MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Deur ruite van die reis

Melanie Grobler

Melanie Grobler verstaan die kuns om die leser los te maak van die aarde en die aardse: Die reistema, geografies sowel as deur streke van die gees, is dan ook ’n bindende en fassinerende faktor in haar nuwe digbundel. Ook die reis na die gedig, en telkens sien die leser die digter onderweg na die gedig. Die spreker van die verse vereenselwig haar dikwels met sjamaan-figure of mistici of gestorwe voorouers en hul transendentale reise. Die digter se reis stem dus by implikasie ooreen met dié van die sjamaan wat die doderyk besoek om iets waardevols vir die lewendes terug te bring. Grobler se beelde is verrassend en lewenskragtig, en dit lok die leser om teen vermoedens in na betekenis te soek. In ’n sekere sin is hierdie soeke na ’n ewig ontwykende betekenis die ware betekenis van ’n gedig. Betowerende en evokatiewe verse.

'n Nuwe wildernis

Ben Viljoen

Op Oshikango naby die grens tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika breek die hel los. In die loopgrawe krimp jong soldate ineen. Skaars ses maande gelede was die meeste van hulle nog op die skoolbanke, nou sit hulle in die vuurkring van die vyand vasgevang, ’n kring wat meedoënloos om hulle toetrek . . .
Hierdie rou, eerlike verkapte roman bied ’n blik op die ervarings van ’n groep soldate tydens en ná die grensoorlog in die destydse Suidwes-Afrika. Die gebeure strek van die aanvang van die oorlog in die vroeë jare sewentig, deur die sogenaamde derdemagbedrywighede wat die Suid-Afrikaanse politieke oorgang voorafgegaan het, tot aan die vooraand van die WVK. Op jong soldate soos Cassie Carstens, Leo Steyn en Khanda Mahlatini laat die verskrikking, ontnugtering en absurditeit van die oorlog en die verwoestende nadraai daarvan letsels wat hul lewens onherroepelik verander.
A raw, honest look at the experiences of a group of soldiers during the border war in Namibia, told in a fragmented novel. The horror, disillusionment and absurdity of war is revealed in story after story. Stretching from the start of the war in the 70s until shortly before the transition to democracy, the lives of young soldiers such as Cassie Carstens, Leo Steyn and Khanda Mahlatini are scarred for life by the war and its aftermath.

Driveway Divatjie

Annalise Wiid

Soet, mooi woorde kan mens mos raam of in jou Bybel bêre of teen jou hart vasdruk. Hulle las niks by jou heupmaat nie en verwelk ook nie weens die geringste bietjie hitte nie. Woorde van liefde en waardering kan koel skadu’s gooi oor ’n songeskroeide gemoed en ’n volmaan laat skyn in ’n hart wat onontwykbare donkertes moet deur. Opregte, fyn gekose, koesterwoorde kan vaaltes kleur en droogtes breek. Hierdie boek is gevul met sulke woorde. Dit bied die leser ’n versameling essays met spesiaal uitgesoekte woorde. Woorde wat jou sal goed doen. Woorde wat jou lewe sal verryk. Woorde wat jou sal laat voel jy word verstaan en waardeer. Woorde wat jou Lig sal bring. Só deel Annalise Wiid met haar lesers 56 essays wat sal bemoedig en inspireer, wat lesers sal wil lees en wéér lees.

Brand Pretorius - aan die stuur

Brand Pretorius

Brand Pretorius wéét wat dit beteken om 'n leier te wees: in sy loopbaan wat oor vier dekades strek het hy aan die hoof van Toyota Suid-Afrika en die McCarthy-groep gestaan. Hy weet dat leierskap vra dat jy soms moeilike besluite moet neem, ongewilde besluite. Maar besluite wat op lang termyn in die beste belang van die onderneming, die werknemers en die aandeelhouers sal wees.
In hierdie boek praat Pretorius openhartig oor die lesse wat hy as leier en uitvoerende hoof geleer het. Hoewel hy geen doekies omdraai nie, bly sy verhaal inspirerend en positief. Hy illustreer sakelesse met staaltjies uit sy persoonlike en professionele lewe: soos die voorreg om saam met 'n Formule-1-renjaer in 'n renmotor te kon klim.
Hierdie boek gee 'n seldsame blik op wat sukses in plaaslike besighede dryf en hoe leiers hul ondernemings aan die lewe kan hou in Suid-Afrika.
Die boek is in die eerste plek van belang vir sakelui, maar Brand Pretorius se lesse in leierskap kan met vrug op enige terrein van die lewe ingespan word.
'n Besielende en boeiende boek.

Wolf, wolf

Eben Venter

Op die skerm van die kring-TV sien hy dit: twee skerp gepunte hondeore by die voorhek. ’n Wolfhond? Hy hou die knoppie in en tuur na die blougrys nagtoneel – en die buitengewoon groot hondekop wat hom stip aanstaar. Daar is iets aan die stil blik van die donker oë wat nie heeltemal reg lyk nie, en die oomblik dat die hees stem oor die luidspreker kom, weet Mattheüs wat dit is. “Matt,” sê die hondebek, “dis ek. Maak oop asseblief.” Mattheüs Duiker, seun van Benjamin Duiker, eertydse eienaar van Duiker’s Motors, maak die hek van die Kaapse herehuis oop vir sy minnaar Jack. Vermom soos ’n wolf dring Jack die intieme donkerte binne waar Matt wag dat sy pa doodgaan sodat sý lewe kan begin. Blinkoog oor die vooruitsigte sluip die twee jonges verby die studeerkamer waar die blinde ou man, deurdrenk van droewe verknogthede en donker vermoedens, sit en wag vir die voetval van die dood. Eben Venter se roman is ’n diepsnydende ondersoek na die verhouding tussen pa en seun, na die ontreddering van ’n man wat bitter min uit die verlede kan neem om hom toe te rus vir ’n lewe in ’n snel veranderende bestel. Intens. Ontstellend. ’n Meesterlike ontrafeling van die dun lyn van gevoel – Venter aan die toppunt van sy vermoëns.

Brand Pretorius - In the Driving Seat

Brand Pretorius

Brand Pretorius knows what it means to be a leader: he was at the head of Toyota South Africa during its heyday, and took over as chief executive at the McCarthy Group. He knows that leadership means making hard and unpopular decisions with an eye on the long term.
He writes about his four decades in business and the lessons he learnt. He illustrates his lessons on leadership with tales from his highly regarded career in motoring, like how it feels to be in a Formula 1 racing car with one of the world's best drivers.
This book gives a rare insight into what it means to do business in South Africa, and how a South African business leader can navigate all of our country's complexities.
Filled with the wisdom of hard experience, with lessons which, though aimed in the first instance at business people, can be applied in any sphere of life.
An inspirational and gripping book.

Speurhond Willem in New York

Elizabeth Wasserman

Adriaan en Willem, sy speurhond-troeteldier, se vyfde avontuur saam speel af in die stad van geel taxi's, wolkekrabbers en warmbrakke! Toe Willem een middag daarop aandring om gebad te word, kry Adriaan dadelik snuf in die neus. Kort daarna skryf Willem homself vir 'n hondekompetisie in, en toe Adriaan hoor die eindronde word in New York gehou, word sy vermoedens bevestig: die Internasionale Speurdiens benodig weer Willem se dienste.

Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe)

Eleanor Baker

In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil hê en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” sê Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman, “. . . ek glo ek sal eendag blom.”

Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook

Jürgen Banscherus

Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie! Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . .

Speurder Kwaaikofski 2: Die geheim van die vlieënde koei

Jürgen Banscherus

Hierdie keer is Kwaaikofski in die platteland, maar dit is alles behalwe ’n vakansie! Die dorpie waar hy gaan kuier het ‘n goeie speurder dringend nodig. Met sy aankoms gewaar hy ’n vreemde, blou rubberkoei wat deur die lug vlieg. En later vind Kwaaikofski ’n harige koeistert in sy bed, saam met twee lang, bleek bene! Iemand probeer hom beslis die skrik op die lyf jaag . . . Gelukkig sorg die mooi meisie, Julie, dat die lewe tussen koeie, trekkers en gruwelike skurke darem nie té ondraaglik raak nie.