Louisa du Toit Omnibus 8. Louisa du Toit

Читать онлайн.
Название Louisa du Toit Omnibus 8
Автор произведения Louisa du Toit
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624068259



Скачать книгу

wees wat hy op die naeltjiehoender uithaal, want hy lê behoorlik in met mes en vurk.

      Sodat Berna dink, met onrus en gelatenheid: Dis nog nie die einde van sy planne nie. Sy sien dit steeds in sy oë woel. Maar op hierdie presiese oomblik kan sy nie ’n duiwel omgee nie. Sy wil net haar leë maag tevrede stel en daarna haar moeë liggaam. Vir die kinders is daar reeds ’n dik, sagte kermisbed langs haar eie hoë wit bed gemaak, en hulle kan nie wag om daarop te gaan baljaar nie.

      Wat moet wees, moet dan maar wees.

      Sy is nou ’n inwoner van Rensdal. Hier gedokumenteer, soos Johan Jonker gesê het, met die drie fyn, regop plooitjies langs elke mondhoek.

      5

      Hoewel Berna haar voorgeneem het om nie meteens die groot hervormer te speel nie, kan sy haarself nie keer nie. Sy spring in Koskas weg met ’n soort skeppingsdrif wat sy kwalik moontlik geag het. Dis ook nie net ’n geval van nuwe besems nie, daarvoor het die lewe haar al te veel versigtigheid geleer. Dit werk egter aansteeklik, en sy het haar hande vol met voornemende lede wat wil help bak, brei of naaldwerk doen. Menige vrou is verleë oor ’n ekstra inkomstetjie en gryp na hierdie geleentheid.

      Dan is daar ook die veranderinge aan die winkel se struktuur. Toe Berna dit net vaagweg noem, moes sy hoor dat Dawie en Lammie dit lankal oorweeg om die middelmuur uit te breek, maar net nog nooit so ver gekom het nie. Dawie kontrakteer sommer die messelaar wat die huis se buitekamers aan ’t regmaak en verf is, om die werk by die winkel ook te doen.

      Toe Berna hoor hoe gemaklik die dorpsbewoners van Koskas praat, asof dit ’n geliefde gemeenskaplike besitting is, besluit sy om liefs nie aan die naam te peuter nie. ’n Mens moenie ’n mite vernietig nie, en dit is Koskas skynbaar. Vyf jaar lank al bedryf Lammie die plekkie, en die grootste en enigste klagte was skynbaar dat sy alleen nie genoeg kon bak om in al die behoeftes te voorsien nie. As die eetgoed op is, is dit op, en dan sluit Lammie toe en gaan huis toe, terwyl kopers verder maar teleurgesteld voor ’n geslote deur moes omdraai. En sy bak inderdaad soos ’n koningin. Dit weet Berna teen hierdie tyd reeds.

      Sy jaag soos Vader Krismis tussen huis en winkel rond. Die kinders is gelukkig wonderlik soet, met genoeg speelplek tot hulle beskikking. Veilig ook, en onder toesig. Twee swart meisies van die plaas af help met die huishouding, kind oppas en sommer met allerlei. Bowendien is die agterplaas by die winkel omhein met ’n asbesmuur, en daar is geen oop water, skerp voorwerpe of algemene seerkryplek nie.

      ’n Plan (een van vele) vat in Berna se agterkop pos: om ’n soort speelparkie in te rig waar boervroue hulle kleuters ’n uurtjie of wat kan los terwyl hulle inkopies doen of die dokter besoek. Vanselfsprekend sal hulle dan ’n ietsie vir die pad of vir middagete koop as hulle die kinders kom haal.

      Maar dis dinge vir later. Vir eers moet daar ’n vergadering met voornemende lede wees, waar ’n bestuur gekies kan word. Sy sal aanbied om as sekretaresse te dien totdat alles gevestig is, daarna kan hulle dalk voltyds iemand van buite af aanstel. Oor haar eie vergoeding weet sy nog niks, en gee ook nie om nie. Daar is geen kontrak of ooreenkoms nie, en vir die eerste keer in haar lewe maak die salaris en byvoordele minder saak as die werksbevrediging wat sy kry. Op ’n manier is sy besig met skeppende werk, en dit gee haar groot genoeë.

      Terwyl die dae en later die weke verbygaan sonder dat sy vir Roux te siene kry, ontspan sy behoorlik. Sy was tog onderliggend angstig oor wat moontlik kan gebeur rondom hierdie geheimsinnige figuur, van wie sy reeds tevergeefs ’n foto te siene probeer kry het.

      “Daar’s hy, Berna-meisie,” verklaar Dawie trots toe die buitekamers klaar geverf is, ’n stukkende ruit herstel, en los meubels en matte ingedra is. Die items is op die plaas gehaal (weggesmokkel, soos dit vir Berna klink) toe Roux glo nie tuis was nie. Die vete tussen hom en die ouerpaar is skynbaar erger as wat sy aanvanklik vermoed het, en daar word ook nie juis oor hom gepraat nie.

      Dawie en Lammie praat trouens, soos Berna self, deesdae oor weinig anders as die tweeling, en daarna Koskas. Vandag is die buitekamers egter die onderwerp van bespreking. Dit word spontaan Berna-se-plek gedoop. Die vertrekke is ruim en het ’n plaserige atmosfeer met die los matvierkante en ou, swaar meubels. In die klein kombuis is daar hoogstens koffiemaakgeriewe, want Dawie en Lammie dring aan dat hulle die etes binne kom neem, en ook niks daarvoor betaal nie. Hulle kry tog melk, groente en vleis van die plaas af, gereeld afgelewer deur Roux se voorman.

      “Hoe kan ek ooit genoeg dankie sê?” wil Berna weet. ’n Gratis plek, gratis kos … haar uitgawes sal tot die minimum beperk wees, veral as die woonstelhuur eers van haar rug af is. Annalien het in elk geval al ’n paar keer gebel, en hou vol dat sy die twee maande se huurgeld vir Berna wil teruggee. Sy bly glo alte lekker in die ruimer woonstel en die eienaars het ingewillig dat sy die huur oorneem sodra Berna se kontrak verstreke is.

      “Hoe kan ons vir jóú dankie sê?” wedervra Dawie. “Jy kom dan alles hier regruk en koers gee, behalwe dat julle lewe in die huis bring.”

      “Wag, julle het nog niks gesien nie,” lag Berna skoon uitgelate. En dan is hulle weer al drie voor in die bakkie, met die kinders op Berna en Lammie se skote. Dawie kruie vir veiligheid dan teen ’n slakkepas), om te gaan kyk na die werkery by die winkel. Die plekkie was vroeër ’n tuishuis wat aan Lammie en haar eerste man behoort het, dus is daar geen probleme om te verander soos hulle wil nie.

      Saam met Lammie en Dawie sit Berna saans na ete, as die kleintjies spelend rondom hulle stommel of reeds slaap, ’n plan van aksie en uitwerk en ’n taakstaat optrek. Hier kom Berna se rekenaar goed te pas, en die ander twee het hulle wantroue teenoor die blikbrein reeds oorwin toe hulle sien hoe handig hy is.

      Vir Dawie is dit die wonderlikste dat die ding met jou kan praat, en soms met jou raas, en selfs iets kan sê soos: “Yes, I remember you, Dawie de Vries.”

      “Hy onthou my van gister af,” het Dawie geadem, en in sy eie oë (asook in dié van die ietwat neerhalende Lammie) word hy hiermee verander van ’n hoogs verganklike mens tot ’n epiese gestalte.

      Hulle is verstom en verbaas oor alles wat in gedagte gehou en in werking gestel sal moet word. Daar is eerstens die registrasie self by die provinsiale Koöperatiewe Tuisnywerheid, waarvoor Berna ’n prokureur nader. Ook neem Lammie met skrik kennis van die feit dat die gesondheidsinspekteur van die munisipaliteit elke bakster se kombuis moet kom goedkeur. Dawie staan krom om betyds gaas voor die deur en vensters te sit, en die ander voornemende baksters word ook gewaarsku. Daar is kaartjies wat gedruk moet word, kwessies van lisensie en belasting, onderhandelinge met die Koringraad waar die baksters geregistreer moet word, en duisend ander dinge. Dawie is verstom dat Berna so kan kophou.

      “Ek het darem al baie oefening in hierdie soort ding gehad, oom Dawie.”

      “Daai man was onnosel om jou te laat loop,” onthou hy die bron van haar kwelling daardie oggend in die stadstraat.

      “Alles gebeur ten beste, oom Dawie. Ek begin dit nou besef.”

      Sy sien die skaduwee in die twee ouer mense se oë toe hulle huiwerend knik, en sy wonder wat dit werklik is wat so ’n diepliggende droewigheid by hulle teweegbring. Dikwels is daar onverklaarde sugte en staringe. Is dit net aan die balsturige Roux te wyte? Dis waar, sy weet al baie van die De Vriese; maar nog nie alles nie, vermoed sy.

      “Vertel my nou mooi die storie van daardie niggie se vriendskapsklub,” versoek Berna op ’n aand toe hulle almal redelik rustig en gesellig voor die televisie sit en neute kraak. In die tuin is daar ’n makadamiaboom wat eindelose plesier aan die tweeling verskaf. Hulle tel alle afgevalle neute op, en die oppassers help ewe fluks oopkap. Jy sien net heeldag kakebene roer.

      En so hoor Berna van die wonderlike klub waar nig Roekie haar tweede man ontmoet het. Toe Berna ’n foto van nig Roekie sien, moet sy innerlik toegee dat dit ’n wonderlike klub moet wees. Nig Roekie was dalk destyds ’n mooie meisietjie, maar sy lyk nou gedug en selfs onverbiddelik.

      So het Dawie dus daardie môre rondgemaal op soek na die adres wat Roekie, nou wettig en veilig getroud, vir Dawie in die hand gestop het, en wat glo net om die draai was. Roekie self het ’n afspraak by die tandarts gehad, en Dawie het, soos dit klink,