’n Lang, vreemde pad: Was dit nie vir die skoonheidskompetisie nie, sou Elise Eybers se pad seker nooit met dié van markies Germano de Nobrega gekruis het nie. Hul liefde raak ’n verterende vlam . . . tot ’n jaagduiwel op ’n motorfiets haar geheue in inkswart duisternis dompel en hul liefde op ’n vreemde kronkelpad geplaas word.
Met die aanhoor van die bepalings van haar vader se testament word Natasha lelik ontnugter: geen verdere oorsese reise vir haar nie, geen luuksehotelle en weelderige vakansies meer nie, geen inkomste nie, en die ergste van alles, sy sou vir die eerste keer in haar lewe moes gaan werk. Natasha bevind haar kort voor lank op ‘n verlate uithoek van die Drakensberge waar sy tikster word vir Dewalt de Meyer, ’n beroemde skrywer wat hart en siel aan die werk is aan ’n nuwe rolprentdraaiboek. Hy is ook kliphard besig om oor die verdriet van ’n liefdesteleurstelling te kom. Wanneer Dewald vir Natasha vra om sy vrou te word, vind sy dit aanvanklik eienaardig, maar vir die eerste keer kry haar lewe weer koers. Maar toe die beeldskone Esna le Clus opdaag, verander haar drome in ’n nagmerrie.
“Ek hou hiervan – ’n seenimfie in my arms, wat die golwe vir my uitgespoel het. En nou is jy myne . . . ek wonder wat ek met jou gaan doen?” Sonja Retief kyk in die groot, donker man se gesig en sy wonder weer eens watter kleur sy oë is, want hulle word steeds versluier deur sy digte wimpers. Sy kan nog die kolkende water van die branders op haar voel, die soutwater in haar mond proe, en histerie wil-wil haar weer oorval. Maar die hitte van sy liggaam teen hare bring ’n skielike warmte in haar, stuur ’n rilling van opgewondenheid deur haar hele wese. Arno Landman . . . dis wat haar ouma Hannah hom genoem het, maar hoe ken sy hom? “Arno Landman, van die plaas Erfdeel?” het haar ouma gevra en vir die eerste keer in haar hele lewe het Sonja haar ouma sprakeloos gesien. Hoekom het die jongman só ’n uitwerking op haar ouma gehad, en vanwaar ken sy hom? Hierdie vrae sou nog baie keer deur Sonja se gedagtes warrel voordat sy eindelik die antwoorde daarop sou kry. En sy sou leer dat dit nie net jong mense is wat gekasty word deur die pyn van die liefde nie. Dat ouderdom nie noodwendig ’n skans om ’n mens bou wat jou vrywaar van die pyn wat so lank, lank gelede in jou binneste gebore is, maar wat jy nooit werklik vergeet het nie.
In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kêrel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en die rabbedoe met die bokstert en langbroek ontluik skielik in ’n uithaler-gasvrou in ontwerpersklere.
In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ’n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ’n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.
Kaptein De Villiers het ’n oog vir ’n mooi nooi, veral as dit ’n junior lugwaardinnetjie is. Tot Janine, die hoofwaardin, se spyt is daar talle junior waardinne. Maar Janine laat haar nie maklik onderkry nie – sy laat almal baie goed verstaan dat sy en die kaptein verloof is en hy dus verbode terrein vir enige vrou is. Toe Petri Pretorius die vertraging van die vlug na Las Palmas aankondig, weet sy min dit is die begin van ’n hele nuwe lewe vir haar. Nico, haar so-te-sê-aanstaande, het spesifiek op hierdie vlug plek bespreek om by haar te wees voordat hy die volgende dag in die Franse Ope moet speel. Maar dan blyk ’n teddiebeer op die vliegtuig, op ’n ou oom se skoot, om meer as net ’n speelding te wees . . . en almal op die 013-vlug se lewens word onherroeplik verander.
Dit was ’n toevallige en uiters onromantiese ontmoeting: hy het by ’n verkeerslig van agter in haar motor vasgery. Maar Wynand Meiring was ’n besonderse man en kort daarna was Marinda met hom getroud. Op pad huis toe na die Bosbok-Motel waarvan hy mede-eienaar is, gryp die noodlot egter in en al haar pragtige drome spat aan skerwe. Ontredderd en alleen is sy verplig om hulp te vra van Hugo, Wynand se broer en die pragtige motel se ander eienaar. Hugo, ’n verbitterde en ontnugterde mens, glo sy is ’n fortuinsoeker en maak die lewe vir haar ondraaglik. Boonop begin sy Wynand beter ken deur sy vriende . . . en vriendinne. En tog: alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd. Ook ’n tyd om lief te hê . . .
Rothea Beukes kan haar man staan as dit moet. Maar sy vind spoedig uit dat sy nie ’n kans staan teen die groot Duitser, Dieter Richter, nie – want sy het nie die geld en die mag van die Richters om teen hulle te kan veg nie. En die prys wat sy gaan verloor? Klein Albie Richter, seun van haar suster Barbara en haar man Ernest, wat in ’n botsing gesterf het. Die Richters eis voogdyskap oor die klein seuntjie en verwag sy moet hom sonder meer aan hulle oorhandig. Toe gryp Albie in. Hy sit so ’n keel op toe Dieter hom kom haal, dat hy verplig is om Rothea na die familieplaas, Schloss Hoffnung, saam te nooi. Sy het geen ander keuse nie. Sy moet ter wille van Albie gaan. En dit is goed ook, want daar is allerhande geheimsinnige onderstrominge op die plaas aan die gang. Daar is Ilse Bauer wat op Dieter verlief is en Rothea wil wegkry; daar is mevrou Olga Richter wat haar ongasvry en vyandig behandel; maar daar is ook Carl Richter wat haar vriendelik ontvang en behandel. Die ergste is egter die aanslae op Albie se lewe. Wie sal so ’n klein kindjie se dood verlang? En waarom? Rothea het haar vermoedens en sy wens Dieter het haar nooit hierheen laat kom nie. Sy wil wegvlug, want sy het hier verlief geraak en vrees vir haar eie lewe, maar sy kan nie. Sy is verantwoordelik vir Albie se veiligheid. Daarom bly daar vir haar net een ding oor: sy moet die aanvaller aan die kaak stel. Bitter bloeisels is ’n spannende liefdesverhaal vol intrige.
У меня редчайший и самый благостный дар во всем королевстве, но он не принес мне счастья. Раз – о нем нельзя никому говорить, два – меня выдали замуж за Великого Магистра, которому нужен только мой резерв. Я способна воскрешать мертвых, но не могу возродить из пепла черное сердце супруга. Или все же…
Gerhard Fouché kry snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers op Lüderitz en later weer op Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun by hom ’n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sý toesig plaas . . .