Schalkie van Wyk Keur 10. Schalkie van Wyk

Короткие любовные романы.

Скачать книгу
Читать онлайн

Schalkie van Wyk Keur 10


Год выпуска 0

isbn 9780624057574

Автор произведения Schalkie van Wyk

Жанр Короткие любовные романы

Серия

Издательство Ingram


In Die grondbaron koop Erika Marais en haar kunstenaarbroer, Henno, die pragstuk van ’n huis, Drie Eike, op hul tuisdorp van weleer met die oog daarop om ’n losieshuis daarvan te maak. Hulle het egter skaars daar ingetrek, of dit blyk dat die verkoper, Riaan van Vollenhoven, se broer, Wilhelm, eintlik die eerste opsie op die huis het. Maar tot tyd en wyl Riaan hulle geld terugbetaal, het Erika-hulle geen ander heenkome nie en sy bly aan as ’n soort van ’n huishoudster. Erika moet toesien hoe Minette du Toit en Amalia Davel hul flikkers by die hoogs hubare Wilhelm gooi . . . In Somer van betowering leer ken ons ’n stinkryk heks met ’n hart van goud, ’n potjierol-kluisenaar met die empatie van ’n reus, ’n beeldskone meisie met die liefde van ’n vrou, en die man van haar drome met ’n hart vol vyandigheid. Dit is die boeiende verhaal van Elbie de Villiers se liefde vir haar ouer suster se kleintydmaat, Luan Stegmann, en sy weiering om dit te glo, totdat dit byna te laat is. Dit neem die leser mee op ’n reis wat vertel van onselfsugtigheid, alleenliefde, waagmoed – en uiteindelik: betowering. En in Meisie in die reën besef Marli Conradie, toe sy ná tien jaar weer vir Hilgard Geldenhuys sien, dat haar tienerliefde vir die man voor wie sy grootgeword het, in die dieper liefde van ’n vrou verander het. Daarmee saam weet sy egter ook dat haar liefde wense in die wind is, want Hilgard behandel haar steeds soos sy klein “asjas” wat hy teen die lewe moet beskerm. Hulle keer saam terug na Groeneweide, waar die wyse, warme tant Alma Marli onder haar vlerk neem – veral toe Marli uitvind dat die flerriemerrie van ’n Ulricke Starck haar verleidelike net wyd gespan het vir Hilgard.