Susanna M Lingua-keur 15. Susanna M Lingua

Читать онлайн.
Название Susanna M Lingua-keur 15
Автор произведения Susanna M Lingua
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624053675



Скачать книгу

beskou het nie. Behalwe vir een vlugtige blik gister in die motor, het sy nog nie weer die geleentheid gekry om sy gesig goed te betrag nie.

      Wat haar wel opgeval het, was sy pragtige stem en sy goed gekose woorde. Sy fors gestalte in ’n donker pak het sy ook maar net terloops opgemerk.

      Terug in haar slaapkamer besluit sy dat haar donkergroen rok net die ideale drag vir die aand sal wees.

      Toe sy gereed is, sit sy haar motorsleutels in haar handsak, trek die kam nog ’n keer deur haar swart krulle wat tot op haar skouers reik en verlaat die vertrek haastig.

      In die eetkamer sit Brenda en Jurie reeds op haar en wag. Nadat sy om verskoning gevra het dat sy hulle so lank laat wag het, neem sy plek in teenoor Brenda. Vanaand is al drie haastig om die maaltyd agter die rug te kry. Rista peusel net aan haar kos.

      Nadat die maaltyd eindelik afgehandel is, sluit Brenda en Rista gou eers die deure terwyl Jurie uitstap na sy motor wat voor die deur geparkeer staan.

      In ’n opgewekte luim waai Rista vir die Van Zyls. “Lekker kuier, hoor!” roep sy toe sy met haar motor wegtrek.

      Snaaks, dink sy, nadat ek vanoggend so weemoedig was, voel ek vanaand nogal taamlik opgeruimd en sien ek betreklik baie uit na die kuiertjie by Pieter … O, wel, dis maar seker omdat ek so baie nuus het om hom mee te deel, want hy weet blykbaar nog nie van die nuwe tikster nie. Nog ’n brokkie nuus waarmee ek hom kan vergas.

      Dan sê sy hardop aan haarself terwyl sy strak voor haar uitstaar: “Ja-nee, Pieter, jy weet nog glad nie watter goeie nuus ek jou vanaand bring nie, ou maat. Binnekort sal jy my moet aanspreek as ‘my vrou’ en nie sommer as ‘Ristatjie’ nie. Saam sal ons daardie droomhuis van jou met sy rots- en roostuine bewoon. En wanneer jy eers uit die hospitaal is, sal ek jou help om gou weer sterk te word.”

      Op sy beurt is Pieter weer so diep in sy gedagtes versonke dat hy Rista se sagte tred nie eens hoor toe sy die saal binnekom nie. Eers toe sy voor sy bed verskyn, word hy van haar teenwoordigheid bewus.

      Toe hy haar sien, wel ’n innige blydskap in sy binneste op. Dan val dit hom skielik weer by dat sy nie vir hom bestem is nie en ’n neerslagtigheid oorval hom plotseling. Aan haar liefde durf hy nie meer dink nie. Dit sal nooit aan hom behoort nie. O, Rista, ek sal jou altyd bemin. Ja, tot my dood toe sal ek jou bemin en ook daarna, skrei dit weemoedig in sy hart.

      Dan verwelkom hy haar vriendelik, dog effens afgetrokke, en sê: “Ek is jammer dat ek jou self nie ’n stoel kan aanbied nie, maar neem tog een en kom sit hier naby my. Daar is soveel vrae wat ek aan jou wil stel. Ek het eintlik gewens jy moet vanaand hiernatoe kom.”

      “Goed, Pieter, praat maar. Ek sit oorgehaal om jou vrae een vir een te beantwoord,” merk sy effens lughartig op toe sy voor hom gaan sit. Sy het dadelik sy afgetrokkenheid opgemerk. Dus sal sy maar lughartig optree in die hoop dat sy hom in ’n opgewekter stemming kan bring. Neerslagtigheid pas hom tog glad nie.

      Met sy gesonde hand streel hy liggies oor haar twee hande wat op haar skoot gevou lê terwyl hy haar afgetrokke lê en aanstaar. Dan vra hy sag: “Wanneer gaan jy terug Kroondal toe, Rista?”

      “Ek is nog nie seker nie, Pieter. Miskien oor twee weke, miskien eers later.”

      “Het Jurie al vir my ’n tikster gevind?”

      “Ja, sy het vanoggend begin. Ek is juis besig om haar touwys te maak,” sê sy.

      Pieter voel hoe sy hart vinnig begin klop, maar hy onderdruk die gevoel gou en vra: “Hoe lyk dit, is sy darem bekwaam?”

      “Wel, ja. Sy ken die werk, Pieter. Sy het tevore ook in ’n prokureurskantoor gewerk.”

      “Nou luister, Rista, as dit die geval is, wil ek hê dat jy dadelik Kroondal toe vertrek.” Meteens neem hy albei haar sagte handjies in syne terwyl hy haar verlangend aankyk en pleitend sê: “Doen my vir oulaas hierdie guns, Ristatjie, en vertrek sommer môre.”

      “Pieter!” roep sy teleurgesteld uit. “Ek het nie geweet jy voel só teenoor my nie. Jy haat my seker met ’n verskriklike haat.”

      “Nee, my liefling, dis maar net omdat ek jou so liefhet. Ek sal jou nooit haat nie, my ou Ristatjie, jy is te eerlik en opreg. Ek sal altyd net met liefde aan jou terugdink. Maar jy besef blykbaar nie hoe swaar dit vir my is om jou daagliks te sien in die wete dat jy vir my onherroeplik verlore is nie … Ek moet jou liewer glad nie sien nie, my skat. Daarom vra ek jou weer om tog maar so gou moontlik te vertrek.”

      Rista voel die warm trane in haar oë opwel. In haar binneste voel sy so innig jammer vir hierdie ongelukkige man voor haar.

      Dan buk sy vooroor, neem sy gesig teer tussen haar twee hande en sê stamelend terwyl haar trane oor sy hande drup: “Nee, Pieter, ek gaan nie nou al weg nie. Wanneer jy eers uit die hospitaal is, vertrek ons twee saam, want sien, ek het nou besluit om jou vrou te word … as jy my nog wil hê, Pieter.”

      In ’n oogwink vou hy haar in sy gesonde arm toe, druk haar liggies aan sy bors en soen haar lank en innig.

      Toe hy later tot verhaal kom, sê hy duidelik teleurgesteld: “Ek is jou innig dankbaar vir jou onselfsugtigheid en konsiderasie vir my. Maar ek durf jou onselfsugtige aanbod nie aanvaar nie, my skat. Ek kan jou jong lewe nooit so verwoes deur nou met jou te trou nie.”

      “Maar, Pieter, wat praat jy nou, ou maat? Jy gaan my tog seker nie mishandel as ons getroud is nie!”

      “Nee, my liefling, dit sal ek nooit doen nie.”

      “Nou waarom praat jy dan van my lewe verwoes? Nie een van ons twee se lewe sal daardeur verwoes word nie.”

      “Luister, my skat, jy het my tog nie lief nie. Daarvan is ons albei oortuig. En wat gaan die lewe jou bied as die vrou van ’n man wat jy nie bemin nie? As my vrou sal jy tog intiem saam met my moet leef. Jy sal al die veelvoudige pligte van ’n vrou moet nakom, en elke regdenkende man verlang tog ’n kindjie. Dit sal mos nie regverdig wees teenoor jou nie, my liefling. Ek begryp wel dat jy vir my op die oomblik bitter jammer voel in daardie teer hartjie van jou. Maar jy begryp tog dat ’n huwelik nie gebou kan word op jammerte nie, maar alleen op egte liefde.”

      “Jou besware is veelvoudig. Maar ten spyte van dit alles is ek nog bereid om met jou te trou. Ek wil jou so graag weer gelukkig sien, Pieter.”

      “My skat, jy sal my nie só gelukkig maak nie. Alleen die wete dat jy nie gelukkig is nie, sal my altyd ongelukkig maak. Gaan maar gerus Kroondal toe sodat ek jou liewer nie meer sien nie. Dit sal vir my bitter swaar wees, want jy het so diep in my hart gekruip, Ristatjie. Maar dit kan nou nie anders nie – ons weë moet skei. Vir my is dit swaarder om jou elke dag te sien as wat dit sal wees indien ek jou glad nie sien nie. Jy moet liewer teruggaan, my liefling,” verduidelik hy pleitend.

      “Goed, Pieter, dan sal ek nou maar gaan,” sê sy sag en staan op.

      “Soen my nog net een keer voor jy gaan, Ristatjie … my eie liefling!”

      “O, Pieter, ek sal jou altyd liefhê as ’n dierbare vriend,” snik sy dit byna uit.

      “En ek sal jou altyd bemin met die liefde van …”

      Haar lippe doof sy laaste woorde uit.

      Buite die hospitaal sit Rista minute lank in die motor sonder om enige aanstaltes te maak om te vertrek.

      In stilte sit sy Pieter se woorde en besware en oorweeg. Wat hy alles daar binne aan haar verduidelik het, is wel oortuigend, al wou sy dit vroeër nie erken nie.

      Afgesien daarvan dat hy aan haar verduidelik het wat ’n huwelik sonder liefde vir haar sal inhou, is sy tog oortuig dat sy ’n sukses sou gemaak het van ’n huwelik met hom. Sy was bereid om alles op te offer vir sy geluk. Maar Pieter is te edel om haar so ’n onreg aan te doen net om sy eie geluk te verseker.

      Haastig sluit sy die enjin van haar motor aan en ry weg. Brenda en Jurie is seker al tuis, dink sy toe sy die motor se neus in die rigting van hulle huis stuur.

      15