Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Gruispad na Tóg Wat

Helene de Kock

Nog ’n verhaal van jong liefde. Gruispad na Tóg Wat speel af deels op ’n plaas in die Vrystaat en deels op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te gaan boer nie en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer.

Tiendes van silwer

Helene de Kock

Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van die Universiteit van Potchefstroom. Dis deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word.

Skemerspel

Helene de Kock

In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?

Anderkant die vloedwaters

Helene de Kock

Anderkant die vloedwaters is ’n storie met onstuimige onderstrome. Dr. Bernard Linde laai een stormnag ’n vreemde vrou op – en sy verdwyn net so skielik weer uit sy lewe. Een ding wéét hy: Hy gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Seisoen van die skimmelson

Helene de Kock

Seisoen van die skimmelson is ’n verhaal wat sy draaie gooi in die Vrystaatse Hoogland en in Beiere waarheen Madel Vermeer gaan om sang te studeer. Maar sy laat haar jeugliefde, die aantreklike dokter Wiam du Preez, agter. Tydelik, so glo sy. Sy ontmoet Jan-Karel Joubert van Oudewijn wat in Geisenheim studeer en ontdek dat ’n mens se keuses in die lewe jou oor ’n afgrond kan stoot.

Die soete dwaling

Helene de Kock

In Die soete dwaling vlug dr. Daïrus Deetlefs weg na Londen. Martine kan dit nie begryp nie, want sy het hom lief. Of het sy? In Londen ontmoet Daïrus die misterieuse Sylvia Saunders. Dan is daar ook sy ma wat sy lewe so graag vir hom wil reël . . . ’n Vrou vir Ver-en-Naby is die liefdesverhaal van Laura Krause, ’n volwasse vrou, een wat al smart moes deurmaak en op soek is na innerlike vrede. Sy vlug weg, en is tussen ’n lewe tóé en ’n lewe vórentoe. Maar dis moeiliker as wat sy dink, want hoe hou ’n vrou kop as haar hart nie weet waarheen hy wil nie?

Die engel rook skelm

Kristel Loots

Watse soort mens skop sommerso op? Skande! En dít met ’n ma soos Dezi Diedericks s’n, wat verslaaf is aan studeer terwyl Dezi nie eens BA Manvang kan slaag nie. Maar dit was juis die probleem: haar briljante ma saam in haar dramaklas − Dezi kon nie meer nie. Sy wou wég van al die slimmes en aansittery. Dezi gaan werk by Happenings, waar sy allerlei geleenthede moet reël. En wie is een van haar eerste stel kliënte? Niks minder nie as Mensa, die genieë-organisasie. Net toe Dezi gedink het sy’s nou eenmaal weg van al die slimkoppe! Dis ’n wonder sy gee haar net oor aan sigarette en niks ergers nie, veral toe sy ’n flop maak van haar instanery vir die uit-die-koek-spring-meisie by ’n bachelor’s . . . Algaande leer Dezi ’n Mensa-lid kan net so lekker soen soos ’n dom spierpaleis. Maar die dowwe blondine en die Mensa-man – nee wat, sal nooit werk nie! Al is slim Adam ook hóé aanloklik . . .

Satyn Omnibus 4

Ettie Bierman

’n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, “olifantfluisteraar”, TV-man en bekende natuurkenner – en hy is glad nie seker of die tenger rooikop-veearts die werk sal kan doen nie. Asof dit nie genoeg is nie, besluit Niel dat hy Aralie ten alle koste wil terugwen. Moet Aralie Niel nog ’n kans gee, of sal Belelapa se aantrekkingskrag sterker wees? Skoonlief en die dirigent: Nina se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy’s nie ’n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is ’n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers. Na ’n voorval waar Nina op invloedryke mense se tone trap, kry sy opdrag om deel uit te maak van Quinn Chauncey se sekuriteitspan tydens sy optrede in Suid-Afrika. Quinn mag dalk ’n wêreldberoemde Ierse dirigent en violis wees, maar Nina beskou sy uitverkoopte konserte as tydmors en onbelangrik. Quinn hoor Nina by ’n troue sing en toe een van sy soliste siek word, vra hy Nina om in te staan. Maar die vonke spat behoorlik tussen Skoonlief en die dirigent! Liefde in fokus: Xante is ’n fotograaf wat dit haat dat mense na haar kyk. Sy sukkel regtig om die Kaapse mense te verstaan. Hulle is so ánders as die Namibiërs. Faan Viljoen is ’n argitek met ’n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van ’n dogtertjie wat graag ’n model wil word – iets wat vir hom heeltemal onaanvaarbaar is. Die dogtertjie se ma, sy eks, was immers ’n model, en kyk waarop het dít uitgeloop . . . In ’n Kaapse township, tydens ’n fotosessie van Faan Viljoen se behuisingsprojek, ontmoet hy vir Xante. Dit lyk asof hulle op professionele vlak goed sal saamwerk, maar toe Faan Viljoen ’n paar weke later sien hoedat Xante sy dogtertjie afneem met die oog op modelwerk, is die gort gaar . . .

Wanneer die skadu's wyk

Schalkie van Wyk

Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar dié verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.

Te jonk vir liefde

Schalkie van Wyk

Die mooi Leana, pas gekwalifiseerd as musiekonderwyseres, ontvang ’n brief wat haar lewe ’n dramatiese nuwe wending laat neem. En wanneer sy die minste daarop voorbereid is, moet sy tussen twee hubare mans kies.