Sabina's. Nadia de Wet

Читать онлайн.
Название Sabina's
Автор произведения Nadia de Wet
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624052098



Скачать книгу

goed om voor môre te doen. Ensovoorts, ensovoorts.

      Sy is nie meer lus vir haar ontbyt nie en stoot die roereier in haar bord rond. Was dit net geld wat die hoofmotivering was toe sy by die bank bedank het, haar erfporsie laat uitbetaal het en direkteur in Kurt se maatskappy geword het? Sy is ongetroud en sonder onmiddellike hoop op ’n ryk man – of selfs ’n arm man.

      Sy onderdruk die laaste gedagte: een probleem op ’n slag. Die feit is, sy het in ’n huis grootgeword waar daar ’n hoë premie geplaas is op finansiële onafhanklikheid. Dit was darem seker nie te ambisieus om op ses-en-dertig te begin dink aan ’n stewige neseier nie?

      Michelle se stem bring haar terug na die hede. “Hierdie was ’n les wat jy seker maar moes leer, Lex,” sê sy, “maar life is about more than work. Much, much more.”

      Lexi kan net stom knik.

      Toe hulle klaar geëet het, bestel Michelle nog koffie. Sy draai terug na Lexi. “Kurt sal sy dag kry. Verstaan hy nie hoe karma werk nie?”

      “Ek weet nie,” sê Lexi. Weet skelms ooit van karma?

      Die kelner bring hulle koffie. Lexi haal een van die versoetersakkies uit die houer en tik dit teen die tafel. Sy rol dit tussen haar vingers om die poeier nog fyner te maal. Sy het ’n hele klomp aanwendsels aangeleer vandat sy ophou rook het, en hierdie is een van hulle. Sy gooi die wit poeier in haar koffie en proe daaraan. Dis nie soet genoeg nie en sy gooi ’n opgehoopte lepel gewone suiker by.

      Michelle frons. “Het hy gedink julle sal nie agterkom wat hy in die mou voer nie? Dink hy dan julle is stupid?”

      Lexi glimlag halfhartig en skud haar kop. “As hy so dink, is hy nie heeltemal verkeerd nie. Hoekom het ons hom dan toegelaat om te sloer met die ooreenkoms, en hoekom het ons amper geswig toe hy dit so vinnig wou deurjaag?”

      “Maar julle hét nie geswig nie,” sê Michelle en sit haar teelepel hard neer. “Wees trots daarop. Wanneer gaan jy weer met hom praat?”

      “Ek het gister. Oor die foon. Maar hy het my net afgelag.”

      “Dink jy dit sal help om weer met hom te praat?”

      “Miskien, maar hy vlieg vanaand Doebai toe vir ’n paar weke. Gaan blykbaar daar ook besigheid soek.”

      Lexi kyk na die verslonste ou boemelaar wat met sy rug teen die verkeerslig se paal sit. Hy is besig om aan sy been te krap terwyl hy met homself praat. Dit maak haar depressief om na hom te sit en kyk. Sy voel ’n honderd jaar oud. Sy moet weggaan, sy moet haar batterye gaan herlaai. Sy moet veral wegkom van hierdie stad met al sy hartseer.

      Miskien moet sy Simonsrivier toe gaan, gaan rus en op ’n definitiewe plan van aksie besluit. Alles hang nou in die lug.

      “Ek dink ek gaan môre na Christine se huis toe vir ’n paar dae. Sy’s op die oomblik oorsee, maar sy sal nie omgee nie.”

      “Ek dog jy het gesê jy moet eers ’n prokureur gaan sien?”

      Lexi sug. “Ek sal, maar ek wil nou eers my kop ’n bietjie gaan skoonmaak.” Sy kyk na Michelle. “Ek is moeg, maar ek wil nog een keer probeer.”

      Miskien, as sy vooraf aanvaar dat sy klaar is met Kurt, sal sy sterker oorkom en sal hy dalk van sy planne afsien.

      “Ek is seker Eric sal jou help – vir ’n appel en ’n ei,” sê Michelle.

      Sy lag wrang. “Jy’s seker nie ernstig nie.”

      Al is Eric ’n kontrakte-prokureur, oorweeg sy dit nie eens om hom te kontak nie. Michelle behoort darem te weet dat sy nog nie reg is om Eric weer te sien nie. Hulle is al twee jaar uitmekaar en hy is ses maande gelede getroud met ’n pragtige poppie van twee-en-twintig. Twee-en-twintig! Dit klink soos iets uit Son se agterblad.

      Lexi haal die string houtkrale van haar regterpols af en begin dit met haar duim en voorvinger aftel – nog ’n aanwendsel sedert sy die Vogue Slims drie jaar gelede neergelê het.

      “Get over it, Lexi! Vergeet van wat gebeur het en gebruik hom.” Michelle kou smaaklik aan die broskoekie wat saam met die koffie gekom het.

      “Jy weet Eric was die liefde van my lewe. The One. Ek weet nie of ek óóit heeltemal oor hom sal kom nie.”

      “Ek glo nie aan net een liefde in ’n mens lewe nie. Die lewe is lank, daar sal altyd weer iemand anders wees,” sê Michelle. “Maar jy hoef nie na Eric te gaan as jy nie wil nie. ’n Ou wat saam met my werk se broer het ’n paar jaar gelede klaargemaak met regte en hy is blykbaar briljant. Ek sal sy telefoonnommer vir jou kry, as jy wil.”

      “Ja, kry dit maar, dankie.” Lexi sit die krale terug om haar pols.

      Betyds vir die tienuurfliek by Cinema Nouveau ry Lexi deur die onderpunt van Melville langs die Parkview-gholfbaan verby en dan deur Parktown met sy hoë bome en Ierse straatname. Sy het nodig om vandag weggevoer te word; ’n kunsfliek met onderskrifte wat konsentrasie verg, is net die regte medisyne om haar gedagtes van haar dilemma weg te dwing.

      Sy draai die motorradio se volume harder om na Tori Amos se soet stem te luister. “Years go by, will I still be waiting for someone else to understand? Years go by, if I’m stripped of my beauty and the orange clouds raining in my head …” sing sy.

      Lexi begin saam neurie. Sy het die Little Earthquakes-CD twee jaar gelede vir haarself gekoop en so baie daarvan gehou dat sy vir Eric ook een gekoop het. Sy weet nie wat hy van die musiek gedink het nie. Sy het dit die tweedelaaste keer wat hulle mekaar gesien het vir hom gegee.

      In onbewaakte oomblikke spook hulle laaste aand nou nog by Lexi. Sy het vir Eric gesê sy is lief vir hom. ’n Slegte skuif. Almal weet die man moet dit eerste sê, anders verdwyn hy so vinnig as wat sy voete hom kan dra.

      Sy en Eric sit op die mat in sy sitkamer. Die DVD wat hulle gekyk het, is klaar en hulle drink nou die laaste wyn. ’n Briesie kom by die oop skuifdeur in en sy ruik die jasmyn wat langs die stoep blom. Dit meng met die ligte chloorreuk van die swembadwater.

      Sy voel nog warm van die son en haar hare het net so deurmekaar droog geword. Sy kyk na Eric. Hy het net ’n ligte kuitbroek aan. Sy kyk na sy boarms, gespierd maar lenig. Sy weet hoe sy vel proe: bietjie sout en sag onder haar tong.

      “Ek is lief vir jou.”

      Sommerso is dit uit. Haar hart loop oor daarvan en sy wou dit sê. En sy weet hý wil, maar hy wag vir haar. Hy is bang, sy weet dit.

      Sy wag vir ’n antwoord. Toe dit nie kom nie, vra sy: “En jy? Hoe voel jy?”

      “Ek is nie lief vir jou nie.” Sonder huiwering.

      Dit kom soos ’n vuishou in die maag. Ek … is … nie … lief … vir … jou … nie. Sewe woorde, een vir elke dag van die week. Sy kan elke dag op ’n nuwe woord mediteer, dit behoorlik laat insink.

      Eric verduidelik. Ná sy vorige liefde is hy nog nie reg vir ’n ernstige verhouding nie. Hy is jammer, jammer, jammer. “Ek het lank hieroor gedink, Lex. Dis nie vir my maklik nie.”

      Dit het hom ’n jaar geneem om agter te kom dat hy net die tyd saam met haar omkry, besef Lexi.

      So het Eric hom uit haar lewe verskoon. Drie maande later het sy suster Lexi gebel: Eric het ’n meisie; dit lyk ernstig.

      3

      Lexi trek Christine se voordeur agter haar toe en stap na die kraan om die tuinslang te koppel. Sy het gisteraand laat op Simonsrivier aangekom en toe sy vanoggend by die slaapkamervenster uitkyk, het dit gelyk of die impatiens teen die muur met ’n bietjie water kan doen.

      Sy trek die tuinslang nader en begin om die blomme nat te spuit. Daar is onkruid ook, sy sal later vanmiddag die beddings skoonmaak.

      “Môre.”

      Sy wip vir die diep stem so naby haar – ’n Johannesburgse reaksie hier op die stil Simonsrivier. Die mooi vreemdeling met die blonde krulle staan aan die ander kant van die muurtjie. Lexi kan sy naam