Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Читать онлайн.
Название Susanna M Lingua-keur 15
Автор произведения Susanna M Lingua
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624053675



Скачать книгу

      Nadat Rista ’n warm bad geneem het, trek sy haar slaapklere aan en klim in die bed. Sy is moeg en uitgeput van die hele nag se ry en raak sommer dadelik aan die slaap.

      Toe Ouma later die slaapkamer binnegaan, vind sy Rista vas aan die slaap. Sy trek die kombers reg en vou dit effens onder Rista in sonder om die slapende meisie te steur.

      ’n Tydjie lank staan Ouma die pragtige blos op die meisie se gelaat en bewonder. Dan verlaat sy die vertrek net so stil as wat sy dit binnegekom het.

      16

      Toe Rista die volgende môre wakker word, skyn die son reeds helder by haar kamervenster in. ’n Wyle lê sy en luister na al die bekende huisgeluide. Dan val dit haar op hoe lank sy werklik geslaap het.

      Haastig spring sy uit die bed. Terselfdertyd gaan haar kamerdeur oop en loop sy haar byna vas in Mina wat vir haar ’n koppie koffie bring.

      Nadat sy die koffie gedrink het, stort sy vinnig en gaan dan ’n laat ontbyt nuttig.

      Sy wonder waarom Ouma haar nie al vroeër kom wakker maak het nie. Sy wou spesiaal vroeg opgestaan het vanoggend, omdat sy graag vir mevrou Coetzee wil gaan besoek. Nou is dit al te laat. Sy twyfel of sy Brenda se moeder ooit vandag sal tuis vind.

      Na ontbyt klim Rista in haar motor – wat Mina se man vroeër die oggend gewas en blink gevryf het – en ry na die landdros se huis in die hoop dat sy mevrou Coetzee tog tuis sal vind.

      Op pad daarheen wonder sy hoe dit met Johan gaan. Dan dink sy meteens daaraan dat sy nog nie weet van watter dorpie Johan die beroep as leraar ontvang het nie, want na daardie onaangenaamheid van nie so lank gelede, het Brenda nooit weer ’n woord oor Johan gerep nie. Rista het haar swye verwelkom, want dit maak haar tog net seer om aan sulke dinge herinner te word.

      Toe sy later aan die deur van die landdros se huis klop, is niemand tuis nie. Sy klim dus maar weer in haar motor en ry terug.

      Voor die losieshuis hou sy stil. Dan sit sy ’n tydjie en staar na die massiewe kerkgebou aan die oorkant van die straat.

      Ineens kry sy ’n bevlieging om die orrel weer ’n keer te gaan bespeel, maar dan val dit haar by dat sy nog laas vir Pieter op die kerkorrel in Pretoria gespeel het.

      Nee, sy sal liewer nie vandag gaan speel nie. Dit sal haar te veel herinner aan die ongelukkige Pieter. En sy wil tog nie vandag aan sulke onaangenaamheid herinner word nie, nie wanneer die son so heerlik skyn en die mossies so vol vreugde in die dennetoppe tekere gaan nie.

      In die oop deur van die stoepkamer wat eers haar privaat sitkamertjie was, steek Rista meteens vas.

      Wat sy voor haar sien, is geensins haar gesellige sitkamertjie nie, maar die spreekkamer van ’n dokter. Oral is glasbuisies van verskeie groottes, instrumente en niervormige bakkies wat soos ornamente in die groot glaskabinet pryk. Die hele vertrek ruik na ontsmettingsmiddels en eter wat so eie is aan die mediese beroep en wat ’n mens onmiddellik aan ’n dokter herinner.

      Dan begryp Rista meteens wat plaasgevind het gedurende haar afwesigheid, en sy stap weg om met Ouma te gaan praat. Dokter Chris Myburgh het Ouma so oorweldig dat sy selfs my ou sitkamertjie ook aan hom afgestaan het. In haar liefdevolle ou hart het hy natuurlik ook my plekkie ingeneem terwyl ek weg was, dink sy met ’n tikkie weemoed.

      Teleurgesteld stap Rista na die vrugteboord, waar die bome op die oomblik besig is om te bot – ’n gewisse teken van lente en ’n naderende somer wat weer kleur aan elke boom sal gee.

      Later ontdek Rista dat al die meubels van haar sitkamertjie na die groot ontvangskamer verskuif is.

      Nou sal dit nie meer nodig wees om met Ouma daaroor te praat nie. Sy weet nou waar haar klavier is. En wat sal dit tog baat om verder daaroor te praat? Sy sal tog nie haar klein heiligdom daardeur terugkry nie. Die jong dokter beskou dit natuurlik nou as sy eiendom.

      Die sewende dag na Rista se aankoms begin sy dit weer oorweeg om ’n betrekking te aanvaar.

      In Pretoria het die tyd haar nooit verveel toe sy in Pieter se kantoor gewerk het nie. Maar hier op Kroondal weet sy nie meer wat om met haarself aan te vang nie. Alles lyk so vreemd noudat die huis verbou is, dat sy self soos ’n vreemdeling voel.

      Hoewel sy baie lief was vir haar klavier, voel sy nou ook nie eens meer lus om dit te bespeel vandat dit in die ontvangskamer staan nie.

      En saans wanneer al die huisgenote tuis is, word daar gewoonlik oor niks anders gepraat as oor die dokter se broer wat ’n ongeluk gehad het nie. Dan wonder almal net wanneer die Myburghs weer sal tuis wees.

      Sodra die gesprek só ’n wending neem, onttrek Rista haar gewoonlik aan die geselskap, neem ’n boek en gaan lê op haar bed en lees.

      Dit is vir haar duidelik dat die jong dames gretig is om die Myburghs weer in hulle midde te hê bloot net omdat hulle almal dol is oor die aantreklike jong dokter.

      Sy wens eintlik al self dat die Myburghs terug is sodat hulle net oor iets anders kan praat. Sy moet gedurig aanhoor hoe ’n begaafde man die jong dokter is, hoeveel roem hy oorsee verwerf het en hoe ’n doring hy eintlik met ’n ontleedmes is.

      Ja, vir Rista sal dit bepaald ’n seën wees om die Myburghs terug te sien in die midde van hulle bewonderaars. Sy voel al byna soos ’n indringer in die geselskap van die huisgenote.

      17

      Vandag is daar in die losieshuis weer ’n doenigheid, want binne enkele ure sal die Myburgh-gesin tuis wees.

      Behalwe Rista, is almal baie opgewonde oor die koms van die gesin. Die meisies is maar te gretig om Ouma te help, want alles word mos vandag uitsluitlik net vir die Myburghs voorberei.

      Aangesien dit Saterdag is, bied Rista aan om vir Ouma die groente op die mark te gaan koop. Sy wil tog nie die herontmoeting by die aankoms van die gesin aanskou nie. Al is dit teen Ouma se sin dat Rista afwesig moet wees wanneer die Myburghs daar aankom, laat sy haar tog maar uiteindelik gaan.

      Toe Rista later by die hek uitry dorp toe, slaak sy ’n sug van verligting. “Dankie Vader,” laat sy hoorbaar volg. “Nou is ek ten minste uit die gedrang. Dat die mense nou so laf kan wees! ’n Mens sou sê dis ’n koninklike gesin wat vandag verwag word.”

      Dan glimlag Rista toe sy daaraan dink hoe maklik sy die “opwindende” ontmoeting ontduik. Vandag ry sy stadig. Daar is geen haas nie. Ouma het tuis nog genoeg groente vir vandag.

      In die dorp gaan nuttig Rista eers ’n koppie koffie en koeksisters in die weduwee Nel se kafee. Daarna staan sy nog ’n ruk met die weduwee en gesels, speel so ’n tydjie met laasgenoemde se tweejarige dogtertjie en verlaat dan die kafee.

      By die mark beweeg Rista rustig tussen die veelkleurige stalletjies. Hier en daar groet sy ’n bekende en staan ’n wyle met elkeen en gesels. Toe sy later al die nodige groente en vrugte gekoop het waarvan Ouma sorgvuldig ’n lys gemaak het, soek sy vir haarself ’n bossie rose uit. Dan stap Rista tydsaam na haar motor wat voor die markgebou geparkeer is.

      Met die bossie rose veilig langs haar, skakel sy die motor aan en ry weg. Op die oomblik voel Rista baie ingenome dat sy byna drie uur gebruik het om Ouma se inkopies te doen. Nou sal die ergste opgewondenheid tuis al oorgewaai het, dink sy en glimlag. Ouma sal beslis gesteurd wees omdat sy so lank gedraai het, maar dit maak ook nie saak nie. Dit sal nie die eerste keer wees nie. Sy weet goed Rista hou nie van so ’n gedrang nie.

      Dan draai sy by die hek in en hou agter die losieshuis stil.

      Sy word deur die ou dokter en sy gade gegroet. Sy bemerk dat die jong dokter nie teenwoordig is nie en gaan ’n wyle by die twee ouer mense sit en gesels om te hoor hoe dit nou met Pieter gesteld is.

      “Rista, jou klein stouterd,” kom dit ergerlik van Ouma wat net die portaal binnekom.”Waar bly jy tog die hele tyd weg, kind?”

      “Ag, Oumatjie, daar was soveel ou bekendes dat ek nie juis vroeër kon wegkom nie.”

      “Wel, ek