Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Jakkalswater

Sarah du Pisanie

Oom Bennie rig ’n moeilike versoek tot Daan – daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want ’n alleenloper-vrou tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee . . .

Liefste Koos

Sarah du Pisanie

Elsa Fourie bevind haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar aanstaande, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy haar nuwe reisgenoot, Hermaans Potgieter, oortuig sy kán die tog meemaak . . .

Môre lê ver

Ena Murray

Die verwende rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan word op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Teen haar wil en sin word sy ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan beter nie. En dié les leer sy by Rocco Roux, haar pa se nuwe plaasbestuurder, wat sy verag om sy sosiale stand, maar onweerstaanbaar aantreklik vind as man . . .

Wanneer die nuwe dag breek

Ena Murray

Toe die jong Elfie en die wêreldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . . .

Oase van geluk

Ena Murray

Om saam met jou jonger suster bekend te staan as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens, is miskien nie so sleg nie. Maar as jou sus skielik halsoorkop verlief raak en trou, is dit seker net normaal dat mens self ook begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. Soos haar sus Martina, vind Isolde uiteindelik ook geluk, maar eers nadat sy ’n behoorlike vuurdoop beleef aan die hand van haar nuwe swaertjie Kobus se ouboet Zak daar op hul afgeleë Karooplaas . . .

Skynglans van geluk

Christine le Roux

Skynglans van geluk is die verhaal van Elise, ’n jong Suid-Afrikaanse skrywer wat al geruime tyd in Amerika bly en dan inwillig om in ’n regisseursvriend se nuwe film te speel. Sy is egter onthuts toe sy ontdek dat die manlike hoofrol gespeel sal word deur ’n bekende filmster vir wie sy nie veel ooghare het nie.

'n Nuwe begin

Christine le Roux

’n Nuwe begin gaan oor ’n jong vrou wat ná ’n ernstige motorongeluk aan geheueverlies ly. Sy herken selfs nie haar man met wie sy al vyf jaar getroud is nie. En sy ontdek tot haar ontsteltenis dat die mens wat sy blykbaar die laaste paar jaar was, nie juis ’n aantreklike persoon was nie. Wil haar man haar regtig terughê?

'n Vonk van liefde

Christine le Roux

In ’n Vonk van liefde moet ’n swanger jong vrou ’n nuwe lewe aanpak ná haar man se dood. Sy kry ’n betrekking as bestuurder van ’n gastehuis in die Karoo waar die eienaar van die plaas hom onverwags ook ontferm oor haar persoonlike welsyn, veral ná die koms van die baba.

Aan die einde van die reënboog

Schalkie van Wyk

"Toe Annemarie de Villiers, welgestelde Boeremeisie uit die Kaapkolonie, die onstuimige Boererepublieke besoek om haar vermiste broer op te spoor, het sy geen benul gehad van wat die toekoms vir haar inhou nie . . . Met haar aankoms by haar bestemming ontbreek die blye verwelkoming wat sy te wagte was. Skaars het haar fynversorgde voetjies egter die stasieperron betree, of ’n baie aantreklike, blonde Engelse offisier omhels haar hartstogtelik en lei haar met luide liefdesbetuigings weg. Die “Engelsman” blyk toe ’n Boerespioen te wees, baie aktief betrokke by die Vryheidsoorlog. Die feit dat Annemarie haar hart op hom verloor, dra ook nie by om sake te vergemaklik nie. Sy word daarvan beskuldig dat sy ’n medepligtige was in ’n sameswering teen die Britse regering en slegs haar verraaier-neef se vriendskap met die vyande van sy volk bied haar weer haar vryheid. Haar blonde spioen stuur briefies, blomme, beloftes . . . maar is dit net ’n set om haar samewerking te bekom? En waar bevind haar broer, Jean, hom? ’n Mens kan tog nie sonder meer soos ’n groot speld verdwyn nie . . . "

Die rooikop van Sonnerus

Susanna M Lingua

"Elise Veldman, die beeldskone, vurige rooikoponderwyseres van Sonnerus, se liefde vir Armand van Rijn is besig om haar te verteer. Sy wou hom nie liefkry nie, het al trouens alles probeer om haar gevoel vir die aantreklike nuwe eienaar van haar ouers se buurplaas, Die Wilgers, dood te smoor. Sy word verder getreiter deur sy reputasie as ’n Don Juan wat met al wat meisie is flankeer, net vir eie afleiding en nooit omdat hy ernstig is nie. Elise is egter die een wat sy hart steel, maar sy vertrou nie sy liefde nie, al wil sy bitter graag. Sy kan en sal nie toelaat dat hy haar verneder nie, en tog kan sy nie die warmte van sy liefkosings weerstaan nie. Armand kan nie begryp waarom sy teen haar liefde vir hom stry nie. Toe verskyn Tersia Dreyer op die toneel. Sy is die Vrystaatse meisie, sy ouers se keuse vir hom, en aan wie hy, soos almal glo, oënskynlik verloof gaan raak. Die situasie maak Elise sielsongelukkig. As Armand haar, Elise, werklik so innig bemin soos wat hy sê, waarom skenk hy so baie aandag aan Tersia? Elise besluit om haar te vereenselwig met die feit dat Armand nooit net aan haar sal behoort nie. Al wat sy kan doen is om die betroubare maar onopwindende dokter Piet Beukes, wat so lief vir haar is, te trou. Maar of die besitlike, vurige Armand dit gaan toelaat, is ’n ander saak . . ."