Christine le Roux

Список книг автора Christine le Roux


    Christine le Roux Omnibus 3

    Christine le Roux

    Die ontbrekende helfte: Yvette Faure word deur ’n agentskap as sekretaresse gestuur na die verstrooide professor Rabe se huis. Liefde uit die stormnag:’n Kunstenares soek skuiling in ’n hewige sneeustorm en is dae lank vasgekeer saam met ’n skatryk Kanadese nyweraar. Die gerieflikheidshuwelik wat hierop volg, maak haar die teiken van ontvoerders.Teësinnige erfgenaam: Wanneer die 28-jarige Melissa van Eeden na haar afgesonderde grootwordjare skielik ontdek dat sy die erfgenaam is van ’n skatryk man, weet sy nie hoe om haar nuutgevonde vryheid te hanteer nie.

    Christine le Roux Omnibus 1

    Christine le Roux

    Die eerste omnibus met ’n nuwe omslag. In Die honger hart trou Julia en haar peetpa se plaasbestuurder om die plaas wat hulle geërf het te behou. In Deel van die pakket is Gita van Duinen die nuwe ambassadeur se persoonlike assistent. In Verskuilde liefde vind dr. Edmund Wiese uit dat sy broer se weduwee haar tweeling alleen probeer grootmaak.

    Christine le Roux Keur 4

    Christine le Roux

    In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie ’n vasbeslote vrou moet onderskat nie. In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler ’n oppaster vir sy twee kinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na ’n onwaarskynlike kandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself te bewys. Sý sal na Nicolas se kinders kyk en sommer ook ’n vrou vir hom soek. In Om lief te hê aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool omdat sy wil wegkom van die stad se gewoel. Die plaaseienaar is egter openlik vyandig teenoor haar en maak dit duidelik dat hy nie tyd het vir onhandige stadsmeisies nie. In ’n Veilige hawe besluit Madelein le Grange om met die doodgoeie Johan Brink te trou, al hunker sy na Colin Viljoen – die man wat sy tydens haar vakansie in Durban ontmoet het. Op hul wittebrood in Kaapstad loop Johan en Madelein vir Colin raak, met rampspoedige gevolge.

    Christine le Roux Keur 3

    Christine le Roux

    “Vir die eerste keer voel sy wat die verskil is tussen ’n soen om die skyn te bewaar en een wat haar aan die brand steek sodat sy duisel.” In Die honger hart erf Julia Naudé een helfte van haar peetpa se plaas saam met André Malan, sy plaasbestuurder: op voorwaarde dat hulle trou. Julia beskou dit as Middeleeus en belaglik. Sal sy kans sien om vir een jaar met ’n vreemdeling in ’n gereëlde huwelik te tree sodat sy haar erfporsie kan behou? Gita Duinen, in Deel van die pakket, staan op die drumpel van ’n nuwe lewe. Sy begin as persoonlike assistent vir ambassadeur Frans du Toit werk . . . maar soek hy ’n assistent of ’n vrou? Sake raak gekompliseerd en Gita wil meer as net deel van ’n pakket wees. In Verskuilde liefde is Edmund Wiese weer tuis ná sy broer, Fanie, se dood. Tot sy verbasing is hy ’n oom van ’n tweeling en skuldgevoelens begin weer aan hom knaag. Hy kan sien dat sy skoonsuster sukkel om kop bo water te hou met twee babas. Edmund se loopbaan was sy enigste prioriteit; is veertig te oud om van mening te verander?

    Christine le Roux Keur 2

    Christine le Roux

    “Sy voel skielik so veilig asof sy jare lank verdwaal het en nou uiteindelik op die regte pad is.” Verborge liefde: Roland Meyer en Victoria Malan besluit om slegs ’n huwelik in naam te hê. Beide hou van die gemaklike én gerieflike ooreenkoms en die reëls is tog duidelik genoeg uiteengesit. Maar kitsoplossings kom ’n mens soms duur te staan. Liefdesvallei: Julia Eksteen hoop om haar tesis in die stilte en natuurskoon van Groenvallei te voltooi, maar die hardkoppige plaaseienaar, Gerard Koch, is allesbehalwe verwelkomend. Haar spontane geaardheid laat mettertyd almal op die plaas ontdooi, en skielik lyk almal se lewenspaadjies anders. Tot in ewigheid: Jacques en Kirsten is getroud ná slegs ses hartstogtelike weke. Maar is passie genoeg om te verseker dat hulle getrou aan mekaar sal bly? Uitdraai na Ukuthula: Laetitia Jonker se besoek aan Ukuthula sou net tydelik wees, maar terwyl sy die binneversiering van die wildplaas behartig, raak sy onverwags dieper verstrengel in die nuwe onderneming. ’n Hele nuwe mens: Madie Neethling word dringend uitgeroep om na ’n baba om te sien. Hoekom is die foto’s van Bennie se ma stukkend geskeur en weggegooi? En hoekom wil die pa nie aan sy seuntjie raak nie?

    Christine le Roux Omnibus 8

    Christine le Roux

    Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack ’n les leer wanneer hy nie kans sien vir ’n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack jaloers te maak. “Jy speel met vuur,” waarsku haar vriendin, en inderdaad, onvoorsiene dinge gebeur en veroorsaak dat Nicolette later nie meer seker is of sy haar eie hart ken nie. Die uitkenningsparade: Wanneer Karlien vir Steven Joubert by ’n partytjie ontmoet en hoor dat hy graag wil trou, bied sy aan om hom te help vrou soek. Buitendien het Neil, haar verloofde wat in die Midde-Ooste werk, voorgestel dat sy ’n projek kry om haar mee besig te hou terwyl hy weg is. Sy het egter min sukses met die vrousoek-“projek” en intussen begin sy al hoe meer bedenkinge kry oor haar en Neil se trouplanne. Verlore dekade: Op ’n dag kruis Alexandra Nel se paaie weer met dié van Ryno, die man wat sy al tien jaar lank probeer vergeet. Sy het nie geweet hy is weer terug uit die buiteland nie, en die skanse wat sy om haar hart gebou het, begin stadig verkrummel. Maar daar is die ernstige siekte van haar vriend Louis, en buitendien, Ryno dra ’n trouring.

    Kosbaar soos die lewe

    Christine le Roux

    Kosbaar soos die lewe: Elizabeth Benade wonder of sy die regte ding gedoen het om haar werk by die rekenaarfirma te bedank en as huidhoudster te gaan werk vir die moeilike dokter Richard Nel. Sy seuntjie is ʼn handvol, maar dis duidelik dat die kind smag na warmte en liefde. En dis nie lank voor Elizabeth haar oor hom ontferm en betrokke raak by hierdie pa en seun se lewe nie.

    Geskenk uit die hemel

    Christine le Roux

    Geskenk uit die hemel: Die suksesvolle sakeman Pieter Louw leer Maja ken toe hy haar raak ry: ʼn jong meisie met ʼn rugsak wat hy eers hospitaal toe moet neem. En daarna, toe dit blyk sy het so pas aangekom en ken niemand in Kaapstad nie, neem hy haar saam na sy huis. So begin ʼn voorlopige verblyfreëling wat tot talle onmoontlike en baie snaakse situasies lei.

    Die lente kom weer

    Christine le Roux

    Die lente kom weer: Frans Fourie is ʼn perfeksionis en dus hoogs geïrriteerd wanneer sy ou, ervare sekretaresse met siekverlof gaan en hy gewoond moet raak aan iemand anders. Eers is hy skepties oor die jong vrou wat by haar oorgeneem het, maar Kristien blyk ʼn uitstekende plaasvervanger te wees; professioneel en saaklik, soos hy verkies. Hoekom is hy dan teleurgesteld oor haar koel en onbetrokke houding?