Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Die baron van Rauenshof

Sarah du Pisanie

Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde skoonpa in die kasteel in Duitsland gaan bly.

Katrientjie

Sarah du Pisanie

Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word.

Onrus op Oshakati

Ena Murray

In Onrus op Oshakati hoop dokter Linda Maartens dat sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, maar dan beland sy in ’n lewensgevaarlike situasie . . .

Die man met die geel oë

Ena Murray

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam met ’n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses só skandelik te gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

Satan van Zimbabwe

Ena Murray

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met ’n koerantberig oor ’n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake?

Sarah du Pisanie Omnibus 9

Sarah du Pisanie

Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word. Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde skoonpa in die kasteel in Duitsland gaan bly.
In Die kralebruid word Isa deur die Ouni-stam op ’n eiland grootgemaak en aan ’n ontdekkingsreisiger gegee in ruil vir krale. Hy besef nie hy is volgens tradisie nou met haar getroud nie en sy verstaan nie hoekom hy afsydig is teenoor haar nie. Boonop lyk dit of hy in die beeldskone Belinda belangstel . . .

Ena Murray Keur 1

Ena Murray

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met ’n koerantberig oor ’n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake?
In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam met ’n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses só skandelik te gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.
En in Onrus op Oshakati hoop dokter Linda Maartens dat sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, maar dan beland sy in ’n lewensgevaarlike situasie . . .

Susanna M Lingua Gunstelinge 3

Susanna M Lingua

Die groot legkaart, waarin Tina Eksteen se kortstondige maar idillies gelukkige huwelik beëindig word en sy boonop van haar pasgebore seuntjie beroof word. Maar net toe dit lyk of die noodlot haar opnuut wil teister, begin die stukkies van die legkaart uiteindelik pas . . .
Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . én ware liefde.
En Winde van herinnering, waarin Thea Strassheim tydens haar gedwonge verblyf op die landgoed Hamilton Estate moet besluit: sal sy haar lewe op die altaar lê in ruil vir kortstondige geluk saam met die man wat sy meer as haar eie lewe bemin?

Maryna se liefdeslied

Schalkie van Wyk

Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met ’n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy’s dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.
Maar dis net ’n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad – maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .

Emma se eerste keuse

Elsa Hamersma

Emma Smith kom holderstebolder op Pelikaanbaai aan die Weskus aan, so te sê ’n vlugteling: van wat in Londen gebeur het met haar sogenaamde liefdesverhouding, én van haar oorbeskermende ouers, veral haar ma. Hier, op die ou vertroude vakansieplek, wil sy rus vind, haar lewe oordink, vrede kry.
Sy’t nie gereken daarop dat Pelikaanbaai die blyplek kan wees van die aantreklikste man wat sy nog ooit aanskou het nie. Simon Sutherland is ’n ellelange man met pikswart hare – en volgens Emma duidelik ’n opperste ongeskikte idioot. Hy maak allerlei aannames oor haar, sommer net oor sy weens haar haas en ontsteltenis in die “verkeerde” stadsklere op die Weskus aanland. En dan is hy nog so orig, ook! Heeltyd ál om haar werf, en skynbaar kop in een mus met haar ouers, om alles te kroon. Wanneer haar ma boonop kom verneem wat Emma so halsoorkop uit Londen laat wegvlug het, is die gort gaar.
Simon het soveel bagasie en familiekwellinge, daar’s geen toekoms vir die stadsmeisie en die plaasklong nie. Haar ma is in elk geval verniet bekommerd sy’t hier in Suid-Afrika kom verlief raak . . .