MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Ons oorlog

Klaas Steytler

Die vuur begin met geweldige drif in die huis te brand. Aan die westekant van die garingbome trek yl grys rook die lug in; die lappie winterkoring is ook brandgesteek. Oor ’n ruk sal net ’n swart tapyt agterbly.
Lenie trek al die registers uit en pomp die musiekie se twee pedale. Sy speel ’n psalm.
“Die vloekpsalm, Psalm 69, Leentjie. Die vloekpsalm.”
Ons oorlog verweef intieme familiestories in die groter landskap van die oorlog in die Oranje-Vrystaat, om ’n deurleefde beeld te gee van die stryd tussen Brittanje en die Boererepublieke – die lot op plase, te velde, in konsentrasiekampe en Bloemfontein; en ook van die private stryd binne gesinsverband. In die familie is daar meelopers en bittereinders, geestelik weerbare vroue en weerlose kinders. Dit gaan ook oor “oorloë” wat op ’n oorlog volg – die onopgeloste konflikte ná die sluiting van vrede.
Met deurstraalde eenvoud word ’n ontroerende tafereel van die verwikkeldheid en onontkombare droefnis van oorlog geskilder. Klaas Steytler se familieroman gaan oor ontberinge en byna ondraaglike smart, maar ook oor ’n soeke om die verlede te begryp, oor die invloed van vorige geslagte op nasate, en oor uiteindelike versoening.

Hatikvah. Land van Hoop

Marthé Suzanne Leroux-Van der Boon

Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna het sy ’n miskraam en verloor sy die baba. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word en in die Land van Hoop saam met Marc hoop vir die toekoms vind? Hatikvah is die tweede roman in die gewilde Israel-reeks.

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal

Henk Viljoen

Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.
Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees; • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer; • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.
Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.
Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

Nuwe Stories 2

Группа авторов

Twintig kortverhale deur die skrywers op die kortlys van Human & Rousseau se Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd. Die stories bied dikwels verrassende nuwe blik op ’n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend plaasmoorde, liefde na die dood en die paranoia van beide ’n kleindorpse en stedelike bestaan.

Middernag en ander spokerige stories

Группа авторов

Hoekom wil Carla se ma haar nie glo oor die meisie agter haar kamerdeur nie? En wat maak juffrou Elizabeth, van sy nuwe skool, in Arnold-hulle se spens in die middel van die nag? Hoe kan ’n skoolbussie vol kinders in die nag wegjaag sonder dat daar ’n bestuurder in is? Waar kom die vreemde outjie in Bennie se koshuiskamer se kas vandaan? Hierdie is maar ’n paar van die vrae wat jy beantwoord sal kry in hierdie lekker-lees versameling grillerige stories vir alle ouderdomme.

Skarlakenkoors

Группа авторов

Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”.Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zefferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig … Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty Shades of Grey die wêreld stormenderhand verower het. Perfekte tydsberekening, nè. Nou vra Tafelberg opnuut ’n magdom mense om hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons nog lank nie die erotiek uitgesê nie: Daar’s ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend.
Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg . . .

Killing Sahara

Mukoma wa Ngugi

Mũkoma wa Ngũgĩ’s Nairobi Heat was heralded as “the work of a genius craftsman and wordsmith” by New Africa Magazine. In Killing Sahara we once again join Ishmael Forfona – the world-weary US detective – and O – his irrepressible Kenyan counterpart – as they set up their sleuthing business together in Nairobi.
When a body is discovered half-eaten by animals in Ngong Forest, Ishmael and O are called in as consultants by the Kenyan police. For this body is not any body. Not anybody at all, in fact. The forest is notorious as a place of execution – the great and the not so good of the Kenyan underworld almost always eventually wash up there with a bullet in them – but none of the crime bosses are MIA and no one seems to know anything about the body in Ngong. What starts out as a simple case of identifying a corpse will lead Ishmael and O across continents and deep into a plot to overthrow the Kenyan government. Written in Wa Ngũgĩ’s distinctively fast and furious style, it promises to be a hell of a ride.

Omdat die hart onthou

Ettie Bierman

Krizelda en Alwyn is albei studente van Pretoria – hy afgestudeer met ’n BA Honneurs en sy ’n naïewe tweedejaartjie – wat mekaar tydens ’n vakansie op Margate ontmoet. Gou is hulle halsoorkop verlief en trouplanne volg vinnig. Krizelda moet egter eers haar studie voltooi en Alwyn is op pad Washington toe vir ’n jaar ondervinding in die Amerikaanse koerantwese.
Sy vlug word deur ’n tornado van koers gedwing en tydens ’n noodlanding in New York slaan die vliegtuig aan die brand. Alwyn is ernstig beseer en ly aan geheueverlies.
Krizelda vind uit sy is swanger en haar konserwatiewe pa jaag haar uit die huis. Sy kan Alwyn op geen manier opspoor nie en vind toevlug by haar tannie, maak haar kind alleen groot en ontwikkel ’n wrok teenoor Alwyn, wat haar immers skynbaar in die steek gelaat het. Maar ná ses jaar, midde-in griewe en misverstande, is daar ’n herontmoeting toe hy haar baas word.
Krizelda is so verbitter teenoor mans en veral Alwyn, en hy het boonop ’n Britse nooi . . . Sal hul harte ooit onthou wat eens was, en die pad terug daarheen vind?

Blinde liefde

Elsa Hamersma

Karla bedank haar werk by ’n trattoria op Stellenbosch om as sjef en bemarker op ’n gasteplaas naby Malmesbury te gaan werk. Eers nadat sy op die plaas aangekom het, hoor sy dat daar kort tevore ’n moord gepleeg is en dat die uiters aantreklike nuwe eienaar, Hugo Joubert, die hoofverdagte is. Nogtans is sy dadelik baie sterk aangetrokke tot hom.
Tot haar skok is daar ook groot finansiële probleme op die plaas en Karla moet bitter hard werk om van die gastehuis ’n sukses te maak. Intussen word haar innerlike woelinge daagliks meer. Is Hugo sy broer se moordenaar? Wat behels die eienaardige verhouding tussen hom en die beeldskone Natalie van die buurplaas? En kan Karla regtig daarop reken dat daar nie ná al die jare ook in Londen, waar hy eintlik bly, ’n meisie op Hugo wag nie?
Die moord, die spoke in die gastehuis, haar eksman en Natalie maak Karla se lewe daagliks ál moeiliker. Dit is asof haar lyf een taal praat en haar verstand ’n ander. Is dit dalk ’n geval van blinde liefde?

Hermien en die hartedief

Anita du Preez

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie. Sy wat Hermien is, het ’n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om ’n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . Hy’s Jamie . . .
Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou, daar’s ’n onverwagse swangerskap en les bes ’n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy’s te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.
Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei ’n groot stuk grootword aanpak.