Fred de Vries

Список книг автора Fred de Vries



    Rigtingbedonnerd

    Fred de Vries

    Wie is die Afrikaner vandag? Met ’n tas vol vrae reis die joernalis Fred de Vries van Orania na Pretoria om met uiteenlopende Afrikaners te praat: politici (FW de Klerk, Pieter Mulder), musieksterre (Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Fokofpolisiekar), sakemanne (Jannie Mouton), skrywers (Koos Kombuis, Antjie Krog) en selfs ’n vakbondleier ( Flip Buys) kom aan die woord. Hy ontmoet ook talle gewone Afrikaners – boere, polisielede en onderwysers – wat iets van die Afrikaner se psige aan hom verklap. De Vries gaan ook terug in die eskiedenis, besoek kunstefeeste en monumente en luister na Afrikaanse musiek om vas te stel wie die Afrikaner in die 21ste eeu is. Vir almal vra hy dieselfde vraag: is daar nog plek vir dié wit volk aan die suidpunt van Afrika en indien wel, waar is hul emosionele tuiste – hul Nkandla – in pres. Jacob Zuma se woorde?

    Tafelberg Kort: Rigtingbedonnerd

    Fred de Vries

    Dis stiller, veiliger … en verveliger? Onwillige Voortrekkers is wat Fred de Vries die 21ste eeuse Afrikaners noem wat hulle oorsee gevestig het. Hoe ervaar hulle die lewe in Perth of Melbourne? Is dit nie net sissies of verraaiers wat die hasepad kies nie? Fred gesels o.a. met die Claassens, die De Villierse van Fremantle en Frikkie Kotzé wat Potch vir Perth verruil het. In Melbourne kuier hy by die filosoof Johann Rossouw, wat uiteindelik tog huistoe kom. Aangrypend.