Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes. Helena Bester

Читать онлайн.
Название Nuwe hoop vir ADHD by kinders en volwassenes
Автор произведения Helena Bester
Жанр Личностный рост
Серия
Издательство Личностный рост
Год выпуска 0
isbn 9780624063872



Скачать книгу

meeste onderwysers kan daarvan getuig dat ADHD-tieners dikwels ’n gebrek aan respek en soms selfs aggressiewe gedrag toon. Hulle kan nogal onvoorspelbaar wees (dit geld ook volwassenes). Duidelike grense en ferm optrede hou ADHD-tieners meestal in toom.

      Selfgesentreerdheid

      ADHD-lyers kom meestal selfgesentreerd of selfsugtig voor. Ek sê doelbewus “kom voor” omdat ek dikwels ook die teenoorgestelde by hulle sien. Hulle is dalk nie ingestel op ’n ander persoon se behoeftes nie – en is trouens nie eens bewus daarvan nie – maar hulle gee graag en maklik. Hoe kan ’n vrygewige mens terselfdertyd selfsugtig wees? In my ervaring het elke negatiewe eienskap van mense met ADHD ’n positiewe kant.

      Probleme met grense

      Mense met ADHD-simptome ervaar persoonlike ruimtes anders as die deursnee-mens. Daar word dikwels gesê dat hulle ’n probleem met grense het. Juffrou weet waarskynlik dat Petrus wat so aanhoudend by haar lessenaar is, ’n ADHD-kind is. Dit voel soms asof jy sy gesig voor jou gaan sien as jy in die middel van die nag wakker word. Dit is asof hy altyd vlak voor jou is.

      Pa’s raak dikwels baie gefrustreerd hieroor. Pa kom moeg van die werk af en Rikus is by hom en bo-oor hom en vertel hom duisend dinge alles in een asem. Wanneer Pa uit Londen huis toe bel, kan hy omtrent nie met Ma praat nie, want Rikus neem die telefoon oor. Aan die einde van die gesprek kan Rikus nie vir Ma sê wat Pa gesê het nie en Pa weet ook nie wat Rikus gesê het nie. Pa is kwaad vir homself omdat hy geïrriteerd en kortaf met Rikus was. Rikus is huilerig en ongelukkig en Ma probeer die wonde heel.

      Die volwasse lyer sal ongestoord in jou private ruimte inbars en glad nie aanvoel dat hy ’n grens oortree nie. Ek het nog niemand met ADHD teëgekom wat liggies aanklop of kug en vra of hy maar kan binnekom of nader staan nie.

      So gaan vier van ons – ek, ’n vriendin van kindsbeen af, haar ma en nog ’n vriendin – weg vir ’n naweek. Elaine se ma is in die tagtig en steeds ’n klassieke ADHD-lyer. Dit is ’n voorreg om haar lewenslus en entoesiasme mee te maak. Ons verkneukel ons dikwels in haar prontuit sêgoed. Die dag toe ek Elaine en haar ma ná die naweek by die lughawe gaan aflaai, probeer sy haar bes om te luister na ’n storie wat ek vertel, maar my stem is sag en die storie raak lank. Die haar wat voor my oë hang, trek aanmekaar haar aandag. Tot sy ’n vasbeslote uitdrukking in die oë kry, die haar met mening vasvang en hom uitpluk. “Dis beter,” sê sy.

      Praterigheid

      Hierdie eienskap hou verband met die onvermoë om grense te respekteer, impulsiwiteit asook hoë energievlakke. Mense met ADHD sal aanhou praat selfs nadat almal al geskimp het dat hulle nie die fliek kan volg nie. Om prontuit te sê: “Jy praat ons ore van ons kop af” help ook nie noodwendig nie, of kan die persoon baie verontwaardig en seergemaak laat voel. Die fokus verskuif dan na die onsensitiewe aanmerking, en die persoon wat dit gemaak het, kry die skuld vir die onaangenaamheid.

      Blamerende gedrag

      Soos in die voorbeeld hierbo blameer mense met ADHD dikwels ander vir die ongemak wat hulle beleef. Die persoon het dalk nie die insig om te besef dat sy eie gedrag ander mense tot heftige optrede dwing nie. ’n Ma sal byvoorbeeld haar man berispe omdat die kind al in trane is oor sy geterg. Die man sal dan hoogs ontstoke antwoord dat hy altyd gekritiseer word en dat niks wat hy doen ooit reg of goed genoeg is nie. ’n Hele nuwe drama ontstaan dan waarin die oortreder die slagoffer word.

      Ter opsomming

      Die tipiese eienskappe van ADHD-lyers waarna ons (benewens die simptome wat in die DSM-5 gelys word) in hierdie afdeling gekyk het, is:

      •impulsiwiteit (wel ’n simptoom volgens die DSM-5-kriteria)

      •ongeorganiseerdheid

      •gebondenheid aan die konkrete

      •rigiditeit

      •swak taalvaardighede

      •oorhaastigheid weens swak ouditiewe prosessering

      •nalatigheid

      •onderprestasie

      •fisieke kenmerke (byvoorbeeld slordige handskrif)

      •swak beplanningsvermoë

      •onverantwoordelikheid

      •swak deursettingsvermoë

      •ongeduld

      •woedeuitbarstings

      •aggressiewe gedrag

      •selfgesentreerdheid (selfsugtigheid)

      •probleme met grense

      •praterigheid

      •blamerende gedrag.

      Wat moet ek weet omtrent stimulantmedikasie?

      ADHD het al byna sinoniem geword met die gebruik van stimulantmedikasie soos Ritalin of Concerta as behandeling. Daar is deesdae egter ook ander vorms van medikasie beskikbaar, en weens toenemende vrese oor die newe-effekte van stimulantmedikasie het baie ouers begin kyk na natuurlike behandelings soos dieetaanvullings. Om jou te help om ’n keuse te maak waarby jy die beste aansluiting vind in terme van jou oortuigings en behoeftes word die verskillende vorms van behandeling in hoofstuk 8 bespreek.

      Deel 2: Toestande wat soms met ADHD verbind word

      Daar bestaan ’n toenemende tendens om sogenaamde ko-morbiede of verwante toestande by ADHD-lyers te diagnoseer. Van die algemeenstes is die volgende:

      Opponerend-opstandige versteuring

      Opponerend-opstandige versteuring (oppositional defiant disorder of ODD in Engels) is volgens prof. André Venter van die Universiteit van die Vrystaat een van die toestande wat die meeste met ADHD verbind word. Ongeveer die helfte van kinders in die gekombineerde ADHD-groep ly aan ODD, terwyl een kwart van die onaandagtige groep met ODD gediagnoseer word. Die toestand lei tot gedragsprobleme wat nie slegs met medikasie behandel behoort te word nie.

      Kinders by wie ODD gediagnoseer word, toon uitdagende of uittartende gedrag. Hulle verloor hulle humeur, stry dikwels en weier om gehoor te gee aan reëls of versoeke. Hierdie kinders pak gewoonlik die skuld vir hulle foute op ander mense. (Selfs ADHD-lyers wat nie opponerende gedrag toon nie, is hiertoe geneig.) Hulle is dikwels wraaksugtig en haatdraend. Die simptome ontstaan moontlik omdat die ADHD-kind homself as ’n mislukking beleef en baie frustrasie en woede ervaar.

      Gedragsteurnis

      Gedragsteurnis (conduct disorder of CD) is ’n baie groter gedragsprobleem as ODD. Een kwart van kinders, adolessente en volwassenes wat aan die gekombineerde ADHD ly, toon duidelike simptome van CD.

      Kinders by wie CD gediagnoseer word, toon nie respek vir die basiese regte van ander mense nie. Hulle dreig of intimideer ander kinders, sit dikwels ’n bakleiery aan die gang en is oor die algemeen aggressief en selfs wreed teenoor mense en/of diere. Kinders met CD loop dikwels weg van die huis af of bly die hele nag uit. In sommige gevalle word ernstige oortredings, soos die beskadiging van eiendom en diefstal, begaan. ’n Multidissiplinêre span behoort betrek te word by die behandeling van so ’n kind.

      CD by volwasse ADHD-lyers word gediagnoseer indien die persoon nie aan die kriteria vir die diagnose van antisosiale gedragsversteuring voldoen nie.

      Ontwrigtende gemoeddisreguleringsversteuring

      Ontwrigtende gemoeddisreguleringsversteuring (disruptive mood disregulation disorder of DMDD), ’n nuwe diagnose in die DSM-5, kan ook saam met ADHD gediagnoseer word. Hierdie versteuring word nie vir die eerste keer voor sesjarige of ná agtienjarige ouderdom gediagnoseer nie en moes voor tienjarige