Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Ena Murray Omnibus 37

Ena Murray

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ’n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ’n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ’n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ’n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner! In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ’n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ’n verwende Turkse meisie wat haar rug in ’n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ’n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van dié Turkse stad . . . En in Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .

Dokter Julene

Ena Murray

In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie, en aanvaar oorhaastig ’n tydelike pos as persoonlike geneesheer van ’n verwende Turkse meisie wat haar rug in ’n ski-ongeluk beseer het. Julene het gehoop om sodoende nie net ’n inkomste te verdien nie, maar ook vir die eerste keer in haar lewe die wêreld buite Suid-Afrika te verken. Maar sy is min voorbereid op die eksotiese sjarme en oorrompelende magnetisme van Istanboel – en veral een inwoner van dié Turkse stad . . .

Die voorskootbataljon

Sarah du Pisanie

Die voorskootbataljon: Karlien Joubert se jare lange droom om te boer spat aan skerwe toe die prokureur haar oupa se testament aan haar en haar ma verduidelik. Wie is die vreemdeling wat die grootste gedeelte van haar oupa se plaas, Standersfontein, besit? En waarvan, dink hy, moet sy, haar vier susters en haar ma en tante dan oorleef as hulle nie in die ou plaasopstal welkom is nie?

Die ongebore uur

Ena Murray

In Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland voort te sit – aan die Universiteit van Hamburg, dáár waar die Meissners oorspronklik vandaan kom . . .

Die Meissner-kliniek

Ena Murray

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die land bekend staan as die Mafia! Maar op ’n dag word die vrede en kliniese orde in die kliniek omvergewerp wanneer ’n nuwe trolliejoggie daar begin werk, ’n meisiekind wat lyk asof sy nog op skool hoort met haar jeans en tekkies en twee boksterte. Min weet die ander dokters dat sy eintlik ’n gekwalifiseerde pediater is, én die ware kleindogter van dokter Albert Meissner!

Die grondbaron

Schalkie van Wyk

In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . .

Die bruidseisoen

Helene de Kock

Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wéét dat die liefde die toets van vier seisoene moet kan deurstaan. In Huwelik in die herfs besluit Amara om Londen toe te gaan om helderheid te kry oor haar gevoelens vir Pieter Cronjé en oor sy huweliksaansoek. Die besoek bring haar egter weer in kontak met haar rampspoedige jeugliefde.

Die bruid van Blouberg

Susanna M. Lingua

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet nakom, anders erf Wouter Fouché alles. Geen Brank kon nog ooit nee sê vir ’n uitdaging nie, maar weet Lecia dat dié voorwaardes behels dat Wouter ’n sê het oor haar liefdeslewe en dat sy moet leer boer?

The Cupid Club

Cheryl Ntumy S.

Amarava Maake and her group of long-time girlfriends have grown increasingly tired of the dating scene. They therefore decide to change their approach to finding the perfect man – instead of every woman for herself, they’ll find potential mates for each other. This is how the Cupid Club is formed. Each friend gets a turn to find three dates for one of the others to choose from. The choice is solely made on clues given by the one who plays Cupid for the night. When Amarava’s turn comes to pick one of the secret candidates, she chooses “Mr Picture Perfect and guaranteed fun”. Professional photographer, David Kwena, is gorgeous and witty and the two hit it off immediately. But when it is later revealed that David is the same man that broke her close friend Botho’s heart many years before, tensions arise and the club’s long-standing friendship is in jeopardy. Botho and David were high-school sweethearts. When Botho had a pregnancy scare, she turned to David, sure of his support. But David disappeared and she could never forgive him for that. Botho and the friends in the “Botho camp” are adamant that Ama should break off her budding relationship with David. But it has been thirteen years since the incident and David is not that naïve seventeen-year-old boy anymore. Will Ama honour the code of the Cupid Club or will she take a shot at love with her new photographer beau.

Blom van Venesië

Susanna M. Lingua

Blom van Venesië: Graaf Marco de Castellano – eiegeregtig, dominerend, baasspelerig. Terri Massyn – tenger, blonde Suid-Afrikaanse vuurvreter, sielsgelukkig in haar oorpak op ’n perd se rug of op ’n trekker aan’t ploeg. Wie gaan vir wie tem op die Italiaanse eiland Santa Teresa? En wanneer die feeks van ’n Genina haar waarsku dat Terri, nes Carla en sy self, ’n speelbal in die hande van die donker graaf met sy broeiende sjarme kan word . . . wie en wat moet sy glo?