Название | Helene de Kock Omnibus 7 |
---|---|
Автор произведения | Helene de Kock |
Жанр | Короткие любовные романы |
Серия | |
Издательство | Короткие любовные романы |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780798165402 |
“Dit moet voorwaar ’n wonderlike plek wees,” sê Henk. “Ek het nie geweet daar is nog sulke plekke in ons land nie.”
“En het jy dié … dié Paul dáár ontmoet?” vra Hilda, soos gewoonlik op die man af.
“O ja, maar baie lank gelede al. Ons ken mekaar sedert ons kindertyd. Elke vakansie gaan ons soontoe. Ons en hulle, en nog baie ander gesinne wat oor jare heen hegte vriendskappe gesmee het.”
Sy vertel nog, sien hoe die verwondering en ’n soort verlange op hul gesigte groei. Maar oor Alfons sê sy niks. Sy vertel van die breë wit strand, waar ’n mens soms só vry voel asof jy die hele wêreld in jou hand het; van die bosbedekte berge en die strandmeer, waar die wind so lekker saamspeel as ’n mens wil seil. Sy beskryf hul houthuis, Meeue, en die houtkerk en ook vir Vuurvliegie, waar daar eens op ’n tyd ’n baie liewe ou dame gewoon het. Maar oor Alfons swyg sy asof hy nooit ’n spoor op die duine gelaat het nie.
“Ek dink julle twee moet Aprilmaand saam met ons gaan vakansie hou,” sê sy eindelik. “Dan sal Frans en Anel al weg wees en dit sal bra alleen wees daar sonder hulle. Ja, tóé,” raak sy eensklaps entoesiasties. “Kom saam met ons. My ouers sal net so bly wees as die huis nie leeg is nie!”
Hilda se gesig straal.
“O, ek sal beslis gaan, al moet ek heeltyd skottelgoed was!”
Henk glimlag toegeeflik na haar kant toe, maar skud sy kop. “Baie dankie vir die uitnodiging. Dit klink te wonderlik om waar te wees, maar ek …”
“Het Hantie Louw jou Gauteng toe genooi?” vra Danien begrypend.
Hy knik net, maar sy sien dat hy wegkyk en ’n stroefheid het om sy mond gekom.
Wat sou dit wees? Wonder sy onwillekeurig. ’n Brief wat nie opgedaag het nie? Of dalk ’n selfoonoproep waarin nie een van dié twee hul ware gevoelens kon uitdruk nie? ’n Jammerte kom in haar op vir dié stil, besadigde man wat sy nog maar net ’n paar weke lank ken en tog goed mee bevriend is. Maar nog voordat sy verder kan uitvra, kyk hy glimlaggend op.
“Wel, ons weet nog nie juis wie jou kuiergas van gisteraand is nie. Is dié Paul Hough dus die man oor wie jy saans so diep dink daar in die tuin?”
Die vraag vang haar onkant. Hoe gekgraag wil sy hulle nie van Alfons vertel nie! Hoe verskriklik verlang sy nie daarna om doodgewoon verlief te wees en dit vir die wêreld te wys nie. Sy het nie lus om oor Paul Hough te praat nie. Maar sy skud net haar kop.
“Nee,” sê sy reguit. “Dis nie hy nie. En moet my asseblief niks verder uitvra nie. Dis ’n baie delikate saak.”
“Og, liefde is altyd,” sê Hilda met ’n waai van haar hand, maar haar andersins gemoedelike uitdrukking is baie ernstig toe sy weer praat. “Tog kan riviere dit nie oorstroom nie. So staan dit geskrywe.”
Daar sak ’n swaar stilte. Danien en Henk kyk haar ietwat verstom aan, sodat sy half ergerlik sê: “Nou toe! Julle het gedink ou vet Hilda kan nie ook voel nie, nè? Wel, dis juis omdat daar so baie van my is, dat ek so baie kan voel!” En sy lag lekker oor haar eie grappie.
Maar Danien staan stil op om die kos in te skep en ook Henk kyk swygend by die venster uit.
“Ek het nog nooit gedink dat jy ’n ongevoelige mens is nie, Hilda,” sê Henk sag, toe hulle by die klein etenstafel in die hoek van die woonvertrek aansit. “Ek dink wel jy steek net so baie weg soos elkeen van ons. Wys my die mens wat nie vol geheime is nie, en ek sal bewys dat dit ’n standbeeld is.”
Hilda se oë rek asof sy geskrik het, maar sy knipoog vir Danien. “Hoor net daar, nè? Die arme ding moes ’n harde dag in die hof gehad het. Sien en hoor te veel gruwelike dinge. Kom ons praat liewer oor jou broer se troue. Gaan daar baie mense wees? En is die trourok al klaar?”
“Kant en klaar,” sê Danien, en toe sy elkeen se bord met paella voor hom neersit, sê sy half skuldig: “Ek moes julle al oorgevra het vir ’n naweek, maar dit het tot dusver net te dol gegaan. Die onthaal word juis op Fleur du Vin gegee omdat Anel se mense in die Karoo woon en al hul eie vriende en familie hier in die Kaap is. Sy en haar ouers sal sowat ’n week voor die tyd na ons toe kom.”
Henk vra die seën soos altyd in die laaste tyd wanneer hulle so saam eet, en toe sê Danien: “Luister, ek wil hê julle twee moet dié naweek saam met my na Fleur du Vin gaan. Dis hoog tyd dat my ouers darem sien saam met wie ek woon, of hoe?”
“Oe, ek wil graag saamgaan!” sê Hilda spontaan, maar Henk glimlag net effentjies sodat sy op die daad vererg opmerk: “Nou wil jy seker nie gaan nie omdat jy meen dat die liewe Hantie jou kwalik sal neem as jy saam met twee sulke mooi vriendinne soos ons op ’n wynplaas gaan kuier!”
Henk se mond gaan in protes oop, maar hy maak dit weer toe, tuur fronsend na die laaste bietjie paella op sy bord. “Sy … e … Hantie is nie die besitlike tipe nie,” antwoord hy botweg.
“O, nou maar gaaf.” Hilda knipoog vir Danien, wat die gesprek gespanne sit en beluister. “Dan gaan jy saam en jy kan later aan die liewe Hantie verslag doen van elke heerlike oomblik. Miskien leer sy iets daaruit.”
Danien frons kwaai na Hilda se kant toe en staan gou op om ’n bietjie roomys wat van ’n vorige saametery oorgebly het, in te skep. Tot haar verbasing bly Hilda veelseggend stil, rol net haar oë oor Henk se ewe dikke swye. Dat iets dié man pla, word al hoe duideliker. En toe hy oplaas bedees dankie sê vir die lekker ete en loop, sê Hilda half stug: “Ek word sommer kwaad vir hom, weet jy. ’n Mens laat nie so met jou mors nie.”
“Hoe so?” vra Danien verbaas.
“Wel, dié Hantie van hom is ’n baie mooi klein feeks. Sy het een kort vakansie hier by hom kom kuier en ek en mevrou Breda kon haar nie veel nie. Die ene ogies en heupies, hoor. Soggens kry ’n mens haar nie met ’n bom uit die bed nie, maar glo my, hoe later dit word hoe kwater word die katjie. Saans sit sy smeulend in die sitkamer en rooi wyn drink, en sy rook totdat ’n mens begin vermoed dat jy dalk bysiende is. En dan raak sy die grootste klomp snert kwyt en verwag dat ’n mens daarmee moet saamstem. Nee wat, Danien, hoe gouer Henk van haar afsien, hoe beter.”
Haar stem het driftig geklim en Danien sit haar enigsins verstom en aanhoor.
“Maar as Henk nou lief is vir haar?” waag sy dit.
“Lief? Og, ek twyfel. Verslaaf aan haar, ja. ’n Jare lange verhouding wat so af en toe gevoed word deur sy besoeke, wanneer sy hom net genoeg gee om hom te laat uitsien na die volgende besoek. As sy hom regtig wou gehad het, sê ek jou, was sy nou al met hom getroud. Ek dink sy hou hom vir die gek.”
“Hoe vreeslik,” sug Danien beswaard. “Dit verdien Henk darem nou nie.”
“Wat wou,” sê Hilda ergerlik en staan op om te help afdek. “Vir jou eie stiksienigheid moet jy maar betaal.”
Maar sy plak die leë borde rinkelend op die skinkbord neer en toe sy uitstap na die kombuisie aan die onderpunt van die gang om solank te begin opwas, is haar stappie só driftig dat Danien die breekgoed hoor rinkel lank nadat sy uit is. Nou toe nou, dink sy verwonderd, maar sit haar haastig agterna om te gaan help.
Net toe die groot, krakende ou huis weer effens tot bedaring gekom het en net mevrou Breda en haar brugvriendinne se gedempte gepraat onder in die sitkamer hoorbaar is, lui die voordeurklokkie. Enkele minute later kom roep sy vir Danien.
“Weer die mooi man van nou die aand,” kondig sy skalks aan.
“Paul Hough,” sê Danien en verduidelik gelate: “Hy is ’n nuwe dokter hier in Kaapstad.”
“Dan moet jy hom laat tuis voel,” meen mevrou Breda moederlik. “Nooi hom volgende keer saam as ons vier gaan uiteet.”
“Ek sal, ja,” sê Danien en stap saam met haar af ondertoe.
Paul se gesig