MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Sarah du Pisanie Omnibus 7

Sarah du Pisanie

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ’n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe. Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie? Fort van die kappiedraers: Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ’n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na ’n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!

Niggie

Ingrid Winterbach

Niggie speel af in die laaste maande van die Anglo-Boereoorlog. ’n Groepie Boerekrygers onder wie twee natuurwetenskaplikes, Ben Maritz en Reitz Steyn, vertrek uit die Kolonie om ’n getraumatiseerde jongeling na sy ouerhuis in die Vrystaat te neem. Op hulle tog word hulle ’n paar weke lank in ’n klein opvangskamp deur lede van generaal Bergh se kommando aangehou. Terwyl hulle ’n opdrag vir die generaal uitvoer, word Reitz en Ben egter gewond en daarna op ’n nabygeleë plaas deur drie Boerevroue verpleeg, waar hulle tot aan die einde van die oorlog vertoef. Op die oog af ’n eenvoudige gegewe, maar wat Ingrid Winterbach daarmee doen, daarin lê die verrassende van hierdie roman. Hierdie roman is bekroon met die Hertzogprys in 2004.

My hartjie, my liefie

Sarah du Pisanie

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir die dierbare leerlinge was nie, het sy haar goedjies in ’n japtrap gepak en teruggekeer huis toe . . . na Pieter toe.

Meisie in die reën

Schalkie van Wyk

In Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.

Man van gister

Helene de Kock

Man van Gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na ’n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrome in hul onderskeie verhoudinge. En die aanwesigheid van die nuwe veearts in die omgewing – ’n man met ’n verlede – lei tot verdere omwentelinge.

Fort van die kappiedraers

Sarah du Pisanie

Fort van die kappiedraers: Stieneke Kitshoff het nooit kon dink haar lewe sou oornag so handomkeer verander nie. Skaars ’n week gelede het sy nog geglo Teuns het haar lief . . . dat hy sy buurman, Piet Coetzee, doelbewus oorreed het om haar as goewernante vir sy vier spruite aan te stel, daar op hul verafgeleë plaas in Suidwes. En nou, sewe dae later, is sy saam met die Coetzees op vlug . . . op pad na ’n beskutte fort op Ovikokorero, met Teuns nêrens in sig nie. En die enigste man wat bereid is om haar teen die gewapende vyand te beskerm, is die arrogante lummel Jaap Venter!

Ena Murray Omnibus 37

Ena Murray

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ’n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ’n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ’n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ’n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner! In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ’n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ’n verwende Turkse meisie wat haar rug in ’n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ’n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van dié Turkse stad . . . En in Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .

Dokter Julene

Ena Murray

In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ’n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ’n verwende Turkse meisie wat haar rug in ’n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ’n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van dié Turkse stad . . .

Die voorskootbataljon

Sarah du Pisanie

Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

Die ongebore uur

Ena Murray

In Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .