Donatello en Volksie. Marion Erskine

Читать онлайн.
Название Donatello en Volksie
Автор произведения Marion Erskine
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624051077



Скачать книгу

is hoe ’n meisie soos jý nog so swerwend is op plekke soos Matchmate. Waarom het geen man die eintlike jý al raakgesien nie? Jammer, ek raak nou persoonlik. Ek wonder maar net.

      * * *

      Zoë blaas haar neus die hoeveelste keer en vee die trane af terwyl sy soek na die TV se afstandbeheer om dit af te skakel. Sy’t vroeër vir haar ’n DVD gaan uitneem. Dis al ná tien, Jan-Hendrik en mnr. Troy is steeds nie by die huis nie en sy het verveeld geraak. Dit was dié keer anders toe sy in die videowinkel instap. Daar was ’n paar ouens in die plek; haar ouderdom en redelik aantreklik. Sy’t gewonder of een van hulle nie Donatello kon wees nie. Hy woon ook mos in hierdie omgewing. Wat as dit wel die geval was? Wat as hulle letterlik langs mekaar gestaan het? Sou sy weet? Sou sy omgee as hy glad nie aantreklik is nie? ’n Kaalkop ou met ’n bierpens? Sy wonder die afgelope ruk so baie hieroor. Zoë raak sommer weer tranerig. Sy weet nie wat dit met haar is nie! Vies stap sy na die Mac in haar kamer en lees weer Donatello se laaste boodskap voordat sy lostrek:

      From: Volksie

      To: Donatello

      Subject: August Rush

      Dierbare Donatello

      Natuurlik gee ek nie om dat jy so ’n vraag vra nie, maar net as jy nie omgee dat ek die ball weer in jou court kan slaan nie. Waarom het ’n nice ou soos jy op Oukersaand alleen by die huis gesit, terwyl jy al lankal iemand moes kry om mee lemoene te deel? Ek probeer jou nog uitfigure. Daar’s iets anders aan jou. Ook maar ’n goeie ding jy sien my nie vandag nie, want ek sit nog heeldag in my pajamas en movies kyk. Ek kry nie meer tyd vir hierdie goed nie, weet jy? Hierdie paar dae tussen Kersfees en Nuwejaar is terrible, want nie net ooreet mens jou nie, maar dit gee jou tyd om te dink oor dinge. En ek wil nie altyd dink nie.

      Ek weet nie van watter soort flieks jy hou nie, maar ek neem toe mos die een uit wat die vrou in die videowinkel aanbeveel. Die naam is August Rush. Al gehoor daarvan? Anyhoo, ek kyk toe mos vanaand die fliek en op die ou end het ek meer tissues wat rondlê as in ’n gewone maand van snotverkoues. Now just wait a minute! Dis nie só ’n chick flick dat jy dit nie kan kyk nie. As jy hou van musiek en ’n mooi storie, sal jy dit baie geniet. Laat weet of jy dit al gesien het.

      “The music is everywhere. All you have to do is … listen!”

      Volksie

      Teen twintig minute oor twee die volgende oggend hoor Zoë ’n bliep vanaf haar rekenaar. Sy sit haar plakboek met ’n lang gaap opsy en sien dit is ’n boodskap van Donatello.

      To: Volksie

      From: Donatello

      Subject: RE: August Rush

      Genugtig, Volksie. Nooit in my wildste drome het ek gedink dat daardie film my só sou raak nie. Ek hou van ’n mooi storie, maar ek kyk baie meer realisties na die lewe. Films soos Shawshank Redemption is meer in my lyn van flieks, maar ek moet erken dat August Rush iets in my geraak het. Die seun se woorde, “Open your heart and listen”, het my laat dink. Ek het besef dat mens in die hedendaagse lewe soms toeval onder al die verwagtinge van ander. Jy lewe so hard, so vinnig – meestal om te doen wat ander van jou verwag. Ek kan byvoorbeeld nie onthou wanneer laas ek net in ’n park gaan sit en luister het nie. Sommer net bewus word van ander dinge wat om my aangaan.

      Jy sal dink dit is snaaks, maar vanaand toe ek in die videowinkel instap, het ek rondgekyk. Gehoop om jou te sien. Gewonder of ons mekaar sal herken as ons langs mekaar staan.

      Die enigste manier waarop ek soms kan ontsnap, is deur boeke te lees. Maar ek kry nie meer baie tyd hiervoor nie. In ’n stadium het ek maklik een of twee boeke per week gelees. Wanneer ek in daardie wêreld vasgevang is, voel ek vry, voel dit ek hoef my nie te bekommer oor die dag van môre nie. Nou ja, ek het my kant gebring en die film gekyk, gaan kry vir jou Dis ek, Anna van Elbie Lötter. En as jy dit al gelees het, laat my weet wat jy daarvan dink.

      D

      NS: Wees gewaarsku: dit is ietwat rof op die gestel.

      * * *

      Die oggend stap Zoë weer na haar gunstelingpark en luister na die geluide om haar. Donatello het gesê hy wil dieselfde doen. Die skaterlag van kinders wat speel, die voëlgekwetter om haar en selfs die verbystromende verkeer het ’n melodieuse gesuis. Dit is ’n simfonie van alledaagse klanke. Sy het lank nagedink oor Donatello se vorige e-pos. En nou luister sy weer na iets wat sy net elke dag as vanselfsprekend aanvaar. Sy haal die Anna-boek, wat sy van Jan-Hendrik se boekrak af geleen het, uit haar rugsak en maak dit oop. Jan-Hendrik het doerietyd ook so aangegaan oor die boek, dit is dié dat sy nou maar besluit het om Donatello se aanbeveling te volg. Dit is nie nét omdat hy haar gevra het nie, troos Zoë haarself.

      * * *

      To: Donatello

      From: Volksie

      Subject: Dis ek, Volksie

      O nee, meneer! No ways! So werk dit nie. Ek sê jy moet ’n twee uur lange movie kyk en jy laat my ’n dikke boek lees. Dit het my ’n volle twéé dae gevat, en my oë lyk asof ek die een of ander deadly disease in Afrika op die lyf geloop het. Maar ek’s klaar en glo my, dis ’n rekordtyd vir my, want vir lees is ek nie baie lief nie. Wat’s jou plan met my? Om my vir altyd te laat opsluit in ’n depressiekliniek? Ek het my skoon simpel gehuil! Nog meer as in die fliek! O, ek belowe jou, daai man moet laat ek hom in die hande kry! Ek sal … ek sal hom … iets aandoen!!! En die ergste van als is, dit is ’n ware verhaal, D. Hoe maklik moan ons nie oor ons everyday life nie, en mense naby ons, selfs dalk ons bure, moet sulke suffering deurgaan? Sien, daar huil ek sommer al weer. Ek gaan jou charge vir ’n nuwe computer as dié een ontplof! Do remind me om jou, wanneer ek jou ontmoet, ’n lekker skop onder die a$$ te gee. Kan ons asseblief nou net oor happy dinge chat, want ek’s drie sekondes daarvan weg om my eie polse af te kou. Tog, dankie vir die recko. Ek was mal oor die boek. :-)

      Z …

      Net voor middernag kom Donatello se boodskap deur:

      To: Volksie

      From: Donatello

      Subject: Z???

      Nou het jy my eers nuuskierig. Waarom Z? Begin jou naam daarmee? Jy klink nie vir my soos ’n Zelda of ’n Zelia nie. Of sukkel jy net met my? Jy het dit ook bitter laat getik, so dit kan beteken dat jy dalk slaperig is. ZZZZZ. Vertel, tóé?

      Vanoggend het ek gaan draf en elke keer wanneer ek ’n ou Volksie sien aan jou gedink. Selfs toe ek van die nuwes sien, kon ek nie anders as om aan jou te dink nie. Vir wie probeer ek nou jok? Ek het in elk geval die hele oggend aan jou gedink. Sjoe, maar ek is lekker dapper met my gevoelens agter ’n rekenaarskerm. Ek hoop van harte dat ek so dapper kan voorkom wanneer ons mekaar van aangesig tot aangesig ontmoet. Noudat ek op die onderwerp is, sou jy my wou ontmoet vir daai beloofde “onder die a$$ skop”? Of gaan ons nog so ’n paar maande hier in kuberruimte rondbaljaar en mekaar uit die slaap hou?

      Donatello

      * * *

      From: Volksie

      To: Donatello

      Subject: Wanneer en waar?

      Hallo, jy. Skies ek het nie gisteraand teruggetik nie, maar ek was óp, hoor. Kan jy glo dis al die 30ste? Nog een dag en dan is ons in 2008! Ek oorweeg dit om vanjaar geen resolutions te maak nie. Wat van jou? BTW … ek is baie bly jy’t by die park uitgekom en dat ’n Volla jou aan my laat dink. Dit sal seker maar te veel expectation kos dat ’n roos of iets moois jou aan my laat dink? Maar wat, ek sal maar tevrede moet wees met ’n geroeste blik as association. SMG! Ek sukkel net met jou! Maar jy’s nog lank nie vergewe vir die Anna-boek nie! So, moenie eens dink ek gaan jou so maklik laat gaan nie.

      ’n Meet klink heel cool. En ek dink glad nie jy’s voor op die pram om dit te noem nie. Heng, ek’s so verveeld hierdie afgelope ruk. Veral nadat Boom weg is. Afgesien van ’n paar kliënte, sit ek maar hier by die huis en dink te veel. Wat beplan jy vir Oujaarsaand môre? Dalk kan ons iets saam doen, want ek’s nie lus om by die huis te sit nie. Sorry, ek is seker nou lekker forward en as jy iets beplan het, ignore sommer net die vraag. My sterre voorspel