MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Die Meissner-kliniek

Ena Murray

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ’n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ’n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ’n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ’n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner!

Die grondbaron

Schalkie van Wyk

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . .

Die bruidseisoen

Helene de Kock

Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wéét dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronjé en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.

Die bruid van Blouberg

Susanna M. Lingua

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir ’n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter ’n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer?

So was dit

Johan van Wyk

Johan van Wyk beskryf ’n platteland propvol enigmatiese karakters en ongewone gebeurtenisse. Saam met hom betree jy die wêreld van Stefaans-sonder-sokkies, die Beenpense van Draaikraal, ant Hettie Poortjies en Gert Kriedoring – en ’n era van eenvoud en outydse waardes. Sy stories gaan oor windpompe, skuurdanse, die uitgestrekte vlaktes van die Hantam, Aga-stowe, baaisiekels en boorgate . . . en mense wat teen die armoede in probeer boer. Dit verklap egter ook iets van die lewensreise waarop ons gaan en dit wat ons in ’n leeftyd oor dinge soos liefde, verlies, geluk en sterflikheid leer.

Hospitaaltyd

François Bloemhof

Rudi is nou al twee keer deur iemand in ’n motor agtervolg. Daar is reeds drie kinders van sy skool deur ’n motor omgery en elke keer het die skuldige weggekom. Die eerste een wat omgery is, is Suné, sy meisie. Wat is haar verbintenis met die ander twee? En hoekom tree die kinders wat omgery is so anders op wanneer hulle uit die hospitaal kom? Min weet Rudi dat hy baie na aan die antwoorde op al sy vrae is, en lig gaan hy nie daarvan afkom nie . . .

Liefde is nie tjoklits nie

Helen Brain

Wat maak ’n meisie wanneer sy die eerste keer in haar lewe verlief is? Op ’n ou met oë so donker soos Bel-giese tjoklits? ’n Ou met ’n tergende lag en seesout op sy lippe? ’n Droomou soos Scott . . . Hoe vang jy hom? Dít is Tamara se probleem. En dit sou geen probleem gewees het as dit nie vir Jasmin was nie. Jasmin met die designer-klere wat altyd haar sin kry. Jasmin wat net een doel voor oë het: Scott. Watter kans het ’n beginner soos Tamara teen ’n ervare flirt? Iets drasties sal moet gebeur. Soos ’n totale makeover. Ander hare, klere en houding. Hopelik is dit nog nie te laat nie. Hopelik het Scott nog nie finaal vir Jasmin geval nie. Maar is hy ooit so genuine soos hy maak? Of speel hy net met almal se gevoelens?

Klassiek reeks: Abjater wat so lag

Wilma Stockenström

Hierdie merkwaardige bekroonde roman (die Hertzogprys vir prosa in 1992) het as verteller ’n eenkantvrou en oujongnooi wat (op ’n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe – as ’n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. Sy vertel van die insig in die dood wat sy só by die baie sterwendes gekry het. Dan raak sy ook uiteindelik sterwensbegeleidster vir Abjater, ’n man wie se goue lag sy in haar jongdae bewonder het, iemand wat vir haar soos ’n “uitverkorene” gelyk het.
So peins die verteller aan die einde van ’n lewe waarin sy, soos sy elders sê, “by die dood ingeboek” was: “Miskien het ek met die dood getrou, kom dit by my op . . . maar nou raak ek sat vir hom. Hy bly my pal besoek. Hy bring net woeligheid.”

The Cupid Club

Cheryl Ntumy S.

Amarava Maake and her group of long-time girlfriends have grown increasingly tired of the dating scene. They therefore decide to change their approach to finding the perfect man – instead of every woman for herself, they’ll find potential mates for each other. This is how the Cupid Club is formed. Each friend gets a turn to find three dates for one of the others to choose from. The choice is solely made on clues given by the one who plays Cupid for the night. When Amarava’s turn comes to pick one of the secret candidates, she chooses “Mr Picture Perfect and guaranteed fun”. Professional photographer, David Kwena, is gorgeous and witty and the two hit it off immediately. But when it is later revealed that David is the same man that broke her close friend Botho’s heart many years before, tensions arise and the club’s long-standing friendship is in jeopardy. Botho and David were high-school sweethearts. When Botho had a pregnancy scare, she turned to David, sure of his support. But David disappeared and she could never forgive him for that. Botho and the friends in the “Botho camp” are adamant that Ama should break off her budding relationship with David. But it has been thirteen years since the incident and David is not that naïve seventeen-year-old boy anymore. Will Ama honour the code of the Cupid Club or will she take a shot at love with her new photographer beau.

Sister-Sister

Rachel Zadok

Zadok's prose has been called «intense, lyrical and absorbing» (Telegraph). She returns with an unforgettable story in which folklore blends with the every-day and dreams with reality.
Sister-Sister is the compelling story of twins, Thulisile and Sindisiwe Nxumalo, set in a dystopian near-future South Africa. In childhood, gregarious Thuli and stuttering, introverted Sindi, are inseparable. But the arrival of an uncle they never knew they had sets into motion a course of events that will destroy their relationship and, eventually, their lives.
“That night, I slip into her mind and dream her dreams. I see myself, Thuli strange and disconnected and the wrong way round, like I’m stuck in a mirror. We walk across the patch of veld to Saviour’s Pit Stop, our arms crooked at the elbows and linked together. The sky is silver-blue and the propeller on the Legend winks as it tunrs slow in the breeze, fanning our cheeks. The colour of her dreaming is sharp, as if our lives then were so much brighter…”
The novel is told in five parts, interweaving present and past, as the twins unwind tragic stories and find salvation in the most unexpected of places. This is the second novel from the highly lauded author of Gem Squash Tokoloshe.