Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Eendekuil

Tryna du Toit

Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ’n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van dié drie romans ’n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ’n geheel wanneer dit saam gelees word. Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ’n dorpie in die hartjie van die Karoo. In die derde verhaal, Eendekuil, kry Kosie rusie met sy buurman op die plaas Eendekuil, waarna hy moet uitvind die buurman se mooi dogter wil niks meer met hom te doen hê nie!

Wag 'n bietjie

Tryna du Toit

Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ’n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van dié drie romans ’n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ’n geheel wanneer dit saam gelees word. Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ’n dorpie in die hartjie van die Karoo. In die tweede verhaal, Wag 'n bietjie, moet Magriet, 'n stadsmeisie, ’n gerieflikheidshuwelik met die jong boer Barry aangaan.

Die Bolander

Tryna du Toit

Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ’n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van dié drie romans ’n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ’n geheel wanneer dit saam gelees word. Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ’n dorpie in die hartjie van die Karoo. In die eerste verhaal, Die Bolander,is die nuwe skoolhoof ’n selfversekerde jong Bolander met deurborende grys oë. Annie verstaan net nie waarom hy haar so onverskillig behandel nie!

Tryna du Toit-omnibus 1

Tryna du Toit

Die Bolander-trilogie was een van die gunstelinge uit die pen van ’n skrywer wat steeds geliefd is onder Afrikaanse lesers. Hoewel elk van dié drie romans ’n spannende vollengteroman uit eie reg is, vorm dit ’n geheel wanneer dit saam gelees word. Dit is die verhaal van die mense van Saailaagte, ’n dorpie in die hartjie van die Karoo. Die nuwe skoolhoof is ’n selfversekerde jong Bolander met deurborende grys oë. Annie verstaan net nie waarom hy haar so onverskillig behandel nie … Dan is daar Magriet, die stadsmeisie wat ’n gerieflikheidshuwelik met die jong boer Barry moet aangaan. En Kosie kry rusie met sy buurman op die plaas Eendekuil, waarna hy moet uitvind die buurman se mooi dogter wil niks meer met hom te doen hê nie!

Helene de Kock Omnibus 9

Helene de Kock

Man van Gister is ’n plaasroman wat afspeel teen die agtergrond van die Oos-Vrystaat. Twee pare jongmense, Peet en Maryn en Eugene en Elsje hoop op ’n idilliese vakansie op Damplaas voordat die viertal uitmekaar gaan, maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak, is daar diep emosionele onderstrome. Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles, ’n Bruid vir vier Seisoene en Huwelik in die Herfs. In ’n Bruid vir vier Seisoene gaan Sanet Bornman in Venesië vakansie hou. Dis daar dat sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. In Huwelik in die Herfs moet Amara oor verskeie huweliksaanbiedinge dink … In Uur van die Sewester kom Clara, ’n pottebakker, tuis na haar omswerwinge in Italië. Sy ontdek dat daar vreemde dinge aan die gang is in die Oos-Vrystaatse berge – dwelm- en wapensmokkelary. Helene de Kock kyk met deernis na haar karakters. Vier ontroerende verhale wat aan die leser genot sal verskaf tot op die laaste bladsy

Tryna du Toit-omnibus 2

Tryna du Toit

Meegevoer deur hulle jong liefde gee Debbie en Paul hulself oor aan hulle hartsog en verwoes so amper hulle jong lewens in Groen Koring. Paul is ’n rykmanskind en slim en het dit nog altyd maklik gehad en Debbie is skaars agttien. Maar hy sweer trou aan Debbie en belowe haar dat hy na haar sal terugkom wanneer hy klaar is met sy studies. Maar die lewe werk nie altyd na mens se sin uit nie. Wanneer Debbie ’n kindjie verwag weier sy om ’n meulsteen om Paul se nek te wees. Paul en Debbie moet eers ouer en wyser word voor hulle geluk kan vind.In Die goue gerf bepaal die pragtige Elizabeth Bornman haar by haar mediese studies. Sy moes as kind met die vernedering saamleef dat sy ’n aangenome en dus heel moontlik ’n buitegtelike kind is en nou het sy haar voorgeneem om na haarself om te sien. Die man wat haar verower sal iemand moet wees na wie sy werklik kan opsien. Ryk Malan vind Elizabeth onweerstaanbaar, maar hoe moet ’n warmbloedige man met so ’n ysprinses maak? Wanneer Elizabeth na haar werklike ouers begin soek raak sy met die Hugo’s bevriend, min wetend waar sy uiteindelik haar antwoorde gaan vind.

Tryna du Toit-omnibus 7

Tryna du Toit

Die wit ringmuur: Vir Cathy is die wit ringmuur om die ou opstal ’n simbool van haar beskermde lewe. Sy wil wegbreek, haar eie paadjie loop en die lewe daarbuite ervaar. Wanneer sy haar verlowing met Andries Louw verbreek, besef sy dat die einde van ’n hoofstuk aangebreek het. Anderkant die ringmuur wag die wye wêreld, wink die toekoms. Nooit het sy kon droom dat sy sou wou terugkeer na die beskerming van die ringmuur nie.Rooi Malvas: Op ’n deftige troue sien Tina Louw weer vir Philip Serfontein, ’n jeugvriend, maar haar hart behoort aan Hein Venter wat op skei staan. ’n Week voor die egskeiding finaal sou word, beland Hein se vrou, Lalie, egter in ’n ongeluk en word die egskeiding uitgestel. Dan is daar ’n selfmoordpoging en krisis volg op krisis. Uiteindelik is dit ’n pot rooi malvas wat ’n verrassende wending bring.

Christine le Roux Omnibus 4

Christine le Roux

In Skynglans van geluk is Elise onthuts omdat sy in ’n film die hoofrol moet speel teeonoor ’n bekende filmster van wie sy nie hou nie. In’n Vonk van liefde stel ’n boer ’n swanger weduwee aan as bestuurder van die gastehuis op sy Karoo-plaas. In’n Nuwe begin kry ’n vrou die kans om oor te begin na ’n motorongeluk.

Tryna du Toit-omnibus 6

Tryna du Toit

Hierdie omnibus bestaan uit Wanneer die oestyd kom, Die helder lied, Ou liefde en ’n Reëndag in April.

Dandelion Diary

Marguerite Black

Die skrywer se verhaal van haar stryd met Friedreich se ataksie, 'n aftakelende neurologiese siekte, waaraan sy en haar broer sedert hul vroeë tienerjare ly. Haar verslag beeld die fisiese en mosionele uitwerking van die siekte op haar lewe uit. Terwyl die siekte 'n daaglikse realiteit bly, leer Marguerite uiteindelik om op haar eie manier 'te dans'.