MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Elize Parker-omnibus

Elize Parker

Elke vrou vir haarself is ’n meesleurende familiesage oor die lief en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na vervulling in hul professionele én liefdeslewe. Daar is suksesse én teleurstellings, vreugde én hartseer. Dit sal jare wees voordat die donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue, glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik is dit tog die liefde wat seëvier. Amber maan, oker son en ander verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ’n sleutelrol; die vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.

'n Ander mens

Zirk van den Berg

Polisievrou Erica van der Linde het die perfekte manier gevind om te verseker dat getuies onder haar bewaring in die getuiebeskermingsprogram in Kaapstad versteek bly. In plaas daarvan om hulle die beloofde nuwe identiteit, die skoon begin en nuwe lewe op ’n nuwe plek te gee, vermoor sy hulle bloot. Vir ’n tyd lank lyk dit na die perfekte plan: Dit spaar haar tyd, moeite en geld en verlos die wêreld van boosdoeners, een op ’n slag. En wie gaan dié versteekte staatsgetuies, tog in elk geval voormalige kriminele, mis? Gaan enigeen hulle soek? Maar dan kry sy opdrag om Daniël Enslin te versteek, en so ’n getuie het sy nog nooit teëgekom nie. Daniël bewoon, veral danksy die ongure, gewetenlose maar paranoïese Frank, ’n donkerder deel van Kaapstad as enigeen in die stadsbeplanningskantoor waar hy werk. Frank Redelinghuys en sy kriminele aktiwiteite bied Daniël iets om die verveling van sy saai alleenloperbestaan teen te werk. Dit begin, soos alle dinge, klein, en, soos dikwels, met ’n geheimsinnige pakkie. Kort voor lank het Frank ’n geweldige houvas op Daniël. Maar die aand wanneer Daniël sien hoe Frank ’n prostituut vermoor, begin sy gewete aan hom knaag. Wanneer die koerante daaroor berig, begin hy verder te twyfel. Wat sal gebeur as Daniël sy vriend aan die polisie probeer uitlewer? En het Acker Frank, ervare speurder wat hy is, wat dit vat om Frank te uitoorlê? Wanneer Daniël Acker kontak is Acker buite homself van opwinding, want hier is die goue kans waarvoor hy al lankal wag. Maar hy is dadelik op sy hoede, en skielik besef Daniël dat hy hom in veel groter gevaar begewe as wat hy ooit verwag het. Ná Daniël se wenk, trek Acker Frank vas, maar wanneer Frank se trawante Daniël byna noodlottig aanrand, blyk dit dat Frank die speurder steeds ’n paar treë vooruit is. Hulle probeer om Frank te laat glo dat hy daarin geslaag het om Daniël om die lewe te laat bring, maar wanneer hy agterkom dat hy wel nog lewe, is Frank vasberade: Die man moet dood. Niemand kom daarmee weg om Frank Redelinghuys in die rug te steek nie. Daar is geen manier dat Daniël na sy lewe kan terugkeer nie, want dan is hy so goed as dood. Dis wanneer Acker die getuiebeskermingsprogram voorstel. Dit lyk na Daniël se enigste opsie. Hardekwas, bekwaam, prikkelbaar en geheimsinnig. Erica van der Linde is die dogter van ’n speurder, en ’n poliesievrou met, so lyk dit, ’n rekord van eenhonderd persent sukses. Erica neem vir Daniël na ’n afgeleë plaas waar sy vir hulle ’n afgesonderde kothuis gehuur het. Hier sal sy kwansuis vir Daniël in ’n ander mens, met ’n nuwe identiteit, omskep. Hulle stamp koppe. Daniël het lastige vrae. En hy’s anders. Nie so haatlik soos die ander nie. Nie jou uitgeknipte krimineel nie. Maar dan kom die dag van teregstelling, soos Erica dit verkies, en dinge loop vir haar skeef. In plaas daarvan dat sy hom verras, en haar skoot hom sekuur tref, daar tussen die rotse en die niet waarheen sy hom gelei het, kry hy dit reg om te ontsnap. Erica vat die trekpas terug na die kothuis toe, waar sy Daniël inwag, omdat sy weet hy sal móét terugkeer: na kos en water, en die enigste skuiling wat hy het. Daar sal sy hom inwag en die taak afhandel. En skielik is dit vir haar ook ’n taak van lewe en dood, want nou ken Daniël haar geheim, en Daniël kan maklik, baie maklik, haar kollega Acker laat weet . . .

An Exceptionally Simple Theory (of Absolutey Everything)

Mark Winkler

“Tracy lifts a Botoxed lip, shakes her head, minces off on her Louboutins, descends the stairs like a cautious antelope. Gabe is lying on his unmade bed with his arms crossed, glaring at the ceiling, iPod pummelling those so-fragile, once-perfect membranes in his ears. If you look at the maths of it, 3(½) ≠ us. Somewhere, there’s more, has to be more than the pieces of ourselves which we present to each other.”
Chris Hayes is a Capetonian architect about to turn 40. He’s built up a lucrative firm and provides well for his wife, Tracy, and their sixteen-year-old only son, Gabriel. But on the morning of New Year’s Eve, Chris wakes up to persistent scratching in the roof of his Southern Suburbs house, as squirrels chew into the roof-beams. That squeaking and thumping sets off a year of changes: Chris’s adoptive mother has gone senile, Gabriel is a tightly locked secret, even after Chris removes his bedroom door at the hinges, and Tracy is never home and becomes ever leaner through gym and plastic surgery. Chris’s partner is on at him to sell a portion of the business in order to cash in on BEE deals, when he’s not bugging Chris about joining his family for Friday night Sabbath dinner, and Chris wants . . . well, what does Chris want?
An Exceptionally Simple Theory (of Absolutely Everything) is about having everything you want and little of what you need. It’s about being adopted, yet putting down roots; about growing older, maybe growing up; and what might transpire when the rhythms of a suburban life are disturbed.

Witness to AIDS

Edwin Cameron

The moving and powerful story that stunned South Africa: Edwin Cameron – the first public office holder to disclose he was living with AIDS – writes about his decision, his experience and the struggle that millions face in seeking treatment.
Part memoir, part thought-provoking analysis, this book is a vivid exploration of what HIV/AIDS means – for Edwin Cameron as he faces the possibility of lingering death, for all of us in facing one of the foremost challenges of our time.
He explains his decision to go public and to accept anti-retroviral treatment, in a country beset by «denialism». He takes a critical look at what is so different about African AIDS; at the divergent reactions of Mandela and Mbeki to the crisis; the role of international pharmaceutical companies; the intricacies of «race, sex, death and Africa»; and the impact of South Africa’s largest activist group, the Treatment Action Campaign.
Along the way we come to know a number of remarkable people, among others Gugu Dlamini, killed for owning up to HIV infection; Simon Nkuli, brave activist; the unnamed gardener who «died of shame»; and Zackie Achmat, trusted friend and wily strategist.
Cameron integrates the intensely personal with scientific research and a considered examination of the politics and cultural forces at play, particularly in Africa, in a touching human story which ultimately speaks of hope and possibility.

Uur van die Sewester

Helene de Kock

Uur van die Sewester is ’n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Italië en dis eers wanneer ’n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom dat daar vreemde dinge aan die gang is in die berge. Mense praat van dwelm- en wapensmokkelary . . .

The Verwoerd who Toyi-Toyied

Melanie Verwoerd

At two important junctures in her life, Melanie Verwoerd was told to keep quiet. But she had promised two men she loved and admired – Nelson Mandela and Gerry Ryan – that she would not be silenced. This book honours her promises. As a Stellenbosch schoolgirl, Melanie met Wilhelm Verwoerd, grandson of the «father of apartheid», HF Verwoerd, and at age twenty she married him. In the turbulent early 1990s, the two young Verwoerds did the unthinkable by joining the recently unbanned African National Congress. Disowned by family and friends and ostracised by the Stellenbosch community, Melanie persisted on her chosen path. She served in the first nonracial parliament under Nelson Mandela, an experience, often surprisingly funny, recounted here in full colour. Later, as South African ambassador to Ireland and eventually head of UNICEF Ireland, she played on the world stage. She also found personal happiness with Irish celebrity broadcaster Gerry Ryan – until his premature and shocking death shattered not only her heart, but also her career. This is the story – poignant, amusing and tragic in turns – of an extraordinary South African woman who made her own choices and lived her own truth.

The SADF in the Border War

Leopold Scholtz

What led to the Border War, how did it develop – and who won? Military historian Leopold Scholtz offers the first comprehensive analysis in over twenty years of the South African Defence Force's (SADF) role in this war. Drawing on declassified documents, including form the SADF and the State Security Council, he sheds new light on the NP government's true objectives in Angola and the former Southwest Africa, on the SADF's strategy and on its cross-border operations in Angola. Interviews with high-ranking former SADF officers and eye-witness accounts by soldiers who were there contribute to a detailed depiction of operations and battles such as Cassinga, Savannah, Reindeer, Sceptic, Protea and Moduler. Research from the Cuban archives was also consulted. Scholtz offers a fresh take on long-standing and contentious questions, such as what really happened at Cuito Cuanavale. By exploring the objectives of each of the parties and the extent to which it was achieved, he offers a unique answer to the question: Who won the war?

Susanna M Lingua Gunstelinge 2

Susanna M. Lingua

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir ’n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter ’n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer? ’n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met dié van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak ’n verterende vlam . . . tot ’n jaagduiwel op ’n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op ’n vreemde kronkelpad geplaas word. Blom van Venesië: Graaf Marco de Castellano – eiegeregtig, dominerend, baasspelerig. Terri Massyn – tenger, blonde Suid-Afrikaanse vuurvreter, sielsgelukkig in haar oorpak op ’n perd se rug of op ’n trekker aan’t ploeg. Wie gaan vir wie tem op die Italiaanse eiland Santa Teresa? En wanneer die feeks van ’n Genina haar waarsku dat Terri, nes Carla en sy self, ’n speelbal in die hande van die donker graaf met sy broeiende sjarme kan word . . . wie en wat moet sy glo?

Somer van betowering

Schalkie van Wyk

In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering.

Schalkie van Wyk Keur 10

Schalkie van Wyk

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . . In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.