Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Die glasappel

Christine le Roux

Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak.

Die uurglas wentel

Louisa du Toit

In Die uurgals wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens.

Oorkant op die eiland

Louisa du Toit

In Oorkant op die eiland vertrek Gert en Corrie Pullen oorsee, en hul dogter Janetta gaan kuier saam met haar kêrel, Isidor, by sy ouerhuis teen die Oranjerivier. Corrie is bekommerd om haar dogter na totale vreemdelinge te stuur. In die weke wat volg, sou Janetta meermale wonder of haar ma ’n voorgevoel gehad het, want op Stroomlangs is daar gesindhede en duisterhede wat haar mateloos ontstel. Boweal is daar die moontlikheid dat haar lewe in gevaar is. . .

Waaisand

Louisa du Toit

In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters ’n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder ’n voertuig in. Dié gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van ’n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar wildste drome nie sou kon voorsien nie.

Tahiti, verre land

Ena Murray

In Tahiti, verre land vaar Weda Henkel as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op ’n luukse-passasiersboot na Tahiti – maar die liefde het vreemde weë . . .

Reënboog van koraal

Ena Murray

In Reënboog van koraal sou Estelle nooit kon droom dat, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings vir haar identiese tweelingsuster uit die vuur te gaan krap, dié paradys ook ’n slang het nie.

Oos na die son

Ena Murray

In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . .

Spoelklippies in stormwater

Elza Radmeyer

In Spoelklippies in stormwater weet Karlientjie Strauss nie dié kant toe of daai kant toe nie. Sy staan op trou met Willem Potgieter, die nuwe eienaar van hul buurplaas, maar dan verskyn Hugo Burger, haar tante se deksels aantreklike stiefseun, op die toneel . . .

Die seewind se lied

Elza Rademeyer

In Die seewind se lied besluit Elmien Maritz sy gaan Hartenbos toe. Nie om vakansie te hou nie, maar om die duistere verlede van Schalk Schoeman, die man met wie haar ma kort tevore halsoorkop getroud is, te ondersoek. Sy is nie voorbereid op wat volg nie ¬– ’n ongewone vakansieromanse, propvol spanning, liefdesintrige en humor.

Storms van die liefde

Elza Rademeyer

In Storms van die liefde ontvou ’n liefdesverhaal by Mosselbaai se groot olieboorprojek. Die tergende vraag ontstaan: waar sal Esbeth geluk vind – by Richard, haar vermiste man; by die charismatiese, ryk Gustav; of by De Wet, die verliefde diamantsmokkelaar?