Henk Viljoen

Список книг автора Henk Viljoen



    Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.
    Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees; • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer; • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.
    Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.
    Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
    Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

    Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 12 bevat interessante en eietydse leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou moontlik sal help met ’n beroepskeuse ná jou matriekjaar.
    Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • vir begrip en waardering verskeie fiksie- en niefiksietekste lees; • verskeie visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • in verskillende sosiale situasies oortuigend en duidelik kommunikeer; • vlot en ekspressief praat en toesprake lewer; • aandagtig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos gebruik in mondelinge en skriftelike aanbiedings; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste volgens prosesskryf aanbied.
    Maar dis nie al nie . . . Piekfyn Afrikaans help jou ook met jou voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al vier vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en verskeie hersieningsoefeninge.
    Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Huistaal met vlieënde vaandels te slaag!
    Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

    Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 8 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante en kontemporêre leerstof en piekfyn illustrasies om jou visuele geletterdheid te ontwikkel. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat jy opdoen, jou ervaringswêreld verryk en jou sodoende deeglik voorberei vir graad 8.
    Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Omrede jy self, saam met maat of in groepe jou en ander se werk gaan assesseer, bly jy deurgaans op hoogte van jou vordering. Jy word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en jy word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, In ʼn neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorbereiding vir enige soort taak seepglad laat verloop.
    Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!

    Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 9 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
    Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woorspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • verskeie stories en inligtingstekste lees; • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies; • hardoplees en toesprake lewer; • aandagtig en krities na inligting en stories luister; • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
    Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
    Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!
    Ons weet dat Piekfyn Afrikaans jou gaan help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
    Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!

    Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 8 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
    Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook: • verskeie stories en inligtingstekste lees; • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies; • hardoplees en toesprake lewer; • aandagtig en krities na inligting en stories luister; • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
    Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge. Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ʼn storie, gedig of ʼn drama te skryf!
    Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag!
    Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!

    Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal

    Henk Viljoen

    Piekfyn Afrikaans Graad 7 bevat prikkelende leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Daar is interessante tekste en piekfyn illustrasies en prente om jou taalvaardighede en visuele geletterdheid te ontwikkel. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer sodat jy jou taalkennis ook in jou ander vakke kan toepas.
    Die aktiwiteite is gerig op jou verwerwing van taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, woordspeletjies, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is jou voorland. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop, die Indeks, die Letterkundegids en die Taalgids gaan jou voorbereiding vir enige soort leer en assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook • verskeie stories en inligtingstekste lees; • visuele tekste krities interpreteer en verduidelik; • oortuigend en spontaan praat in verskeie mondelinge situasies; • hardoplees en toesprake lewer; • aandagtig en krities na inligting en stories luister; • taalstrukture en -konvensies deeglik en foutloos in jou mondelinge en skriftelike aanbiedings gebruik; en • heelwat transaksionele en kreatiewe tekste soos opstelle en briewe skryf.
    Piekfyn Afrikaans help jou verder met voorbereiding vir die halfjaar- en eindeksamen. Al die vraestelle wat jy hierdie jaar moet aflê, word in dié handboek voorsien – ook toetse en baie hersieningsoefeninge.
    Maar dis nie al nie . . . Jy het ook ’n Piekfyn Afrikaans Leesboek wat jou verbeelding gaan aangryp en jou inspireer om self ’n storie, gedig of ’n drama te skryf!
    Ons weet Piekfyn Afrikaans gaan jou help om Afrikaans Eerste Addisionele Taal met vlieënde vaandels te slaag! Geniet ʼn Piekfyn-leerervaring!