In Die juigende oes loop Ryno, nuwe proponent op Kempville, hom vas in die aweregse pastoriekind Naomi. Sy wek by hom ’n vreemde deernis, so anders as dít wat hy vir sy huidige lewensmaat voel . . .Omdat die wind alleen is vertel die verhaal van Hermien wat haar eie brood wil verdien, self wil besluit oor haar voorkeure en afkeure. En vir dié enigste dogter van die ryk Jacques Malan voel dit of sy oopoë inloop in ’n huwelik waaroor sy bedenkinge het.In By die fontein van Soblou gaan Anja Maasveld terug skool toe ná ’n afwesigheid van ’n jaar. En sy voel verspot in die skoolrok; haar bene is te wit, haar gesig te ryp. Maar sy is nie die enigste nuweling nie – daar is ook mnr. Rudolf Brummer, Afrikaans-onderwyser, vars uit die universiteit. En baie, baie aantreklik . . .In Ver lok die ligte woon Marien Tromer by haar ma en stiefpa in ’n verwaarloosde huis. Die nuwe buurman, dokter Deneys Bergen, is iemand wat sy beter sal wil leer ken, maar sy verloofde, Morag, beskou uit die staanspoor vir Marien as ’n bedreiging.
In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op ’n pad van persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie. Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer ’n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer nie juis die probleem is nie. In Die stille roep maak die leser op boeiende wyse kennis met die lief en leed van die Defórs-gesin. Regina Defórs moet as weduwee die fort hou. Haar drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is egter gekant teen die man by wie sy veel steun vind.
In Om alles te weet arriveer Nelis Hoffman een snikhete somerdag op Driekolk, ’n klein nedersetting teen die Oranjerivier. Hy kom die plaasskooltjie van ondergang red, met die hoop dat hy ook homself van sy pynlike wroeging sal kan red. Hy ontmoet die bruuske Boel Meyer, wat hom oplaai en aan sy meisie Nida Thirion by die winkeltjie voorstel. Hy dreig Nelis implisiet om van haar af weg te bly. Dan kom Nelis egter as loseerder in die Thirion-huis te lande, saam met Nida en haar moeder en broer. Intussen is Reinet Eksteen nie van plan om Nelis deur haar vingers te laat glip nie, en sy tref haar eie reëlings daartoe. Verhoudinge en intrige raak vinnig verknoop. Dan kom die vloed, en alles verander. In Jaar van die feniks kom Addie Richter aan op Avondsdal, waar sy ’n tuiste by die Alants vind. Aangesien sy ouerloos en in ’n kinderhuis was, het hulle haar altyd vakansies by hulle geneem. Mooi Willem Alant kom haar op die stasie haal en braak gal oor jong dokter Bohlkamp, in wie se spreekkamer sy sal werk. Addie is eindelik deel van ’n gesin, en sy hoop om so van Louis Trefellen te vergeet. Hoewel Bresler Bohlkamp nors optree, om van sy geringskattende vriendin Zora Opperman nie te praat nie, vergoed Willem daarvoor. Maar kan haar geluk duur, of sal dit in as versink? En sal daar ’n herrysenis kan wees, soos by die mitiese feniks? In Prys vir die son sal Lesers wat vir Ryno de Meyer (Die juigende oes, Omnibus 3), Nico Burke (Agter toe vensters, Omnibus 4) en Elzar Enslin (Mense van die môre, Omnibus 10) onthou, sal bly wees om nog een van Louisa du Toit se gewilde, boeiende pastorieverhale te lese kan kry. Hierdie keer is dit Bato Frankel, jong wewenaar met twee kinders, wat een wintersdag aankom op die dorp waar hy ingrypende intrige op die lyf sal loop. Sy hart het hy agtergelaat by Lenta, die jong orrelis. Hier kom kruis sy pad met dié van twee susters: die diensbare Connie en die mooi maar bitter Annette. Sal die son hoegenaamd weer vir hom skyn, en teen watter prys?
In Mense van die môre herleef Bina se liefde vir Dawid, die seun van oom Kola wat haar grootgemaak het, toe Dawid met sy vrou en kind uit die Kaap terugkeer. ’n Jong predikant word Bina se vertroueling. In Maak brand die lampe het Ester Hartman se nuwe baas, Denis Dalton, se meisie hom verlaat en hy bied vir Ester sy woonstel aan. En in Een lang winter kry Elise Tredoux met alle soorte ouers en voodge te doen by die musieklesse wat sy aanbied – insluitende die moeilike Robin Hendriks.
Jonathan Bergman kom op Isaacsdal aan om ʼn stuk dorpsbeplanning vir sy firma te doen. Is dit te veel gehoop dat sy werkgewer en dié se pragtige dogter Jeannie nie alles omtrent sy verlede uitvind nie?
Kinnie Rigter, wat as weeskind grootgeword het, vergesel vir Rudolf Viljee en sy ma delwerye toe. Sy is jare al verlief op Rudolf, maar hy is haar niggie se kêrel. Kinnie ontmoet vir Sephton Butler, ʼn speelmaat uit haar kinderjare. Kan daar uit die harde delwerslewe ʼn sprokie groei?
Daar bestaan vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel.
De Wet Vermeulen se ouers is dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook ʼn pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoë eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder.
In Sy was ’n somerdeel kom Jonathan Bergman op Isaacsdal aan om ʼn stuk dorpsbeplanning vir sy firma te doen. Is dit te veel gehoop dat sy werkgewer en dié se pragtige dogter Jeannie nie alles omtrent sy verlede uitvind nie? In Dan kom die eensaamheid bestaan daar vir Hantie Hasper geen twyfel dat sy en Manus Bruwer binnekort sal trou nie. Maar dan gebeur daar iets wat haar totaal teen Manus en sy mense laat draai. Hantie word slegs staande gehou deur Billy de Meyer, haar werkgewer wat self met verdriet worstel. In Skerwe van geluk is De Wet Vermeulen se ouers dankbaar toe sy aanneemsuster, Madie, ook ʼn pos in die stad aanvaar. Dan kan die twee tog na mekaar omsien. De Wet se modelmeisie stel hoë eise, terwyl Madie verlief raak op die geheimsinnige Theo Lendorf. In plaas van mekaar by te staan, raak De Wet en Madie toenemend van mekaar verwyder. En in Lamplig teen die seile vergesel Kinnie Rigter, wat as weeskind grootgeword het, vir Rudolf Viljee en sy ma delwerye toe. Sy is jare al verlief op Rudolf, maar hy is haar niggie se kêrel. Kinnie ontmoet vir Sephton Butler, ʼn speelmaat uit haar kinderjare. Kan daar uit die harde delwerslewe ʼn sprokie groei?
In Die uurgals wentel worstel die inwoners van Victorina, die ietwat verwaarloosde maar steeds sierlike woning, met intense problem soos drankmisbruik, buite-egtelike verhoudings en familietwiste. Dan word die uurglas omgekeer, en saam daarmee almal se lewens.