MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Dis ek, Anna

Anchien Troskie

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan iemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie. Dit is ’n verhaal wat sy nou eers, jare later, kan uitskryf. Nou eers kan sy die swye verbreek oor hoe haar stiefpa haar diepste menswees aangetas het. En hoe sy uiteindelik ánderkant uitgekom het.

Rugbymal

Группа авторов

Gesonde belangstelling of totale verslawing? Wat is dit wat maak dat soveel Afrikaanse mans (én vroue) heeltemal rugbymal is? In dié boek verduidelik oud-Springbokke, rugbyjoernaliste en gewone ondersteuners waarom hulle so versot is op die spel. Sommige vertel van waardevolle lewenslesse wat hulle op én van die veld af geleer het, terwyl ander nostalgies raak oor onvergeetlike momente in Springbok-rugby. Alles word gedek: van raserige ma’s langs hoërskoolrugbyvelde tot die uitwerking op ’n man se selfbeeld as sy span alwéér verloor.

Ena Murray Omnibus 28

Ena Murray

In Tromme van onheil hou Anka se besoek aan haar tante Izabelle in Papoea Nieu-Guinee onverwagte avonture. Sy en haar medereisigers vaar ál dieper die reënwoude in, en een van die dae is dit weer volmaan – en sal die kannibale ’n slagoffer eis . . .In Die wit koningin kies die mooie Alice koers na Noord-Afrika, en later word sy dwarsoor die Sahara bekend as die wit koningin. Sy voer ’n skrikbewind en sal nie rus voordat haar geliefde se moord gewreek is nie . . .En in Sluiers van wierook is Ida Herbst vas van plan om haar pa en ’n span geoloë te vergesel op hul soektog na water in die grootste woestyn van Saoedi-Arabië. Sy kom honger wolwe, gewetenlose rowerbendes en sandstorms teë, en onverwags . . . die liefde.

Ettie Bierman Keur 6

Ettie Bierman

Volmaan op Mopanie: Katie Lategan se kom en gaan was nog altyd haar eie. Maar wanneer haar pa, ’n wildbewaarder op Mopanie, onverwags Kaap toe moet gaan, maak Steyn van Zyl sy opwagting om haar op te pas. Toestande is plofbaar so na aan die Mosambiekgrens, en tot Katie se ontsteltenis hou Steyn haar kom en gaan met ’n valkoog dop. Dokter Linda: Op Donkerhoek hoor dokter Linda Behrens dat haar vennoot vir die volgende ses maande die soort man is wat elke vrou graag voor die kansel wil hê. Net jammer Marius wil niks van Linda weet nie . . . Die Bekvelder: Anne-Marie van Zyl aanvaar teensinnig ná haar ma se dood haar stiefoom, Wynand Visser, se aanbod om op sy spogplaas te gaan bly. Maar daar aangekom is Wynand skoonveld en Nicolaas, die eintlike eienaar van die plaas, is glad nie gelukkig met die stand van sake nie.

Onversadig

T.T. Cloete

Onsigbaar verken opnuut verskeie hooftemas van Cloete se oeuvre, onder meer ’n verwondering oor die natuur, en ’n soeke na sintese tussen wetenskap, religieuse impulse en die grense van taal. Hy verwoord op tegnies vernuftige wyse die onvermoë van die mens om die misterie van die skepping en sy eie bestaan te deurgrond. Hy slaag daarin om iets van die wonder vas te vang, sonder om die enigma te reduseer tot ’n eenduidige slotsom of “betekenis”. En dit doen hy in gestroopte, helder taal. Daar is ook intieme verse oor vertwyfeling en die onlangse verlies van ’n lewensmaat.

Bestemmings

Marita van der Vyver

Bestemmings bekoor met sprankelende, sexy stories. Ontmoet dié minsame karakters en swerf saam op hulle avontuurlike reise.Die smulpaapvakansie van ’n leeftyd verander in ’n nagmerrie toe Louise Tredoux snap dat sy nou waaragtig aan die verkeerde kant van veertig beland het. Want vir dié reis sou sy tog ’n mansvriend verkies. Nie noodwendig ’n bedmaat nie, sy sou tevrede wees met bloot ’n tafelmaat. Maar op vyf en veertig lê sy stoksielalleen in ’n hotelkamer in Avignon wat soos ’n foto in ’n glanstydskrif lyk. Sy stry teen ’n verterende verlatenheid terwyl sy soos ’n rolprentster op beroemde promenades wandel. Haar trane steek sy weg agter ’n byderwetse sonbril.Elke mens het ’n droomlandskap. Marlene s’n was nog altyd die hoë Toskaanse lug, blouer en wyer as haar man se oë wat haar nie meer kan troos nie. Hulle bestemming is ’n kothuis in Siëna waarheen hulle vir ‘n broodnodige gesinsvakansie vlug wanneer hul uitgekalwerde verhouding ernstige tekens van verval begin toon . . . Op haar sterfbed hunker Kathleen terug na haar jeug, na drie nagte van sensuele oorgawe vóórdat sy geskrik en voet in die wind geslaan het – terug na die veiligheid, verveligheid en voorspelbaarheid van haar huwelik met ’n man van min woorde.As Michelle se bagasie nie op pad na Frankryk weggeraak het nie, sou haar romantiese vakansie in Parys dalk anders verloop het. Nee, dink sy terwyl sy Johan se oë oor haar rug, haar boude en bene voel streel. Gretig versnel sy haar pas om onder sy waarderende blik uit te kom. Sy kan nie haar bagasie blameer nie. Dis net een van daai dinge.

Rigtingbedonnerd

Fred de Vries

Wie is die Afrikaner vandag? Met ’n tas vol vrae reis die joernalis Fred de Vries van Orania na Pretoria om met uiteenlopende Afrikaners te praat: politici (FW de Klerk, Pieter Mulder), musieksterre (Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Fokofpolisiekar), sakemanne (Jannie Mouton), skrywers (Koos Kombuis, Antjie Krog) en selfs ’n vakbondleier ( Flip Buys) kom aan die woord. Hy ontmoet ook talle gewone Afrikaners – boere, polisielede en onderwysers – wat iets van die Afrikaner se psige aan hom verklap. De Vries gaan ook terug in die eskiedenis, besoek kunstefeeste en monumente en luister na Afrikaanse musiek om vas te stel wie die Afrikaner in die 21ste eeu is. Vir almal vra hy dieselfde vraag: is daar nog plek vir dié wit volk aan die suidpunt van Afrika en indien wel, waar is hul emosionele tuiste – hul Nkandla – in pres. Jacob Zuma se woorde?

Geskiedenis van Suid-Afrika

Fransjohan Pretorius

Wie was die eerste mense van Suid-Afrika? En wie het daarna gekom? Hoe het die interaksie tussen Afrikaners, die Britse regering en swart mense die land help vorm? Waar staan ons vandag as 'n nasie? In hierdie boek span gerekende Suid-Afrikaanse historici saam om hierdie en ander vrae oor ons verlede te beantwoord. Onder leiding van die bekende prof. Fransjohan Pretorius gaan hulle terug na die oorsprong van die aarde en beweeg daarna deur die kernmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is hoofstukke oor onder meer die Nederlandse era aan die Kaap, die minerale revolusie, die Anglo-Boereoorlog, Afrikanernasionalisme, die apartheidstaat, swart politieke verset en Suid-Afrika na 1994. Die skrywers bied 'n gebalanseerde blik op waar ons vandaan kom en gee onder meer ook erkenning aan Afrikaners se rol in die land se ontwikkeling.

Susanna M Lingua se gunstelinge

Susanna M Lingua

Die goue vlinder: Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . . .Son op die horison: Kort ná haar aankoms op die eiland San Di Rago verloor die talentvolle musiekstudent Verena Kestell haar sig in ’n motorongeluk. Haar vriendin se ouers dring aan dat sy by hulle bly om aan te sterk, en haar pad kruis onvermydelik met dié van die hooghartige hertog Duarte di Rago, aan wie die eiland behoort. Hy is oortuig dat sy die vrou vir hom is, maar hoe kan sy haar gevoel vertrou as sy in die duister moet rondtas, en boonop nog steeds droom van die aantreklike donkerkopman wat sy net vlugtig gesien het onderweg na die eiland?Haar naam was Marina Neser: “Ons Portugese se liefde is net so fel en onblusbaar soos ons haat.” Aan Ricardo Mendoca se waarskuwing, reeds met hul eerste ontmoeting, steur Marina Neser haar min. Maar dit was voordat sy Ricardo se neef, die aantreklike marquês De Conna, ontmoet het – ’n streng aristokraat wat nog nooit die lokstem van die liefde gehoor het nie.

Boereoorlogstories 2

Группа авторов

Die Anglo-Boereoorlog van 1899–1902 is helderder as ooit in die Afrikaanse leser se geheue. Verkope van die eerste bundel, getitel Boereoorlogstories, het alle verwagting oorskry en het reeds ’n tweede druk van die tweede uitgawe daarvan genoodsaak. In Boereoorlogstories 2 tree ook jonger skrywers tot die gesprek toe, onder andere Christine Barkhuizen Le Roux, Jaco Fouché en Gerda Taljaard. Die verhale van lyding en opoffering wat die eerste bundel gekenmerk het, word in die tweede bundel verbreed met ’n skerper blik op verraad. Die joiner en hensopper kom as uitgeworpene onder die soeklig (“Die groot gemis”, Dolf van Coller) maar ook as feilbare mens in vertwyfeling (“Was Oupa dapper?”, Lappe Laubscher; “Groete daar op Voorstevlei”, Jaco Fouché.) Die verkwikking van humor oor ernstige sake bly nie uit nie. Ook is daar erkenning vir die feit dat alle soldate van die Britse Ryk nie demone was nie (“Eenmaal was daar ’n goeie man”, Marita van Aswegen). En die Boer Gideon Scheepers – vir die Britse Ryk ’n rebel wat teregstelling verdien het vir sy verraad jeens sy regering – word geteken in sy barmhartigheid jeens ’n Engelse vrou op die platteland. Só belig hierdie tweede bundel ’n nog wyer spektrum as die eerste in sterk verhale en ’n idioom wat die tydperk van die Anglo-Boereoorlog lewend hou: vir lesers met ’n voorkeur vir historiese verhale, maar ook vir enige leser wat die kortverhaalkuns waardeer.