MREADZ.COM - много разных книг на любой вкус

Скачивание или чтение онлайн электронных книг.

Best Books Studiewerkgids: Droomdelwers

Группа авторов

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: • ’n Opsomming van die verhaal. • ’n Bespreking van die basiese kenmerke van die roman, aan die hand van die teks. • Agtergrondinligting en annotasies. • Hoofstuk-vir-hoofstuk opsommings, vrae en assesseringstake, met plek vir leerders se antwoorde.

Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf

Группа авторов

Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.

Vir altyd

François Bloemhof

As kinders was Hugo en Nina onskeidbaar – toe skei die noodlot hulle tog. Wanneer die volwasse Nina se romantiese droom verpletter word, is Hugo egter weer die een om haar by te staan. Maar hoe ’n goeie plan was dit om saam na Mauritius te gaan vir dit wat bedoel was om haar en ’n ander man se wittebrood te wees? En watter struikelblokke sal alles nog oorkom moet word voordat daardie gelukkige “vir altyd” moontlik is? Pad Na Jou Hart was ʼn suksesverhaal soos min, beide as rolprent en die boek wat dit voorafgegaan het. Nou maak dieselfde span weer so.

Spoke en ander gruwelike goed

Fanie Viljoen

Daar is rêrig, êrig goed soos spoke en zombies en vampiere en dooie dinge wat in die donker rondsluip. Dit is hulle wat die hare op jou vel laat regop staan. Wat jou laat omkyk as jy alleen in die donker loop. En dis hulle wat jou drome kan omtower in ’n nagmerrie!
So sê die skrywer van hierdie lekker boek vol grillerige stories, en hy wéét, want hy het al ’n spook gevang. Maar wees gewaarsku – hierdie boek is nie vir sissies nie. So skakel al die ligte in die huis aan, maak seker die vensters is dig toe en al die deure gesluit – eers dan kan jy begin lees.

Hearing Helen: School Edition Gr 11 SAL

Carolyn Morton

Helen is desperate to get into the Music Academy, but her piano teacher, Madame Pandora, will not hear of it. Life at home also seems to revolve around her talented elder brother, her parents are too exhausted to notice her and the gorgeous Kean has eyes only for June, who is sickeningly perfect. When Helen finally gets the chance to make her dreams come true, she realises that not all opportunities are meant to be taken. What will her decisions cost those for whom she cares the most? An uplifting tale of courage, determination and friendship. This school edition includes: • an introduction to the short novel • word definitions and explanations of difficult terms • enrichment activities • questions, activities and answers based on CAPS • a bilingual glossary

Managing diabetes and related health challenges

Dr Arien van der Merwe

With more than 3,5 million South Africans having diabetes and more than 150 million worldwide with metabolic syndrome (which includes diabetes), often undiagnosed, this book comes at exactly the right time. Well-known South African medical doctor, author and expert on holistic integrative medicine, Dr Arien van der Merwe, explains precisely what diabetes is, its symptoms and the different types – 1, 2 and 3, what causes diabetes, from physiology to emotions, what pre-diabetes and insulin resistance are, the link between diabetes and metabolic syndrome, the connection between diabetes, heart disease, Alzheimer’s and depression and which medications may be prescribed. This clear, sensible and user-friendly book provides practical solutions for managing diabetes by changing your lifestyle – from sleep to relaxation, doing enough of the right kind of exercise, including interval and resistance training, eating correctly and sensibly, applying Intermittent Fasting (IF), managing and reducing stress and addressing underlying emotional components. Dr Van der Merwe also explains the mind-body connection, and gives advice on food supplements and herbal remedies. The book brings a message of hope: Blood sugar levels, symptoms of metabolic syndrome and other diabetes-related health challenges can be managed, sometimes even reversed. It is possible to lead a normal, active and long life!

Eet gesond, voel goed

Adéle van der Merwe & Jeske Wellmann

“Praktiese advies oor wat en hoe om te eet as jy kanker het … ’n bruikbare, verstaanbare gids.” – Megan Pentz-Kluits, dieetkundige konsultant vir KANSA. Deur reg te eet kan kankerlyers hul immuunstelsel versterk – en beter voel. Twee van Suid-Afrika se voorste kundiges wys in dié boek hoe mense met kanker, hul versorgers en hul families kanker met die regte kos kan bestuur. Met hope resepte, goed verpakte inligting en pasgemaakte maaltydplanne is hierdie boek veel meer as bloot ʼn resepteboek. Dit onderskei tussen die verskillende soorte kanker en gee oplossings vir die spesifieke voedingsprobleme wat gepaardgaan met verskillende behandelings, dit gee raad vir die bestuur van die newe-effekte van kankerterapie, soos ʼn droë mond of naarheid wat dit soms moeilik maak om behoorlik te eet. Die geregte is maklik om te maak en kan aangepas word vir verskillende kosvoorkeure en elke resep sluit dieetkundige wenke in sodat dit volgens die individu se behoeftes aangepas kan word. Hierdie boek help mense met kanker om voor, tydens en ná hul behandeling beter te eet en te voel.

Eat Well, Feel Well

Adéle van der Merwe & Jeske Wellmann

“Practical advice on what and how to eat if you have cancer … a useful, understandable guide.” – Megan Pentz-Kluyts, nutrition and dietetics consultant for CANSA. By eating right, cancer patients can boost their immune system – and feel better and more able to cope. In this book, two of South Africa’s leading experts show people with cancer, their caregivers and their families how to manage the disease and its symptoms by eating right. Packed with recipes, clear information and specialised meal plans, this is not just another recipe book. It distinguishes between different types of cancer and offers solutions to the specific nutritional problems associated with different treatments, it gives advice on managing the side effects of cancer therapy, such as a dry mouth or nausea that may make it difficult to eat properly. The recipes are easy to prepare and support various ways of eating and it shows how each recipe can be adapted to meet individual needs. This book will help those with cancer to cope better before, during and after treatment.

Donker Stroom. Eugene Marais en die Anglo-Boereoorlog

Carel van der Merwe

Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. Oor hierdie lewensjare van een van Afrikaans se beroemdste letterkundige figure is baie min bekend. Leon Rousseau sê in sy baanbreker-lewensverhaal oor Marais, Die Groot Verlange (1974): “Tensy ontdekkings gemaak word wat ’n mens jou op die oomblik kwalik kan voorstel, sal dit altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Europa te gee.” Hierdie ontdekkings en nog baie meer is nou gemaak. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

Skrik op die lyf

Группа авторов

Die kollektiewe geheuebank is propvol bangmaakstories; spektakulêre en sinistêre afskuwelikhede word vanaf die wieg van die mensdom oral oorgelewer, van grot tot kampvuur. Nou is dit geboekstaaf: ʼn vreesaanjaende bundel grilverhale oor spoke, kwelgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is. Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, RR Ryger, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm, Marié Heese, Cecile Celliers, Malene Breytenbach, Fanie Viljoen en Herman Lategan jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlik-woordbegaafde bangmakers debuteer ook hier. Mense met verbeeldings soos vingernaels wat oor ʼn swartbord knars.