Hartland. Deon Opperman

Читать онлайн.
Название Hartland
Автор произведения Deon Opperman
Жанр Сказки
Серия
Издательство Сказки
Год выпуска 0
isbn 9780624056928



Скачать книгу

      — V —

      Presies hoekom Rudi die teksvers uit Job gekies het vir sy gesin se boekevat net voordat hulle na Jan-hulle is, kan hy self nie verklaar nie. Die een oomblik het hy gewonder watter teks vanpas sou wees, die volgende oomblik het hy op die Job-vers besluit. As hy heeltemal eerlik moet wees, onthou niemand in sy gesin veel langer as ’n dag waaroor daar op ’n spesifieke dag tydens hul gesin se boekevat gepraat is nie.

      Met die aanhaling uit Job is dit anders. Die woorde keer terug, ’n soort waarskuwing. Die vers lok ’n gevoel van onheil op sy gesin af – Rudi weet nie daarvan nie; hy is op sy beste blind vir sy eie gesin se diepste wroegings, en hierdie keer is geen uitsondering nie.

      Terwyl hy vanoggend vir ’n laaste maal deur sy preek vir die oggend lees, is dit die vers uit Job wat sy gedagtetyd opeis, nie die preek nie.

       As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe. Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus.

      Nou staan hy agter sy kateder op die preekstoel. In sy gemoed is daar geen vertroosting gevind nie. Hy het verskeie kere in die nag opgestaan om in sy studeerkamer sy gebedsgesprek met God voort te sit. Die gebede het genoeg van ’n kalmerende effek op hom gehad om hom weer aan die slaap te laat raak – net om weer ru wakker te skrik. Hannes in sy kop. Die grensoorlog in sy gedagtes.

      Rudi het sy teksvers klaar gelees en begin met die eksegese. “En nou kan ons opreg vir die Here vra: Hoe moet ons, in ’n samelewing waar ons daagliks deur mense verlore in sonde bedreig word, in ’n samelewing waar ons elektriese heinings en sekuriteitswagte het, waar elke tweede man ’n geweer in sy kluis het, hoe, in so ’n samelewing kan ons nog ons Christenskap uitleef? Hoe, in alle eerlikheid ...?”

      Sy oë beweeg oor sy gemeente terwyl hy praat. Soms kyk hy na die leë sitplekke aan die kante. Kon hy maar net sowel voor ’n leë kerk gestaan het? wonder hy dikwels. Vandag is die kerk voller as gewoonlik, wat Rudi angstig maak. Hy preek vir sy gemeente – maar hy doen ook verantwoording voor God. Deur sy woorde. In sy gedagtes. Selfs met sy houding hier voor die mense.

      En met die gevoel van onheil wat deurentyd met hom is.

      Gerhard, Rika en Esmé sit in die voorste ry. Rudi het ’n vaste gebruik – hy kyk in hul rigting, maar probeer nie spesifiek oogkontak maak nie. Hy wil nie hê dat sy gedagtes afgelei word van die preek nie. Hy kan nie bekostig dat sy gedagtes begin wegbeweeg van die preek wat hy so netjies met die hand uitgeskryf het nie.

      Rudi is in elk geval nie só oplettend dat hy sal kan sien dat Gerhard se gedagtes baie ver weggedwaal het nie.

      Waar hy in die voorste ry sit, is Gerhard se gedagtes met ’n duisend en een dinge besig. Hy is ’n teologiese student in sy laaste jaar van studies. Hy besef hy behoort tot ’n jonger geslag as dié van sy pa, maar nogtans onderwerp hy elke Sondag sy pa se preke aan sy eie strawwe toetse. Soms besluit hy dat hy die preek op dieselfde manier as sy pa sou aangepak het, meermale sit hy en dink oor presies hóé hy dit anders sou gedoen het.

      Vandag het hy ’n hinderlike aanvoeling wat hom gedurig laat omkyk. Dit voel vir hom of iemand besig is om hom dop te hou. Dis nou nie daai simpel ding van nekhare wat rys of so iets nie. Nee. Hy voel net iemand kyk vir hom.

      En elke keer as hy omkyk, sy blik oor die gemeentelede links agter hom laat swaai, dan sien hy die een vrou raak. ’n Middeljarige vrou. Haar nog nooit vantevore gesien nie. Effens plomp in die gesig, maar oë vol emosie en warmte.

      Nou, terwyl sy pa se woord “eerlikheid” in sy ore weerklink, draai hy weer om, en ’n paar sekondes lank hou hy en die vrou mekaar se oë. Sy glimlag nie, maar daar kom ’n versagting in haar gelaatstrekke. Gerhard snap onmiddellik dat sy die een of ander gevoel vir hom het, maar wat? Hy ken haar dan nie!

      Hy draai terug, kyk af na sy hande, en hoor dan weer sy pa se stem: “... draai ’n man die ander wang wanneer sy vrou en kinders in sy eie huis en voor sy eie oë aangerand word? En die antwoord, my liewe broers en susters, die antwoord kry ons by ons liewe Jesus Christus ... vergifnis.”

      Later die dag sal Rudi wonder of Hannes buite staan en luister het en toe op die gepaste oomblik ingekom het. Maar nou, hiér, beier die woord “vergifnis” nog deur die kerkgebou. Die deur van die kerk gaan oop en Hannes stap in.

      Rudi, wat die woord “vergifnis” met ’n begrypende glimlag oor die gemeentelede uitgestoot het, se gesig verstar onmiddellik wanneer hy sien wie die kerk binnegekom het.

      Hier is die onrus! Hy is dadelik van stryk.

      Hy kyk na sy notas, maar in sy kop loei die woord “vergifnis”, en die nagalm van sy gebed gistermiddag: my sondes het my ingehaal, my sondes het my ingehaal ...

      Hannes gaan sit heel agter, alleen in ’n ry.

      Rudi kyk af na sy notas. Hier, voor die gemeente, voor Hannes, voor sy familie, is dit nie moontlik om almal tot orde te roep met ’n “nie nou nie!”

      Rika se oë is op Rudi. Sy weet iets is besig om skeef te loop, maar dan kry Rudi alles weer onder beheer: “Die antwoord kry ons by onse liewe Jesus Christus ... Dit is moeilik om te vergewe ... dit is ... moeilik ... uh ... moeilik ...”

      Rudi sukkel met sy rede. Alle gesag het sy stem verlaat, en sy gemeente kan hoor hoe onseker hul prediker is oor die woorde wat hy uitspreek.

      Rika word yskoud.

      “Vergifnis ... veral as jy ... as jou siel ... verkrag word ... jou geliefdes ...”

      Rudi swyg.

      Sy gemeente kyk saam met sy gesin verwonderd na Rudi – die herder wat hulle deur die jare met soveel forse sekerheid gelei het, is nou net ’n herinnering. Hulle wag op sy terugkeer.

      Hannes kyk stil na Rudi.

      Rudi neem ’n slukkie water uit ’n glas op sy kateder. Dan gaan hy voort. “Om te vergewe is moeilik.” Die krag begin terugkeer in sy stem. “Maar sonder vergifnis is ons almal verlore.”

      Hannes kyk na Rudi.

      Rudi kan Hannes nie in die oë kyk nie.

      Hannes staan op en stap weer uit.

      Die kerk se voordeur swaai met ’n luide geklap agter Hannes toe.

      Rudi vee die sweet van sy bolip af met sy sakdoek. “Want vergifnis ... en liefde ... vir jou naaste ... is die kern van ... is die kern van onse Jesus Christus se boodskap.”

      Rika wag geduldig vir Rudi om sy sake met die ouderlinge en diakens af te handel, en wanneer hy uiteindelik verskyn, val sy dadelik langs hom in. Rika kan sien dat hy nog ontsteld is. Sy weet ook, uit jare se ondervinding, dat hy nooit met haar daaroor sal gesels as sy hom nie daarna uitvra nie.

      “Wat het in die kerk gebeur?” Rika vra dit heel saaklik. Wil Rudi nie nog verder omkrap nie.

      “Hoe bedoel jy?”

      Sy het verwag dat hy eers sal maak asof niks gebeur het nie. Hy maak altyd so. Soms verdwyn die probleem voordat sy hom kan uitvra, soms talm dit. Soos nou.

      “Kom nou, Rudi, in al die jare van ons huwelik het ek nog nie een van jou dienste gemis nie. Jy weet wat ek bedoel.”

      Rudi antwoord nie. Hy wil nie vertel nie. Kan nie vertel nie.

      Rika aarsel effens en gaan staan dan, sodat hy ook tot stilstand moet kom as hy nie ongeskik wil wees nie en na haar moet draai.

      Hy besef hy gaan moet praat. “Ag, ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie ... maar hierdie storie met die man wat gister na my gekom het ...”

      “Hannes?”

      Rudi knik. “Dit het my op ’n vlak ontstel wat ek nie mooi kan verduidelik nie ... en toe, terwyl ek preek, dink ek aan hom, en toe verloor ek my konsentrasie. Dis al.”

      Rika wil hom nie glo nie. Dit kan nie al wees