François Bloemhof

Список книг автора François Bloemhof


    Kaptein Pipskwiek

    François Bloemhof

    In die vernuwende strokiesboek Kaptein Pipskwiek moet die bleeksiel Danie skielik ’n geweldige taak aanpak: om die aarde teen ’n gevaarlike aanvaller te beskerm. Nou dra hy ’n kostuum en kan hy selfs vlieg – hy is ’n gemaskerde superheld! Alles is egter nie net pret en avontuur nie, want dit gaan sleg by die huis. Danie se stiefpa en -broer gee hom probleme en verder wil dit lyk of sy ma sieker raak elke keer as hy in Kaptein Pipskwiek verander. Hoe kan hy dan die dorp red? Hy sal vinnig die regte besluite moet neem …

    Vir altyd

    François Bloemhof

    As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe ’n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en ’n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige “vir altyd” moontlik is? Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.

    Vergeet my nie

    François Bloemhof

    Mardaleen Derks was die wenner van Huisgenoot en kykNET se tweede fliekkompetisie met haar vertelling van hoe haar en haar man, Hugo, se liefdespaadjie geloop het. Dit was voorwaar geen eenvoudige paadjie nie. Hulle ontmoet skrams. Ontmoet weer – en vind mekaar. Maar só maklik gaan dit nie wees nie, want so diep as wat hulle gevoel vir mekaar mag wees, beur die twee in heeltemal verskillende rigtings . . . Kom reis terug in die tyd (1997 tot 2000) vir hierdie twee mense se sonderlinge verhaal. Dis ook ’n reis deur verskillende ruimtes: van Potchefstroom tot Londen tot Kaapstad tot Namibië. Met skerp karakterisering en fyn hantering van emosie het François Bloemhof – wat geen bekendstelling nodig het nie – dié gegewens omskep in die soort liefdesroman wat jy nie dikwels aantref nie. Lees dit. Deel dit.

    Vir die voëls

    François Bloemhof

    Sampie en Irma de Klerk was die wenners van Huisgenoot se liefdesverhaalkompetisie, ter viering van dié tydskrif se honderdste bestaansjaar. Hul verhaal, ’n eg Suid-Afrikaanse een wat vertel hoe hulle in die jare sewentig talle struikelblokke te bowe moes kom voordat hul (onwaarskynlike) liefde kon seëvier, was ook die inspirasie vir hierdie heerlike roman. Dit is ’n verhaal propvol humor, deernis en, ja, romanse. Die gelyknamige HG100-eeufeesfliek word aan die einde van 2016 vrygestel.

    Die vrou met die pers oog

    François Bloemhof

    Chris en Martie is in ’n nuwe skool, maar van die eerste dag af kom hulle agter alles is nie so gewoon soos dit maar in skole is nie. Hulle nuwe maats begin snaaks optree, en dan is daar die outjie sonder hare en die vreemde biblioteekjuffrou. Toe hulle stadig maar seker ingetrek word in dié eienaardighede, besluit Chris en Martie om ondersoek in te stel – en dis nie lank nie, of hulle beland in die kloue van die vrou met die pers oog.

    Die vierde stem

    François Bloemhof

    Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak François Bloemhof se werk minder definieerbaar – en hier is weer ’n storie wat geen resep volg nie. ’n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beïnvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as dié drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in die gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat jy nie aldag kry nie.

    Pad na jou hart

    François Bloemhof

    Iets anders! François Bloemhof slaan ’n nuwe rigting in met ’n roman gebaseer op ’n draaiboek deur die bekende akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts. Hulle speel in die gelyknamige rolprent en dié pad van liefde het meer as net ’n paar kinkels en draaie. Basson is ’n verwaande jong man wie se pa aan hom ’n lys uitdagende opdragte bemaak as hy die familiebesigheid wil oorneem. Hy het boonop min tyd. Wanneer Basson ’n sorgvrye meisie met haar eie lys onafgehandelde sake ontmoet, gaan sy dinge vir hom makliker of moeiliker maak? Kom vind die antwoord – en jóú ware noord.

    Lady with the purple eye (school edition)

    François Bloemhof

    Chris and Marley are in a new school and from the word go they discover that things are not quite the same as in other schools. Their new friends start to behave strangely, not to mention the guy with no hair and that weird library teacher … When they are slowly but surely sucked into a series of disturbing events, Chris and Marley decide to investigate – and land up in the clutches of the lady with the purple eye.
    This school edition of The Lady with the Purple Eye is included in the Department of Basic Education’s National Catalogue for Senior Phase learners. It has been revised and updated with activities for pre-reading and post-reading, questions according to cognitive levels, glossaries and notes on the genre of the novel. Memoranda available online at www.humanrousseau.com.

    Die vampiere van Londen

    François Bloemhof

    Dit is veronderstel om vir Ken en sy gesin ’n opwindende vakansie in Londen te wees, maar dit ontaard in ’n verskrikking toe hy en die tweeling agterkom ou Mr Ratcliff se hoofbediende, Parker, nie is wat hy voorgee nie. Dan is daar nog die vreemde meisie en die vriendelike seun – waar pas hulle in al die raaisels in? En Miss Sharp en Mrs Burton van die hotel? Wat Ken uiteindelik uitvind, sou hy nooit in sy wildste drome kon glo nie.

    Moord in die beloofde land

    François Bloemhof

    ’n Spanningsvolle roman oor ’n man in wie ’n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die “reëls” van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970’s tot die 1990’s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. ’n Boeiende, intrigerende roman – die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.