Короткие любовные романы

Различные книги в жанре Короткие любовные романы

Vuur van verlange

Schalkie van Wyk

Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel.

'n Bruid vir Graaf Debussy

Ena Murray

Jean-Paul Debussy is al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg teë. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen . . . maar Simone besluit om haar man terug te wen.

Paspoort na gevaar

Ena Murray

Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . .

Die geheim van Hercule Cordier

Ena Murray

Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan doen . . . Wel, dis ’n ander storie – een wat die onskuldige seerowermeisie nog nie ken nie. En by kaptein Emile Pierre raak dit ’n obsessie om te weet wie en wat Hercule Cordier is. Watter verband het die kaptein van die Hercule met die D’Arcy-skat in Frankryk?

Agter die berge

Tryna du Toit

Agter die berge: Ná ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers weer haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin haar jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf.

Die erfgename van La Provence

Tryna du Toit

Die erfgename van La Provence: Nà ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Joachim nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat die eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugène Leendert, nie te vertrou is nie?

Schalkie van Wyk Keur 11

Schalkie van Wyk

Vuur van verlange: Lizelle vlug na ’n klein Vrystaatse dorpie waar niemand weet dat sy die erfgenaam van die skatryk staalkoning Paul Durandt is nie. Nie minder nie as drie mans gee haar hier nuwe kopsorge, en boonop begin haar pa se sakeryk te wankel. Te jonk vir liefde: Die mooi Leana, pas gekwalifiseerd as musiekonderwyseres, ontvan ’n brief wat haar lewe ’n dramatiese nuwe wending laat neem. En wanneer sy die minste daarop voorbereid is, moet sy tussen twee hubare mans kies. Wanneer die skadu's wyk: Karla raak verloof aan die man wat sy reeds vier jaar lank liefhet. Maar dié verhouding dra nie haar pa se goedkeuring weg nie. Dan hoor Karla boonop een aand ’n gesprek wat kennelik nie vir haar ore bedoel was nie.

Tryna du Toit-omnibus 9

Tryna du Toit

Agter die berge: Ná ’n skeiding van vyf jaar ontmoet Veronica Eybers wees haar gewese man by ’n kunsuitstalling. Ou emosies en ideale herleef en sy begin jarelange kokon van afsydigheid af te skud – maar om uitdagings te aanvaar en meer skeppend te leef, kos durf.
Die erfgenaam van La Provence: Ná ’n lang en gevaarlike seereis kom Mathilda Jourdan en haar sestienjarige broer, Pierre, in Februarie 1752 met ’n seilskip in Tafelbaai aan. Sy koester groot verwagtings, maar hoe moes sy weet dat die brief wat sy uit Europa aangestuur het haar onbekende oom Joachim nooit bereik het nie; dat die hooghartige jong man wat die eerste dag tot haar redding kom, haar oom se stiefseun is; dat haar enigste kennis in die Kaap, Eugène Leendert, nie te vertrou is nie.

Die groen maan

Christine le Roux

In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.

Die blou uur

Christine le Roux

In Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.