Название | Solank verlange die sweep swaai |
---|---|
Автор произведения | Danie Marais |
Жанр | Зарубежные стихи |
Серия | |
Издательство | Зарубежные стихи |
Год выпуска | 0 |
isbn | 9780624068433 |
Solank verlange
die sweep swaai
Danie Marais
Tafelberg
Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Solank verlange die sweep swaai mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.
Vir Lea Cecilia
I. Robertsweg 26, Woodstock, 7925
The people I’m talking about – I’m sure
I must have read about somewhere.
They were not the main characters, no,
as I’d thought first and for a long
while after. But some others you
sympathized with, even loved, and cried for –
just before they were taken away
to be hanged, or put somewhere.
Raymond Carver – “The Windows of the Summer Vacation Houses”
The real people went away
But I’ll find a better word, someday
[. . .]
Yeah one thing about this wild, wild country
It takes a strong, strong
It breaks a strong, strong mind
And anything less, anything less
Makes me feel like I’m wasting my time
Bill Callahan – “Drover”
Tjorts!
Die wêreld is alles
wat die geval is
het Wittgenstein gesê
maar ek en die gevalle alles
het mekaar verkeerd opgevryf jare lank
het ek my swart hart
kinderlik soos ’n vuis
vir revolusie gebal my tande
vir ’n ander wêreld
geslyp.
Maar op hierdie uitgewasde somerdag
met die stad wat soos opdrifsels
teen ’n Tafelberg vol littekens lê loop
my beker oor drink ek
van ’n dakkamer in Woodstock
op Het van Verlangekraal
en alles wat geval het.
Want o, hierdie bedroë wêreld met sy kleinlike oorloë
liefdesverklarings Klopsekore en skelm pastore
ís my vervalle woning
hierdie stukkende lewe met sy
Verspeelde lente sy Rain Dogs en daai honde wat blaf
by die hekke van paradise, ja, net hierdie lewe
met sy Madame Bovary’s horries bergies
en botteltjies blou gee ons
’n perverse meesterstuk
ons daaglikse brood –
die groot onheilige mis voor
die son.
Reisiger 13
Voyager 1 is op 5 September 1977 lanseer.
Dit weeg 722 kg en is die mensgemaakte voorwerp
wat die verste
van die aarde verdwaal het –
en dit snel verder weg van ons vinniger
as enige ander ruimteverkenningstuig.
Op die Voyager is die Golden Record –
’n fonograaf met klanke en beelde, ’n monster
van lewe op aarde, ’n vreemde vlieënde
poskaart aan die ruimtewesens van die toekoms.
Daar is:
115 beelde
en ’n verskeidenheid van geluide uit die natuur:
golwe wat breek, wind en donder
die sang van voëls en walvisse
groetwoorde uit 55 tale
vriendelike, geskrewe boodskappe
van die destydse president van Amerika Jimmy Carter
en die VN-sekretaris-generaal Kurt Waldheim
musiek uit verskillende kulture en eras –
Bach se Brandenburg Concerto No. 2
die inisiasie-sang van Pigmieë
die eerste beweging van Beethoven se 5de, die Noodlot-simfonie
“El Condor Pasa” uit Peru
’n aria uit Mozart se Zauberflöte –
“Der Hölle Rache kocht in meinem Herzen” –
maar ook, en dit maak my bly,
“Melancholy Blues” van Louis Armstrong and His Hot Seven
“Dark Was the Night, Cold Was the Ground”
deur Blind Willie Johnson
en Chuck Berry se “Johnny B. Goode”.
Wat is nou beter as tien drillerige alien-antropoloë
met 300 groot saamgestelde oë
wat luister na Chuck Berry?
Maar sê nou hulle het nie ore nie?
En sê nou net hulle het ore –
hoekom nie die analfabete
van ander planete
op Little Richard se “Tutti Frutti”
ook trakteer nie?
Wie sal nie wil weet
van ’n plek
wat kon sing:
A whop bop a loo bop, a whop bam boom!
Ten spyte van dié versuim bly die Voyager
my favourite unfound poem,
maar verteenwoordigend is hy nie.
Daarom lanseer ek vannag die Reisiger 13
namens die Marais’s van Robertsweg 26,
die Brasse van die Kaap
en die Digters van Dertig –
’n Skopjan die Mol, ’n splinter
in die oog van die blinde al, ’n vuurpylaangedrewe soen,
’n Black Magic-boksie met ’n kiekie
van vrou, kroos en kat, ’n paar knipsels
en ’n mix-CD met die spookmusiek
van gebalsemde woorde ’n sug wat tonnel
deur die eindelose onverskilligheid buite die mond, die kosmos-
van-nie-my-ma-nie, ’n ridderlike tog
na die almagtige leser
wat durende sin van seepbelle
in die buitenste ruimte
kan