Die Poort 4: Krygers. Nelia Engelbrecht

Читать онлайн.
Название Die Poort 4: Krygers
Автор произведения Nelia Engelbrecht
Жанр Детская фантастика
Серия Die Poort
Издательство Детская фантастика
Год выпуска 0
isbn 9780624077572



Скачать книгу

“Of wat sê ek, my African queen?”

      “Sies, mens spot nie met siekte nie,” brom Nomsa, maar haar kieste blaas darem af toe Jason haar hand vat en vir haar glimlag.

      Vir ’n oomblik flits daar selfs oor Tara se bewolkte gesig ’n skewe glimlag.

      Dis beter, sein Leonardo vir haar. Ons Irish beauty kan darem nog glimlag.

      Tara vou haar arms voor haar. When you meet Séamus O’Flannagan’s spoilt brat tomorrow, you won’t feel like smiling any more.

      Vandat oom Giovanni-hulle vanoggend besluit het ons moet môreoggend Dublin toe vlieg, het Tara nog nie veel gepraat nie. Van die bietjie inligting wat ons uit haar kon kry, is dat die O’Flannagans in ’n kasteel bly en dat oom Séamus jare gelede geskei is.

      Verder het sy net woorde soos “deceitful skunk” en “spineless pretender” gebruik om Patrick O’Flannagan mee te beskryf. Hoe presies die ou haar afgepiss het, wil sy nie sê nie, maar dat hy haar least favourite person op die planeet is, is obvious. Dis probably net die idee om weg te kom van oom Giovanni en sy la notte oscura wat maak dat sy nie meer haar poppe uit die cot gooi omdat ons Dublin toe moet gaan nie.

      Adriana koes onder Caleb se arm uit en staan op. “Ons moet seker gaan inpak. Met die afskeidsete wat my oupa vanaand vir ons gaan hou, gaan ons nie baie tyd kry daarvoor nie.”

      “Jip,” sê Leonardo, “want ná my liewe oupa se boring party gaan ons ons eie after-party in Venesië hou.”

      Vir ’n oomblik is almal tjoepstil.

      “Seriously, Leonardo?” sê Adriana toe. “Laas toe ons in Venesië gaan uiteet het, het die Ander ons aangeval en amper doodgemaak.”

      Ek trek my asem in. Die middag ruik skielik na warm staal en nog warmer bloed.

      “Dis juis hoekom. Ons gaan vir my pelle uit far-away Africa nicer memories gee om terug huis toe te vat.” Hy lig sy ken. “Daai idiot, Chanda-Mundia, gaan nie vir my sê wat ek mag doen en wat nie.”

      Chanda-Mundia. ’n Naarheid stoot in my keel op. Van al die Ander op die planeet Mitigon is hy ons grootste vyand.

      “Oupa gaan ons vermoor as hy van ons trippie moet uitvind,” sê Adriana fronsend.

      “Niemand gaan weet nie – ook nie Chanda-Mundia se cronies wat laaskeer geweet het ons gaan na Hotel Danieli toe nie.”

      Ek word yskoud. “Almal wat op Poveglia bly en werk, is Bewakers. Jy dink tog nie een van hulle is ’n spioen vir die Ander nie?”

      “Hoe anders het hulle van ons planne geweet?” Anyway, sein Leonardo verder vir my, as jou boyfriend en sy ma-hulle wat al hoe lank langs julle in Bospoort bly, nog al die tyd vir die Ander spy, is dit seker nie rocket science om hier ook ’n spy te plant nie?

      Net daar wip ek my sky high. Zak is nie een van die Ander nie!

      Leonardo lig sy wenkbroue. As jy so sê.

      Ons het ’n ruk terug uitgefigure Zak se ma-hulle was al die jare deel van die Ander. Sover lyk dit nie asof Zak in is op die spy game nie, maar laas toe ek en hy ge-Skype het, het dit geklink asof sy pa begin het om hom van hulle bande met die Ander te vertel. Die million dollar question is wie hy gaan kies as hy die volle waarheid weet. Vir my, of sy ma-hulle.

      “… should rather skip tonight’s dinner party,” dring Nomsa se stem deur my gedagtes. “Sê nou net een van die kokke is ’n spy en gooi gif in ons kos?” Sy trek haar oë op skrefies. “Holy cow, dalk plant hulle nog ’n bom in die hotel en blaas ons to hell and gone. Oe-ee, het julle al gesien hoe spat mensvleis en breins tot teen …”

      “Nomsa!” maak Tara haar stil. “Do you have to be so graphic?”

      “So, wat sê julle?” vra Leonardo. “Gaan ons ná ete fun hê of gaan ons soos soet kinders in die bed klim en slaap?”

      “Ek stem vir fun,” sê Jason en draai na Nomsa. “Kom saam, toe?”

      “Ek weet nie …”

      “Komaan, Nomsa,” val Leonardo haar in die rede, “moet nou nie uitchicken nie, toe? Jy kry dalk nie gou weer kans om in ’n gondel te ry nie.”

      Nomsa kyk in die lug op, vou haar hande bokant haar linkerboob en sug dramaties. “A-a-ah, ek wou nog altyd in ’n gondel gery het. Met ’n Italianer wat mens serenade en alles.”

      Leonardo staan op. “Nou toe, dan’s dit ’n date.”

      7

      Die aandete is toe ’n baie grand storie, met ’n klomp vreemde Bewakers wat met bote van Venesië af aangery word as gaste.

      “Wow, dude, jou oupa het nie teruggehou nie,” sê Jason toe hy met ’n volgelaaide bord kos langs Nomsa kom sit.

      “My oupa hou daarvan om mense te impress,” brom Leonardo suur.

      “Wel, count me in; ek’s impressed,” sê Jason en val die oorlede Italiaanse hoender op sy bord met mening aan.

      “Al hierdie goed is seker egte, regte silwer en kristal?” vra Nomsa terwyl sy met haar vurk teen ’n glinsterende kandelaar met lang rooi kerse tik en toe ’n sluk vat uit ’n glas wat heeltemal te fancy vir ’n waterglas lyk.

      “My oupa het mos sy eie glasblasery op die Murano-eiland,” sê Adriana so casual soos iemand wat sê haar oupa maak sy eie blikbekers. “Van sy ontwerpers het al baie internasionale kompetisies gewen.”

      “Awesome,” sê Jason terwyl hy met ’n stywe wit lapservet ’n vetkol op sy ken afvee.

      ’n Halfuur later begin ons pelle wegslip. Ek en Leonardo is die laaste twee wat by ons tafel agterbly.

      “Wanneer laas het jy en Zak gepraat?” vra hy terwyl hy sy poedinglepel bestudeer.

      My nekhare rys. “Hoekom wil jy weet?”

      “Ek wonder maar net of jy al met hom uitgemaak het.”

      “Ek het nog nie kans gehad nie. Ek sal nog.”

      “Wanneer, Kali?” vra hy sag. “Of is dit net vir my wat jy nie wil hê nie?”

      Sy swart oë glim in die kerslig. Ek ruik warm sonlig op seesand. Daar is ’n verdwaalde druppeltjie room in sy een mondhoek. Ek lig my hand. Sy lip is sag onder my vingerpunt. Alle klank om ons raak stil. Ons hou saam asem op terwyl ons harte ritmies klop en klop.

      Dan bars die bubble. Ek ruk my hand terug. “Sorry.”

      Jis, ek sweer my wange gloei bloedrooi. Ek wil opspring en weghol, maar my bene voel soos Italiaanse roomys wat besig is om te smelt.

      “Wow.” Leonardo glimlag. “Dis baie sexy as jy so bloos.”

      “Jy verbeel jou.” Ek dwing my roomysbene om op te staan. “Kom, ons moet gaan, die ander wag seker al.”

      Gelukkig keer niemand ons voor nie. Ons vleg tussen die gaste deur tot buite in die tuin agter die hotel waar die ander vir ons wag.

      “Oukei. Is julle reg? Vat hande.”

      “Jy bedoel ons gaan nie met ’n boot …”

      Voor Nomsa se sin klaar is, staan ons al in die Portaal.

      “Leonardo Contarini, as jou GPS my vandag in Venesië se vuil kanaalwater laat land, is daar groot moeilikheid!”

      “Relax, Nomsa. Ek weet presies waarheen ons gaan.”

      “Where are we?” vra Tara toe die mis om ons begin verdwyn.

      “Naby een van die plekke waar die gondels vasmeer,” antwoord Leonardo.

      Die donker stegie is so nou dat daar skaars drie mense langs mekaar kan loop.

      “So much vir Venesië se exciting naglewe,” sê Nomsa toe ons om ’n hoek gaan en net hier en daar ’n toeris