Helena Hugo Derde Keur. Helena Hugo

Читать онлайн.
Название Helena Hugo Derde Keur
Автор произведения Helena Hugo
Жанр Контркультура
Серия
Издательство Контркультура
Год выпуска 0
isbn 9780624090519



Скачать книгу

uit oor die see asof hy iets soek.

      Alinda voel verskriklik eensaam. Sy is ’n halwe mens, ’n onvoltooide sirkel. Sy sit op die bed, haar voete hang oor die kant. Sy raak die growwe mat met haar kaal tone, maar kom nie sover om op te staan nie.

      Die skulpe wat aan die stoep se dak hang, kry vlerke, verander in voëls en vlieg weg. Die see trek terug, die water blink soos ’n spieël. Dit weerkaats só, sy kan nie behoorlik sien nie. Dit lyk of daar iemand langs die water loop. Dis te ver om te sien of dit ’n man of ’n vrou is. Die persoon kom nie nader nie, hy of sy loop al verder weg, verander in ’n strepie en smelt weg.

      Alinda moet die verdwynende figuur agternasit. Maar sy kan met die beste wil ter wêreld nie die een voet voor die ander sit nie.

      4

      Toe sy wakker word, is sy hartseer. Dit voel of sy iets kosbaars verloor het, iets wat sy nooit weer sal terugkry nie. Sy lê in die skemer kamer en kyk hoe die skaduwees ligter word.

      Onthou iets wat sy lankal vergeet het. Sy was nog in die laerskool toe haar ouma en oupa oorsee is. Haar ouma het vir haar ’n armbandjie met kunstige inlegwerk van Toledo in Spanje af saamgebring. Sy het oral daarmee geloop en spog, dit skool toe ook saamgevat. En dit toe binne die eerste drie weke verloor. Vir jare daarna het sy die verlies net so intens gevoel soos die middag toe sy dit ontdek het. Vreemd, vanoggend voel sy weer hartseer oor haar Spaanse armband – of is dit nie die armband nie? Is dit iets anders? Of iemand?

      Regina klim uit haar bed en strompel half aan die slaap badkamer toe, handdoek oor haar een skouer, badsakkie in die hand.

      Alinda kyk haar agterna en dink aan wat sy gisteraand gesê het, van Karel en getroud wees en dat die liefde soms voor die hand liggend is. Sy dink aan die persoon in haar droom. Was die een wat langs die see geloop het die een wat die huis en dalk die bed met haar gedeel het? Is dit dié dat sy so hartseer is? Omdat sy iets, iemand verloor het? Het hy ’n naam, ken sy hom? Sy besluit om vir niemand te sê nie, nie eens vir Regina nie, want die naam wat by haar opkom, is Danie Hartogh.

      Alinda besluit om sy naam vandag nie een keer oor haar lippe te neem nie.

      Buite trek die eerste muezzin los en begin die oggendgebed aankondig. Die stygende en dalende tone van die aankondiging, die ander muezzins wat feitlik gelyktydig ná die eerste een inval, wek by haar dieselfde bekoring as die woestynmusiek wat die Bedoeïene op hul fluite speel. Dit onderstreep haar hartseer … die gevoel van verlies.

      Sy het Arabië toe gekom om ’n eksotiese wêreld te ontdek. Riaad gekies – ’n ruimte-eeuse stad in die middel van ’n uitgestrekte woestyn – oor sy torings en moskees, sy minarette en koepels, die sprokiestradisie wat nog behoue gebly het. Sy is agter die rykdom en towerkrag van die Midde-Ooste aan – nie om ’n romanse met ’n doodgewone vaal doktertjie van Suid-Afrika op tou te sit nie!

      Hoekom dwing sy dan al terug na hom?

      Gelukkig is almal in die woonstel soggens in so ’n dolle vaart dat nie een die geterg van die vorige aand voortsit nie. Uit die hoek van haar oog sien Alinda hoe Sue Ellen vier van Danie se presentsjokolades saam met haar koffie verslind. Die ander gryp soos gewoonlik net ’n beker koffie om wakker te word, want ontbyt word by die hospitaal bedien en daar is regtig nie ekstra tyd voor die bussie hulle kom oplaai nie.

      Swaar en swart gesluier sit hulle in stilte deur die vensters en kyk hoe die bekende bakens op pad na die Koning Faisal-hospitaal by hulle verbyvlieg.

      Alinda en Regina werk albei in die harteenheid. Die pasiënte onder hulle sorg kry van die beste mediese behandeling ter wêreld, en tog is hulle as verpleegsters en dokters uitgelewer aan die tradisionele gebruike en godsdienstige voorskrifte van die land en sy mense. Om geduldig en respekvol te wees en terselfdertyd ferm op te tree, is soms ’n kopseer. Dit veroorsaak dat hulle dikwels harder moet werk as wat nodig behoort te wees met al die gevorderde tegnologie wat hulle tot hul beskikking het.

      Geen rekenaar of enige ander gesofistikeerde apparaat kan infeksie keer as dit eers posgevat het nie. Infeksiebeheer is die verantwoordelikheid van wakker en goed opgeleide verpleegsters. Maar dis nie maklik as pasiënte wat pas uit chirurgie kom, oorstroom word deur familie, vriende en geestelikes nie. Die pasiënte moet by hul vaste gebruike hou, by die voorgeskrewe gebede. Tog weet hierdie mense onteenseglik dat die Westerse medisyne, geneeshere en verpleegsters op die ou end hul redding is.

      Maar niks behoort ooit tussen die verpleegster en haar pasiënte te staan nie – nie godsdiens, nasionaliteit, ras of enige klassebewustheid nie. Die herstel en gesondheid van die pasiënt is die eerste en heel belangrikste oogmerk van elke verpleegster. Of so behoort dit te wees.

      Alinda is ’n goeie verpleegster. Gelukkig lyk sy met haar donker oë en hare Oosters genoeg om vertroue by haar pasiënte in te boesem. Daarmee saam het sy die mooiste glimlag en die aansteeklikste lag in die hele hospitaal. Dis nie sý wat so dink nie – dis haar kollegas wat haar die bynaam Alinda Sonskyn gegee het.

      Alinda Sonskyn, dink sy nou terwyl hulle in die koel hospitaalgang afstap, abajas al stromende agter hulle aan, voel vandag allesbehalwe sonnig.

      Sy wonder selfs of sy nie die een of ander siekte onder lede het nie.

      Waar het dit tog alles begin? Moeilikheid is, sy weet nie. Een dag kon sy nog grappe maak en die volgende dag was sy ongelukkig en onaangenaam. Sy moet iets doen om dit om te keer, sy moet daadwerklik iets doen.

      Daarom glimlag sy vir almal wat by hulle verbyloop. Haar mond glimlag en dis die belangrikste. Min mense kyk tog regtig in ’n ander se oë.

      Die hospitaal is die ene oggendbedrywigheid. Die nagstaf is besig om die laaste takies van hul skof te verrig en die saalbestuurder sit besonderhede en verslae op die rekenaar en intik. Haar naam is Irmina Al Sa’ud. Sy konsentreer hard, want sy is nog nuut en oorbewus daarvan dat sy dalk foute kan maak.

      Daar is ’n fronsie tussen haar mooi oë en haar vol mond is toe, maar lyk gevoelvol soos altyd. Sy hou haar kop skeef, knyp haar oë toe en lyk of sy oor iets nadink. Haar perfekte profiel vang die lig wat deur die syvenster instroom. Sy dra geen grimering nie. Sy het dit ook nie nodig nie. Die natuur het kwistig te werk gegaan met sy eie kwas en die blos op haar vel is rosig en gesond, die boog van haar donker wenkbroue duidelik afgeteken.

      Dis haar oë wat die aandag trek, oë met soveel warmte, deernis en diepte van gevoel, oë wat met opregte belangstelling en begrip na mense kyk. Dit maak nie saak of daardie mens ’n prins of ’n bedelaar is nie, die hoofbestuurder van die hospitaal of een van die skoonmakers wat die toilette uitskrop nie. Sy het ’n soet glimlag en ’n mooi woord vir elkeen. Engels drup soos heuning van haar tong af en Arabies sing soos die tale van engele.

      Sy is nederig en tog beweeg sy met die trots van ’n prinses, haar lang nek grasieus op haar skouers, haar rug regop. Nogtans skep sy nie die indruk dat sy ’n laaistok ingesluk het nie. Elke beweging wat sy maak, selfs al lig sy net haar hand en raak aan haar wang, spreek van elegansie en vorstelikheid. Sy glip soos ’n sagte bries van saal tot saal, die geur van die duur roosolie wat sy gebruik net-net naspeurbaar.

      Sy is beskeie en ingetoë en hoegenaamd nie bewus van haar skoonheid nie. Buiten vir die roosolie, doen sy min om die aandag daarop te vestig. Sy dra ’n kopdoek, soos alle goeie Moslem-vroue. Maar die voue en punte van hare is kunstig en subtiel versier en dis altyd interessant gedrapeer en geknoop, nooit vandag op dieselfde manier as gister nie. Binnenshuis dra sy die duurste ontwerperspakkies, gewoonlik roomkleurig of wit en altyd kuitlengte, daarby kouse en netjiese hofskoene met ’n praktiese hakkie.

      Sy is van die koninklike familie, ’n ware prinses in afkoms, in voorkoms, in houding en geaardheid. Al is sy vriendelik, het sy nog nooit een keer hard gelag nie, nooit ’n skerp woord geuiter nie, nooit geïrriteerd of kwaad gelyk nie. Kalmte en vrede omgeef haar soos die lieflike roosolie wat sy gebruik, en ’n sagte vroulikheid straal uit haar.

      Van die heel eerste dag – dit was tien dae gelede – dat sy deur die hoofbestuurder aan hulle voorgestel is, het sy almal aan haar voete.

      Dokter Danie Hartogh ook.

      Hy staan op