Wilna Adriaanse-omnibus 1. Wilna Adriaanse

Читать онлайн.
Название Wilna Adriaanse-omnibus 1
Автор произведения Wilna Adriaanse
Жанр Короткие любовные романы
Серия
Издательство Короткие любовные романы
Год выпуска 0
isbn 9780624050315



Скачать книгу

knik ook en dan vryf sy oor Bertie se hare. “Ek skuld jou ’n uitgaan. Dink jy solank waarheen.” Die seuntjie knik tevrede. Dan steek sy haar hand na André uit en hulle twee groet met die moderne handdruk van die jong mense.

      Die oomblik toe hulle in die hysbak klim, laat Etiénne sy asem stadig uit. En uit vrees dat hy iets voor Jean gaan sê, laat sy onderlangs in Frans hoor: “Hou jou opinie vir jouself.”

      “As ek vanaand ’n vrou was, was ek smoorverlief! Die man is ongelooflik sjarmant. Wat de duiwel is jou probleem met hom?”

      “Dít is nie soos hy gewoonlik is nie! En kom ons verander asseblief die onderwerp!”

      Toe Georgina laat daardie aand in haar bed klim, het sy ’n onverklaarbare hartseer in haar. ’n Hartseer vir ’n dogtertjie wat so bevoorreg is, maar wat vanaand met die blinkste oë alles en almal om haar ingedrink het, die verwondering duidelik op haar mooi gesiggie. En terwyl Georgina haar na die tyd gehelp het om uit te trek, het sy skielik haar arms om Georgina se nek gesit.

      “Dit was die lekkerste aand van my lewe!”

      Georgina het nie geweet wat om te sê nie. Sy kon net die skraal lyfie vir ’n oomblik vashou.

      Die volgende dag laat sy die kinders by Betsy en dwaal heeldag deur die winkels op soek na die regte geskenke vir hulle. Haar grootste kopseer, egter, is wat om vir haar werkgewer te gee, en of sy iets vir hom moet gee. Etiénne reken aangesien sy in die man se huis gaan wees met Kersfees, behoort sy die een of ander vorm van geskenk te gee. Niks persoonliks nie. Ook nie te duur nie, maar ook nie goedkoop nie. Dit het haar nie veel gehelp nie. Maar een aand toe sy in die bed lê, het sy tog op ’n plan gekom en hoe meer sy daaraan gedink het, hoe sekerder was sy dat dit die oplossing vir haar probleem was. Selfs Etiénne was tevrede.

      Harry en Mark daag die Woensdagaand saam met Chris by die huis op en kondig aan dat sy die aand af het en dat hulle haar uitneem. Georgina weet nie wat om te sê nie. Sy kyk vlugtig na haar werkgewer, maar hy is te besig om die kinders te groet en beantwoord nie haar blik nie.

      “Chris, sê vir haar sy het die aand af, anders staan ons môre nog hier.”

      “Jy is welkom om vanaand uit te gaan, juffrou Walters.” Hy sê dit sonder om na haar te kyk en Georgina draai vererg om.

      Soos in Londen, kuier hulle soos nomades van die een gewilde kuierplek na die volgende. Êrens deur die aand beland hulle darem ook by ’n restaurant en Georgina is bly om vir ’n rukkie tot stilstand te kom en iets te eet.

      “Waarom het jy my nie vertel jy het ’n kêrel hier nie?” Mark moet sy mond teen haar oor hou om in die rumoer rondom hulle gehoor te word.

      “Waar kom jy aan so iets?” Georgina draai haar kop. Hulle oë digby mekaar.

      “Saam met wie was jy dan ballet toe?” Hy speel met die hare in haar nek.

      Georgina lag. “Jy is nes die kinders!”

      “Chris was baie verontwaardig.” Toe sy hom net onbegrypend aankyk, gaan hy voort: “Waarom het jy hom nie gesê jy en Jean wil ballet toe gaan nie? Julle kon in die losie gesit het. Maar nee, juffrou Walters vra haar kêrel om vir haar kaartjies te kry!”

      “Hoe moes ek geweet het die man het ’n privaatlosie?” Sy frons ergerlik en hy skud laggend sy kop.

      “As jy meer met die man gesels, sal jy dalk baie meer weet.”

      “Mark, kan ons oor iets anders praat? Asseblief.”

      Voordat sy kan keer, rus sy lippe vir ’n oomblik sag teen haar slape en toe hy terugsit, is daar ’n ondeunde glimlag in sy oë. “Dis nie ’n wonder die arme man weet nie wat om met jou te maak nie.”

      Georgina draai haar kop weg. Nie seker wat hy bedoel nie, maar ook nie lus om hom te vra nie.

      “O ja, net voor ons van die onderwerp afstap. Jy kan hom gerus gelukwens. Die New York Persklub het hom as Nuusmaker van die Jaar aangewys. Dis ’n baie groot eer!”

      Georgina knik net stil haar kop en dan laat Mark laggend in haar oor hoor: “Dis darem baie moeilik om jou te beïndruk, juffrou Walters!”

      Gelukkig begin die man aan haar ander kant met haar gesels en kan sy wegdraai van Mark se spelerige blik.

      Dis lank na middernag toe Mark saam met Georgina uit die huurmotor klim. “Ek kan nie verstaan waarom jy nie saam met my huis toe wil gaan nie.”

      Op die ingewing van die oomblik buk sy oor en soen hom op sy wang. “Waarom ’n lekker aand teleurstellend laat eindig?”

      “Teleurstellend vir wie?” Sy oë vernou en sy draai laggend om.

      “Dalk vir my, Mark!”

      “Jou mond is hopeloos te glad! Eendag is eendag … Jy kan nie vir altyd soos kwiksilwer deur al die mans se hande glip nie!”

      Sy lig net haar hand in ’n groet en stap haastig die gebou binne. Die deurwag op nagdiens groet vriendelik. Georgina vra hoe dit gaan en vir ’n paar minute ruil hulle nuus uit.

      Toe sy in haar bed klim, dink sy weer oor die aand. Soms voel dit vir haar sy is in ’n droom vasgevang. Hierdie opset is so ver verwyderd van die lewe waaraan sy gewoond was. En in haar wildste drome sou sy nie gedink het sy sal dit so geniet om drie kinders op te pas nie. Sy geniet hulle kinderlikheid. Sy verluister haar aan hulle geselsies. So sonder inhibisies. En noudat hulle haar nie meer as ’n bedreiging sien nie, geniet sy dit om sommer net saam met hulle kind te word. Om met oorgawe te geniet. Sy besef nou dat sy die afgelope jare nooit regtig enige emosie ervaar het nie. Dis nie dat sy ongelukkig was nie, dis net dat sy ook nie juis gelukkig was nie. Sy was maar net.

      André kom wys die volgende oggend trots die koerant vir haar. “My pa het ’n prys gewen!”

      Georgina neem die koerant en lees die berig, lees die beskrywing van ’n man wat sy nie ken nie. “Dis baie goed. Julle kan baie trots op hom wees.”

      “Hy is baie slim en alles wat hy doen, doen hy goed.”

      Georgina luister verwonderd na die kinderlike lofprysing. Sy wonder of hy dit vir al sy pa gesê het. Griet sê altyd mans weet nie wat om met hulle emosies te doen nie. Hulle moet geleer word.

      Later daardie middag tel sy die telefoon op en skakel ’n nommer en is dankbaar toe sy na ’n rukkie deurgeskakel word.

      “Mark, is jy alleen?”

      “Ek het geweet jy sal die een of ander tyd swig!”

      “Hou op grappies maak. Ek wil jou iets vra.”

      “Vra maar, ek is alleen. Maar ek wil net sê my ego is baie gekrenk.” Hy sug in haar oor, maar sy ignoreer dit.

      “Die oorhandiging van die persklub se toekenning – dink jy daar is ’n moontlikheid dat ek die kinders daarheen kan neem? André is baie trots op sy pa en ek dink dit sal vir hulle lekker wees om iets van sy wêreld te sien. Ons hoef nie die hele aand daar te bly nie, net vir die oorhandiging.” Sy rammel die sinne vinnig af en toe sy klaar is, haal sy diep asem.

      “Ek weet nie … ek sal uitvind en jou terugbel.”

      “Mark, ek wil nie hê hy moet weet nie. Hy kan na die tyd vir my kwaad wees.”

      “As jy so sê.” En dan groet hulle.

      10

      En al het sy gesê sy gee nie om as haar werkgewer vir haar kwaad is nie, voel Georgina tog ’n ligte fladdering toe die huurmotor hulle net voor sewe by die imposante gebou aflaai. Oral is mans en vroue in baie deftige aanddrag geklee. Maar voordat haar moed haar heeltemal begewe, neem sy Bertie se hand en begin stadig die breë trap opklim. Jean het weer haar swart fluweelrokkie aan. Op Etiénne se aanbeveling het sy vir die seuns elkeen ’n swart aandpak gehuur, omdat sy nie bereid was om klere te koop wat hulle nie weer gou gaan dra nie, al betaal hulle pa ook daarvoor. En sy kan nie help om kort-kort na André te kyk nie. Vanaand lyk hy soos ’n replika van sy pa en het hy