The obvious thing to do with this play is to read it as a text, just as you would if it were a short story or a novel. But it holds other possibilities as well. • It could be read aloud, with four learners taking the different roles while the rest of the class follow along in their books as the audience, or the class could be divided into groups of four to do the play reading in groups so that everyone gets a chance to read aloud. • It could even be staged, with auditions to choose the best cast, who will learn their parts by heart and perform for a wider audience than their classmates, with costumes and props on a set, just as the playwright intended. • The play could also be the source of other activities in the classroom such as improvisation, role play and writing. Drama offers the possibility of enjoyment along with a growth in empathy, teamwork and language skills. We hope that this play will serve you in all those ways.
How well do you know the poems in your prescribed poetry anthology? Do you understand the contents and structure of each poem? Are you ready to write your exams? This study work guide has been compiled to help learners grasp each poem in Vistas of Poems, the prescribed poetry anthology for Grade 11 First Additional Language. The guide has been compiled to the requirements of the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) and all important aspects relating to each poem have been covered – in accessible language. Remember! This guide cannot be used on its own as it refers to the poems in the prescribed text throughout. The content of this study work guide • In-depth discussion and application of the structure of each poem and poetry in general. • Explanations and analysis notes. • Notes on the content and context of each poem and contextual questions (with space for learners’ answers). • Complete word explanations within the analysis of each poem. • Thorough analysis according to the title, stanzas and verses. • Formal assessment. • Removable answers to the contextual questions
This study work guide forms part of a series. As the name suggests, this is not only a guide in which the novel is discussed, but also a workbook in which learners can make notes. This provides for easy revision for exams and tests and keeps valuable notes from going astray. The content of this study work guide: • Background information on the plot and author. • A discussion of literary elements in context. • A chapter by chapter discussion of plot development, symbols, and themes, with definitions of useful words and questions (with space for learners’ answers provided). • Formal assessment activities. • Enrichment activities. • A removable answer section.
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: • ’n Opsomming van die verhaal. • ’n Bespreking van die basiese kenmerke van die roman, aan die hand van die teks. • Agtergrondinligting en annotasies. • Hoofstuk-vir-hoofstuk opsommings, vrae en assesseringstake, met plek vir leerders se antwoorde.
Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, RR Ryger, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm, Marié Heese, Cecile Celliers, Malene Breytenbach, Fanie Viljoen en Herman Lategan jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ʼn swartbord knars.
Naspers is een van 'n handjievol maatskappye uit Afrika wat binne een eeu gegroei het tot 'n globale mededinger met rekordaandelepryse – en dit boonop op die gebied van tegnologie. Dié versameling essays, geskryf deur groot geeste in die Suid-Afrikaanse mediawêreld, gaan oor die boustene van die grootste mediamaatskappy op die kontinent. Dit is 'n onderneming wat tendense vroeg identifiseer, dit aanpas vir die markte waarin hy bedrywig is en dit benut tot groot voordeel van die maatskappy, sy aandeelhouers en sy werknemers.
Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd vir skrywers onder dertig word met die sewentien verhale in hierdie bundel afgesluit. Vanjaar se verhale – soos byeengebring deur Suzette Kotzé-Myburgh en Leti Kleyn – belig uiteenlopende temas soos skuld en onskuld, grootword en veroudering, moord en die dood, familieverhoudings, kwesbaarheid en verlies, liefde en seks. Die skrywers is Frederick J. Botha, Luka Dreyer, Susan Gaigher, Carla Kargaard, Corné Koegelenberg, Martin Laubscher, Ilisna Nel, Carien Smith, Tanya van Buuren, Heloïse van der Walt, Christina van Deventer en Elani Venter.
Dié omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan. ’n Onontbeerlike klassieke boek in ’n nuwe baadjie.
Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat piekfyn, hedendaagse leer- en onderrigmateriaal vir dié van julle wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal aanleer. Boonop word taalleerstof op ’n boeiende en dikwels prettige manier met dié van verskeie ander vakke geïntegreer om julle ervaringswêreld te verryk en uit te brei.
Wanneer assessering ter sprake kom, val die klem op die inhoud en vaardighede van Afrikaans as vak en word jy deel van ’n proses wat jou in staat stel om op hoogte van jou eie vordering en prestasie te bly. Die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede in Piekfyn Afrikaans word deeglik vervat in ’n wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite. Jy word deurlopend blootgestel aan luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, terwyl jy terselfdertyd die vermoë ontwikkel om Afrikaans funksioneel, kreatief en speels te gebruik en te skep.
Geniet hierdie piekfyn leerervaring!