Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Читать онлайн.
Название Sêgoed met slaankrag
Автор произведения George Claassen
Жанр Руководства
Серия
Издательство Руководства
Год выпуска 0
isbn 9780624063193



Скачать книгу

LANGENHOVEN, ibid.

      Op die ou end werk die vlytige man vir homself,

      die luiaard vir ’n ander.

      C.J. LANGENHOVEN, ibid.

      Jou werk gaan uit jou hande uit die wye wêreld in en jou roem of jou blaam gaan daarmee saam, maar jy bly agter.

      C.J. LANGENHOVEN, “Die roem van ons werk”, Versamelde werke, Deel X, 1934

      Dis die smorende vuur wat swaarkry

      En tog nie die kos kan gaarkry –

      Die vrolike vlam wat klap en kraak

      Is hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak

      En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.

      C.J. LANGENHOVEN, “’n Werkreseppie”, 11 Julie 1932

      Gebraaide duiwe vlieg nooit in die mond nie – brood word slegs deur die sweet van die aanskyn verdien.

      SUID-SOTHO-SPREEKWOORD

      Argitektuur en boukuns

      Historiese geboue is die sout en peper van ’n stad.

      HANNES MEIRING, argitek en bewaringskenner

      Ek word bekoor deur die klein dingetjies: pondokkies, kothuise langs die pad, die dappper pogings van mense om hul huise te versier wat ’n mens op die platteland en in afgesonderde landelike gebiede sien.

      HANNES MEIRING, in ’n onderhoud met KAREN EICKER vir architectafrica.com, 2005

      Ek stel baie belang in ou argitektuur – ek meen dit is ’n groot jammerte dat pragtige geboue wat deel uitmaak van ons historiese erfenis gesloop word om plek te maak vir glaskasarms.

      WYNAND CLAASSEN, Springbokkaptein en -keurder en argitek, aangehaal in JANI ALLAN, Face Value, 1980’s

      Die groot uiterstes

      behoef geen argitektuur:

      die salige lig straal

      gestalteloos soos ’n engel

      die duisternis mok

      amorf in homself

      maar tussenin dans

      dol soos ’n katedraal

      bont

      soos ’n gebrandskilderde

      harlekyn

      dié menswees uitgeterg

      tot haglike argitektuur

      SHEILA CUSSONS, digter, “Bouwerk”, Die skitterende wond, 1979

      ’n stad se vorm, helaas,

      verander vinniger dan ’n mens se hart

      wat ou posture kan vaslê

      PETER BLUM, digter, “Mag dit behoue bly”, Steenbok tot Poolsee, 1955

      Hulle bou stilweg en onverpoosd met hul dood

      aan dié ondersese rococo-katedraal wat glinster

      in die skuins hale son: só word ’n skip katedraal.

      JOHANN DE LANGE, digter, “Sterwende argitekte”, Akwarelle van die dors, 1982

      proud ou gabou

      pathetic pêllie

      quiet ou

      djy fancy djy staan nog . . .

      djy word gedemolish sê ek vir djou! . . .

      Hoor djy die pêrepote vannie bulldozers?

      ADAM SMALL, digter en dramaturg, Oos wes tuis bes Distrik Ses, 1973

      A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan!

      Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge

      bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid,

      oumensbewend onder my dun laag dagha.

      WILMA STOCKENSTRÖM,

      digter, prosaïs en akteur, “Ou gebou”, Vir die bysiende leser, 1970

      En dan vra jy jou af: hoekom juis Toskaans saamgegroepeer in ons voorstede? Die eendersheid, soms swak ontwerpe van die egte styl, raak doodeenvoudig vervelig, afgesaag. Waarom hoegenaamd by annerland gaan steel as ons ’n eie kan skep?

      ORA JOUBERT, argitek en akademikus, tydens haar professorale intreerede aan die Universiteit van Pretoria, 18 November 2004

      Woorde ontbreek my wanneer ek die passé, stilisties twyfelagtige, klima­to­logies onverantwoordelike (met die endemiese alkant-selfkant-aansigte), oor­bodig versierde, lomp en bloot lelike geboue teenkom, ontwerp deur argitekte afgestudeer aan gerespekteerde akademiese instellings. Met die ver­­kragting van ons gevestigde woongebiede is die jongste gier om bourgeois-­enklaves aan die buitewyke van ons stede te vestig. Dié tematies ge­ïnspireer­de landgoedere – met eie ontspanningsgeriewe, 24 uur-veiligheid en romantiese name – neem regoor die land toe teen ’n ongelooflike tempo. Indien ek nog die ontwerp-oorsprong van die nouveau riche-herehuise aan die oor­wel­digende invloed van die Amerikaanse tv-kultuur se sogenaamde aspire­rende sepies kan toedig, kan ek vir ons skynbare obsessie met Toskane – oftewel ‘Tos-­Afrikaans’ of ‘Boere-Spaans’ – geen akademiese (of sosiale) regverdi­ging vind nie. Van die onvergeeflikste is wanneer ons handjievol streekmoder­nistiese voorbeelde geminag word deur sogenaamd Toskaans geïnspireerde geboue daarnaas.

      ORA JOUBERT, Pretoria, 18 November 2004

      Selfs as aangevoer kan word dat Suid-Afrikaners nie oor ’n inherente stedelike kultuur beskik nie, is ons openbare ruimtes in ’n betreurenswaardige toestand. Onversorgde landskapontwerp, lemmetjiesdraadheinings en banale advertensieborde is die herkenbaarste eienskappe van ons gebruikersonvriendelike openbare ruimtes

      ORA JOUBERT, Pretoria, 18 November 2004