Hartland. Deon Opperman

Читать онлайн.
Название Hartland
Автор произведения Deon Opperman
Жанр Сказки
Серия
Издательство Сказки
Год выпуска 0
isbn 9780624056928



Скачать книгу

baie ys,” sê Elisabeth.

      “Ek’s bly jy dink ek’s jou waiter,” is al wat Vlooi uitkry.

      Jan het die hele klein magspeletjie goed dopgehou. Hy kry Vlooi jammer. “Vlooi, jou pa sal jou nog leer ... om man te wees is om vir die vrouens in jou lewe waiter te wees ... dis wat ons gelukkig maak.”

      Hy sê dit met ’n gesig wat verklaar dat die teenoorgestelde eintlik waar moet wees. Almal bars uit van die lag. Jan kan só leesbaar wees, Smuts-baardjie en al.

      — IX —

      Jan is verheug om te sien hoe instinktief hartlik Elna reageer wanneer sy Zweli sien. “Ek het nie geweet jy gaan hier wees nie,” roep sy en gee hom ’n groot druk.

      “Natuurlik,” lag Maria van haar kant af. “Hy’s mos familie.”

      Vir Jan is elkeen van sy gaste vandag belangrik – wel, miskien met die effense uitsondering van Bertus, maar dit sal hy teenoor niemand erken nie, nie eens Maria nie – maar die belangrikste onder hulle is Zweli. Jan sien hoe Zweli en Bertus blad skud, begin gesels asof hulle mekaar gister nog gesien het en nie die gesprek kon afhandel nie.

      Jan hoor Elna sê: “My pa mail nou die dag hy voel amper hy hoef nie meer werk toe te gaan nie.” Hy sien hoe Adriaan se kop in haar rigting swaai. Soos hy verwag het, staan Adriaan dadelik nader om te hoor wat gesê word.

      Adriaan is fabrieksbestuurder en sien Zweli op ’n daaglikse basis. Hy’s seker angstig om te hoor of Elna enigiets verklap oor haar toekomsplanne.

      “Ja-nee, as Zweli so aangaan, gaan ek ook binnekort nie meer ’n job hê nie,” sê Adriaan. Jan is verlig om te sien dat hy die opmerking in ’n groot glimlag verpak.

      “Waarvan praat Oom?” Zweli draai na Bertus en Elna, “Ek’s net dankbaar oom Adriaan het my nog nie gefire nie.”

      Adriaan se humorsin laat hom in die steek. “Jou fire? Hoe fire ek ’n man wat vyftig persent van die aandele besit?”

      “Te danke aan my pa. Aandele waarborg jou nie ’n pos in ’n maatskappy nie.” Jan swel van trots. Zweli het die gesprek meesterlik hanteer.

      “Dis waar. Dis waar.” Adriaan verskoon hom – Antoinette het geroep.

      Van waar hy staan, kan Jan hoor hoe Zweli se stem effens in toon sak en hoe ernstig hy is wanneer hy die gesprek afsluit: “Alles wat ek van die besigheid weet, het jou pa my geleer. Leer my nog steeds.”

      Zweli is Jan se vennoot, heelwat jonger as hy. In die jare wat kom, gaan Zweli ’n baie belangrike rol te speel hê in African Queen Cosmetics. Zweli het sy pa se aandele in die maatskappy geërf, en hy is baie trots daarop dat die maatskappy wat hy en Zweli vandag bestuur, nie alleen Mabuzo se drome verwesenlik het nie, maar ook aangevul het. Daar was nog nie ’n enkele jaar dat hulle nie ’n wins kon toon nie. Hul groeipersentasie is dikwels in die dubbelsyfers.

      African Queen Cosmetics was ’n maatskappy wat nooit moes bestaan het nie. Mabuzo het destyds in Alexandra gewoon toe hy naweke in Jan se tuin gaan werk het. Jan het van die vriendelike Mabuzo gehou en hulle het dikwels aan die gesels geraak. Oor vrouens, kinders en die dinge wat die lewe moeilik maak. Toe Mabuzo die idee kry vir ’n maatskappy wat grimering sal maak vir Suid-Afrikaners, was dit na Jan wat hy gegaan het met sy idee. Ná ’n paar weke het Maria opgemerk dat Mabuzo nie meer Saterdae kom om by Jan in die tuin te werk nie, maar reguit na sy studeerkamer is, waar die twee die hele oggend om gesit en praat het.

      Dit was in die middel sewentigs. Die kinders van Soweto het in opstand gekom nie lank nadat Mabuzo en Jan hul papiere onderteken het nie. Jan het ’n prokureursvriend gekry om vir Mabuzo ’n maatskappy in Gabarone te laat registreer, waarmee hulle die falanks apartheidsburokrate omseil het om African Queen Cosmetics op die been te bring. Jan was vir Mabuzo die ideale vennoot – die detailman wat die fabriek beplan het, al die stelsels geskep het en gesorg het dat hulle ’n gedissiplineerde werkerskorps opbou. Mabuzo was die verstand van African Queen Cosmetics. Hy het die bemarkingstrategie beplan en ’n bemarkingspan sonder weerga om hom versamel. Die eerste tien jaar het hulle ’n finansiële basis gelê deur as agente op te tree vir buitelandse kosmetiese vervaardigers. Mettertyd het hul eie produktereeks gegroei, en uiteindelik kon hulle die agentskappe sluit.

      Ongelukkig het Mabuzo nie geleef om daardie dag self te kon ervaar nie. Gelukkig het Mabuzo, aanvanklik met Jan se hulp, Zweli al die geleerdheid gegee wat hy by universiteite en nagraadse kursusse kon opdoen. Zweli het twee jaar voor Mabuzo aan tuberkulose gesterf het, by African Queen Cosmetics ingeval as leerling. Mabuzo het hom gementor so ver hy kon en hom deur die range aan bemarkingskant geneem. Zweli het baie geleer en toe Mabuzo wegval, het die mentorsmantel op Jan se skouers geval.

      Jan doen wat hy kan by die werk, maar Zweli se vordering was in elk geval meteories genoeg om almal se vertroue in hom te regverdig. Nou moet Zweli net met die sleutelspelers van die toekoms – Adriaan, Bertus, Elna en Boetjan – ’n bondgenootskap vorm soos hy en Mabuzo destyds gesmee het.

      Daar is soveel wat hy hulle almal nog moet leer, dink Jan. Hulle almal.

      Hy raak weer met die vuurtjie doenig. Die rook jaag hom om die vuurtjie, en nou kan hy sien hoe Antoinette vir Adriaan nader lok met ’n onmiskenbare boodskap van die heupe. Wanneer Adriaan langs haar staan, plaas sy haar een hand op sy bors, sodat sy met die bietjies hare in die kuiltjie van Adriaan se nek kan speel. Dan trek sy hom daaraan nader, sodat hy effens moet buk om te hoor wat sy in sy oor fluister.

      Jan merk dat haar oë na Zweli beweeg terwyl sy fluister.

      Hy sal nie verbaas as sy besig is om gif te sis in haar man se oor nie.

      Jan beweeg verder om die vuur, naby genoeg om Adriaan se antwoord aan Antoinette te kan hoor: “Ken die weë van jou vyand, my vrou. Hou hom naby en ken sy weë.”

      Ons sal sien, dink Jan. Julle sal sien.

      — X —

      Dis vir Neil moeilik om te sê hoekom dit vir hom so anders is hierdie keer. Hier sit hulle nou in oom Jan se jacuzzi, omdat Esmé gesê het hulle moet. Esmé, Gerhard, Vlooi en Elisabeth. Laas toe hy hulle gesien het, was Esmé nog ’n jong student en sou sy nie met die kinders gespeel het nie. Gerhard was toe meer sports as nou, lewendiger, minder, wel, wat noem mens dit, heilig? Nou sit hy net daar, sê nou en dan iets, en wanneer hy dit sê, is Esmé die enigste een wat kan verder praat. Hy is só depro. En Vlooi wil net politiek praat, heeltyd. En hy wat Neil is, wil net inhaal, nuus hoor, maar sy neefs en niggies is nie die soort wat sommer ’n once-over van hul lewensgeskiedenis gee nie.

      Maar dis lekker!

      In Vancouver kan hy nie eens drink nie, hy’s nog te jonk, maar Vlooi laat hom sy bier deel. Sy appelsap staan daar eenkant, in case sy pa verbykom. “Drop die bier in die water,” het Vlooi gesê, “die oomblik dat jy jou pa gewaar.”

      Vlooi het hierdie ding wat hom krap. In die sitkamer was dit al soos in “ek sê julle” dit en “ek sê julle” daai. As dinge aangaan soos nou, is Suid-Afrika een van die dae nes Zimbabwe. Daar’s ’n dude hier, Ma Lêma of so iets. Hy’s Suid-Afrika se eie Mugabe, sê Vlooi. En dan gooi Gerhard sy nat kombers oor die issue: “Ja, maar wees nou eerlik – mense soos hy is ’n klein minderheid.” En dan gooi Vlooi soos in heavy sarcasm: “Iiiiis dit? Daai ou praat vir die jong swart massas, en daar’s miljoene van hulle. Die land gaan eers ’n ashoop wees voordat daai jong massas uitgefigure het hulle moes miskien na iemand anders geluister het. Dis wat met elke staat in Afrika gebeur het.”

      In die sitkamer al was dit lekkerder om na Elisabeth te kyk. Wow! Laas het sy nog drade om haar tande gehad en het sy altyd sulke hemde met lang moue gedra. Lang moue saam met jeans! Jy’t nooit haar skouers gesien nie, laat staan nog daardie twee borste. En sy groei nog! Hulle is nog nie soos hulle eendag gaan wees nie. A mouthful of fun, sê die ouens in Vancouver.

      Hy het maar met sy handdoek voor sy swembroek jacuzzi toe gestap en eerste ingeklim