Twee van Helene de Kock se gewildste wynlandverhale: 'n Kind vir vier oude Vrinde is 'n liefdesroman wat lees soos 'n speurverhaal. Die legende van die baba wat eeue gelede een nag op die drumpel van die ou opstal gevind is, herleef wanneer die pragtige erfgenaam, Isabel Verwey, een stormagtige nag wakker word en 'n baba by haar deur kry … Wie het die baba daar gelos? En met watter geheime leef Isabel self saam? Volmaakte versnit is die verhaal van 'n vrou wat in haar drang om vry te wees die verkeerde keuse gemaak het, 'n keuse wat haar weggeneem het van haar mense. En dan keer sy terug na die wynplaas en vind uit dat 'n krisis 'n mens kan breek óf balans kan bring, die volmaakte versnit tussen vreugde en pyn. Dit is wat liefde is …
Die eerste omnibus met ’n nuwe omslag. In Die honger hart trou Julia en haar peetpa se plaasbestuurder om die plaas wat hulle geërf het te behou. In Deel van die pakket is Gita van Duinen die nuwe ambassadeur se persoonlike assistent. In Verskuilde liefde vind dr. Edmund Wiese uit dat sy broer se weduwee haar tweeling alleen probeer grootmaak.
Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep, in die Klein Karasberge, waar ses jongmense vir die herfsvakansie kamp. Uschi von Kritzner, ’n Duitse meisie, gaan met behulp van haar e-posvriend, Wessel de Lange, na Namibië om na die graf van haar oupagrootjie, wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen, die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, en Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het, is besig om almal vir die gek te hou – of dra hy ’n lastige geheim met hom saam? Toe die Arep eindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle gereken het.
Hierdie omnibus sluit in die gewilde Abel se dogters , ’n 3-delige familiesage, asook een van die skrywer se wynlandromans, Soetwyn vir ’n Sondagkind. In eersgenoemde roman wat afspeel op ’n Oos-Vrystaatse plaas smag Abel Buitendag se drie dogters na meer warmte. Sedert hul ma se dood klou hul pa verbete vas aan dit wat verby is. Maar soos Abel se dogters een vir een uit die huis gaan en deel word van die groot wêreld, gryp die lewe hulle vas. ’n Menslike familiesage wat met deernis en humor vertel word.Soetwyn vir ’n Sondagkind is die verhaal van ’n jong meisie wat vir die eerste keer voor die kompleksiteite van die lewe te staan kom en in die proses ryp word. Kleintyd al het Nicola besluit dat sy eendag soetwyn gaan maak op haar stiefpa se wynplaas. Maar wanneer sy terugkom van haar studies in die buiteland, het dinge verander
Hierdie debuutbundel kortverhale beeld op treffende en insiggewende wyse Mia Ragel Albertyn se grootwordervarings uit – in Kaapstad en op die familieplaas buite Ladismith, van twaalfjarige kind tot ’n jong moeder. Voorop staan telkens die komplekse verhoudings binne die familie, en onderliggend is die helende krag van “storie” en verbeelding in Mia en haar pa se lewe: dit is ook haar redding uit die erflas van depressie.
Seevie red 'n luiperdwelpie wanneer hy slegs 'n dag oud is en Shuna word die nuutste lid van n gesin op 'n plaas in Kwa-Violentia. Die raaisels rondom sy familie se verlede laat Seevie vermoed hy is 'n aangenome kind. Hy en sy meisie, Tensy, fynkam die berg van Sh'ong op soek na die graf van sy suster, Ladine, om antwoorde op sy ware identiteit te vind.
The Street Detectives are back!This time Vuyo and his friends, Victor, Sizwe and Tembile have to outwit an evil gang, blackmailing boat owners in Hout Bay harbour, by blowing up their boats if they do not adhere to their demands for money. The action takes Sizwe to the open sea, but he can’t swim! Fortunately for him a friend guides him to safety and he is rescued. The evil gang is captured and the Street Detectives once again are the heroes of the community The seventh book in the fast-paced and exciting The Street Detectives series
Die Straatspeurders is terug! Hierdie keer moet Vuyo en sy vriende, Victor, Sizwe en Tembile ’n bende skurke uitoorlê wat boot-eienaars in Houtbaai-hawe afpers deur hulle boot op te blaas as hulle nie toegee aan hulle eise vir geld nie. Die aksie neem Sizwe na die oop see, maar hy kan nie swem nie! Gelukkig help ’n vriend hom om na veiligheid te stuur en hy word gered. Intussen het die polisie die skurke gevang en die Straatspeurders is weer eens die helde van die gemeenskap. Die sewende boek in die opwindende Die Straatspeurders-reeks
Ingrid de Kok is one of South Africa’s leading contemporary poets in English. This book, Other Signs, her fifth volume, brings her lyric gift to a new level of quiet intensity as she looks backwards and forwards across the self’s endeavour to name the world, to touch it and to draw from it the meanings of experience. Compassionate, poignant, exact and playful, each poem is aware of all the others in the collection and together they constitute the depth of a remarkable reflective mind.
How do you get a snapshot of a nation? What’s made us cry, laugh and nearly tear out our hair in frustration in the past year? The news comes thick, fast and more ridiculous every day and it’s all too easy to forget the headlines that had us nearly crash our cars just a few months ago. And it’s even easier to have missed that truly outrageous quote on the inside letters page. This collection of more than 450 quotes tells a story of South Africa right now, in an extensive collection from the anonymous to the contemptuous (“What did YOU do in the war, Jimmy?”). It documents the hopes, fears and funnies of our nation captured through Twitter, Facebook, and good old-fashioned reporting. Put your feet up and get ready to sigh, “Only in South Africa”.