige vriendskap mettertyd tussen haar en Reino groei. Maar toe die nuwe dogter, Madelyn le Roux, tot die kinderhuis toegelaat word, verander alles asof oornag; ontaard hul rustige, beskermde bestaan in ’n nagmerrie, en verloor Rita alle hoop om ooit weer tot Reino deur te dring . . .

Bruid uit die vreemde

Ena Murray

"Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is. Sy haat dié aanmatigende Estienne de Savoye begin soek, het hy – én haar broer Jacques – spoorloos verdwyn.

Sarah du Pisanie Omnibus 6

Sarah du Pisanie

"In Liefste Koos bevind Elsa Fourie haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar verloofde, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kán die tog meemaak. In Jakkalswater rig Oom Bennie ’n moeilike versoek tot Daan: daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal, en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan eers met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want ’n vrou alleen tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee. En in Die winskopie kry Gerhard Fouché snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers in Lüderitz en later in Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun aan sy sy ’n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sy toesig plaas."

Ena Murray Omnibus 36

Ena Murray

"In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normaal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie en wêreldwyse Renier by hul eerste ontmoeting dat hulle lewensmaats gaan wees. Maar hulle moet eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kan waardeer . . . En in Môre lê ver word rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Sy word ’n belangrike les geleer: dat ryk nie gelyk aan beter is nie. "

Satyn Omnibus 2

Helena Hugo

"In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding met die model-mooi Suzette. In Ettie Bierman se Die paradysman keer Tinka ná drie jaar in Parys terug na Pretoria. Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor sy weg is, die held van haar drome – haar paradysman – se hart gebreek. Die hart praat ’n taal wat ’n vrou nie altyd verstaan nie . . . En in Anita du Preez se Dokter Dierbaar vind Victoria se eerste ontmoeting met die aantreklike plastiese sjirurg Paul Venter plaas toe sy hom vra of hy iets aan haar Barbra Streisand-neus kan doen. Dié ontmoeting verloop rampspoedig; boonop stamp sy kort daarna sy Lamborghini. Die man is baie aantreklik, maar daar was – en is dalk steeds – hope vroue in sy lewe, veral as ’n mens die koerante en tydskrifte se skinderrubrieke moet glo . . ."

Tryna du Toit-omnibus 3

Tryna du Toit

In hierdie omnibus verskyn Wolwehoek, Die vennootskap en Towerwater. Twee vreemdelinge moet trou om ’n erfplaas te behou. ’n Dokter sluit ’n ongewone kontrak met ’n jong verpleegster om ma te speel vir sy dogtertjie. ’n Skryfster word bekoor deur ’n Karooplaas, maar die mense op die plaas is vasgevang in hulle hartseer verlede.